Nelspruit-botsing eis twee

Die vragmotor se wrak. Foto: Netcare 911

Die vragmotor se wrak. Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en 14 beseer nadat ʼn minibustaxi Dinsdagoggend teen ʼn vragmotor in Nelspruit gebots het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van verskeie nooddienste het bystand gebied by dié botsing wat omstreeks 07:15 op die N4-snelweg in die rigting van Malalane plaasgevind het.

“Twee vroue was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee mense het kritieke beserings opgedoen en die res matige tot geringe beserings,” het Mathe gesê.

Die vragmotorbestuurder was in die kajuit vasgekeer en moes deur die brandweer uit die wrak gesny word.

Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die taxi se wrak. Foto: Netcare 911

Die taxi se wrak. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lulu ·

Verbasend dat ‘n foto geneem kon word voor die “rowers” die vragmotor se inhoud (suiker) kon wegdra. Dit bly maar sad as mense sterf maar ai tog die taxis!!!

Theresa ·

Taxis en vragmotors. Busse kort op hakke. Is daar statistiek beskikbaar vir hoeveel ongelukke hierdie 3 tipe bestuurders verantwoordelik is, asb??
Iets drasties fout met kwalifisering van hierdie drywers.

Piet Pompies ·

Huletts suiker voertuie is bekend op die N4 en het ‘n reputasie van goeie bestuurders en voertuie wat in goeie toestand is. Dit laat mens wonder oor die oorsaak van die ongeluk?

Joann ·

Dit is ou nuus. Taxis is gereeld in ongelukke. Swak opleiding en swak voertuie. En drywers vol wind.

Penellope Jones ·

Daar gaan amper geen dag verby dat ‘n taxi nie in ‘n botsing betrokke is en mense hul lewens verloor nie.

Jan ·

Die taxis se drywers steur hulself niks aan die padregulasies nie. Hier in Port Elizabeth jaag hulle eenvoudig deur die rooi ligte; by die slegs links- óf regsdraai geelpyl ry hulle reguit aan om vinnig verby voorste voertuie te kan kom; ry in die eenrigting strate reg in die aankomende verkeer in; stop waar nie gestop word nie om passasiers op of af te laai; ens…. Wetsgehoorsame motoriste word vir ligte oortredings swaar gestraf, maar die taxis kom eenvoudig net weg! Iewers sal owerhede moet ingryp en sulke taxis met drywer en al skut!

A.G ·

Daar bestaan geen padregulasies vir taxi drywers nie. Ek ervaar dit daagliks en sien ook dat Metro polisie dit wel sien maar niks daaraan doen nie.
Ongelukkig neem hierdie drywers onskuldige mense se lewens in hul hande en het geen saak daarmee indien daar n ongeluk gebeur nie.

Michelle ·

Ek ry gereeld die hoofweg tussen Witbank en Nelspruit en nog nooit gesien dat n trok afgetrek word nie. Hulle gaan verby ander trokke op n optraende en gee nie n flenter om dat jy 120 in die vinnige baan oppad is nie. Taxis net so erg, oorlaai en ry net soos hulle wil.

Karma ·

Maar ons weet mos nou al almal teen hierdie tyd: “The non-Europeans in South Africa and taxi’s are laws in their own right”, mense! Hulle mag maak NET wat hulle wil: onpadvaardige voertuie ry, sonder (of dalk met gekoopte) lisensies ry, geen padreëls na te kom nie, hulle mag maar rassisties wees en allerlei goed gil en skreeu, hulle mag brand, afbreek en verniel, hulle mag ENIGE iets doen waarvoor hulle lus het en geen haan sal agterna kraai nie.

lizaan ·

Jammer dit gaan erg en dalk lelik Klink,,,,,,,,,,, TAXI’S ,,,,,,,,,,,,, HOORT NIE OP DIE PAAIE NIE…….. dis glo jobs vir hulle maar ek kan sien hoe suip hulle op die pad een het my gister van die pad afgedruk so erg was hy heen en weer op die pad toe ek klag maak se die anti in die blou pak hulle swaai uit vir die potholes of daar potholes weet ek nie ek het foto geneem hoe hy bier sluk toe se sy sy kan nie uitmaak nie en sy wil my fine oor ek met selfoon in my hand ry regtig ??????? En dis S.A. OMW ………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.