Kol. Leonard Hlati, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Gerhard Kunneke (69) het omstreeks 21:00 na buite gestap toe hy deur vyf verdagtes oorval is. Die verdagtes het Kunneke en sy vrou, Lynette (67), binne die huis vasgebind en met ʼn graaf aangerand. Hulle is albei ernstig beseer.
Volgens Hlati het die rowers met vier vuurwapens, twee televisies en selfone met ʼn gesamentlike waarde van R50 000 gevlug.
Hlati het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om lt.kol. Erold Ströh by 079 497 6817 te kontak. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
verbeel ek my,of is aanvalle op ons boere nou weer besig om erg op te vlam?
Ek weet dit het nog nooit regtig opgehou nie,maar ek dink ekt reed 3 berigte die week gesien in die koerant?
IS DIT NOU WEER DIE NUWE INDING OM ONS BOERE MET GRAWE AAN TE RAND
EN TE VERMOOR. WAT WORD DAAR AAN GEDOEN !! NIKS NIE , MAAR TOE HULLE MEKAAR DOOD GEMAAK HET WAS DIE PRESEDENT EERSTE OM DIT HOK TE SLAAN
ONS BOERE BETEKEN MOS NIKS NIE.
Huisbraak?? Wat van poging tot moord? Klag van ernstige aanranding moet liewers verander word na poging tot moord.
Dit is erg om te lees dat iemand hulle pa op so wrede manier verloor het. Baie sterkte!