Twee mense is dood en 14 beseer nadat ʼn minibustaxi Dinsdagoggend teen ʼn vragmotor in Nelspruit gebots het.
Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici van verskeie nooddienste het bystand gebied by dié botsing wat omstreeks 07:15 op die N4-snelweg in die rigting van Malalane plaasgevind het.
“Twee vroue was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee mense het kritieke beserings opgedoen en die res matige tot geringe beserings,” het Mathe gesê.
Die vragmotorbestuurder was in die kajuit vasgekeer en moes deur die brandweer uit die wrak gesny word.
Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Taxis ry en maak soos hulle wil kom kyk in Pretoria
Verbasend dat ‘n foto geneem kon word voor die “rowers” die vragmotor se inhoud (suiker) kon wegdra. Dit bly maar sad as mense sterf maar ai tog die taxis!!!
Taxis en vragmotors. Busse kort op hakke. Is daar statistiek beskikbaar vir hoeveel ongelukke hierdie 3 tipe bestuurders verantwoordelik is, asb??
Iets drasties fout met kwalifisering van hierdie drywers.
Daar is geen reels vir agtergeblewenis nie
Huletts suiker voertuie is bekend op die N4 en het ‘n reputasie van goeie bestuurders en voertuie wat in goeie toestand is. Dit laat mens wonder oor die oorsaak van die ongeluk?