Nelspruit geskok deur bekende leraar se afsterwe

André Myburgh Foto: Communio Church, Facebook

André Myburgh Foto: Communio Church, Facebook

André Myburgh, die pastoor van Communio Church in Nelspruit, het Vrydagoggend sy eie lewe op die kerk se perseel geneem.

Myburgh (56) was ʼn bekende in die gemeenskap en die Communio Church het glo meer as 3 000 lidmate.

Felicity Lange, raadslid van die Demokratiese Alliansie en gemeentelid, het aan Maroela Media bevestig Myburgh se liggaam is omstreeks 11:30 deur twee van sy personeellede in die badkamer van die kerk opgespoor. Hy het homself glo gehang.

Die Laevelder berig geen gemene spel word in hierdie stadium vermoed nie. Die polisie sal ʼn nadoodse ondersoek doen. Maroela Media wag nog op kommentaar van die polisie in Nelspruit.

Myburgh is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Lange het gesê die gemeenskap is stomgeslaan deur sy afsterwe. “Hy het mense in die hemel in gebid,” het sy gesê. Sy sê hy was ʼn baie dinamiese pastoor. “Mens kon hom enige tyd bel met jou probleme en hy sou dadelik reageer. Ek weet nie wat gaan van die gemeente word nie. Dit is asof ons herder van ons weggeneem is. Een van die Here se kinders is vandag weggeneem.”

Myburgh laat sy vrou Sarie en drie kinders agter.

Die gemeente hou Sondag 27 April tussen 08:30 en 12:00 ʼn stil diens vir enigiemand wat eer wil betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Andre Nepgen ·

Ons woon in Amanzintoti en het sopas gehoor van die tydign, ons was al die jare in sy gemeente in Nelspruit, dis vir ons baie hartseer nuus. Baie sterkte aan die familie.

Jof & Lucille Joubert ·

Ons is geruk deur die nuus van André se afsterwe. Die kerk verloor n groot en dinamiese evangelis, prediker en n lojale vriend. Ons salueer jou as man van God, rus in vrede.

Gideon Roos, Paarl ·

Ek was bevoorreg om onder Ps Andre se bediening te kon wees in die laat 90’s, ek het hom geken as n omgee mens, n uistaande prediker met n groot siele las, sy impak en nalatenskap spreek boekdele.

Liesl ·

Praying for his family….may they find the answers and peace that they need.

E Farrell ·

“I “salute” you, dear Pastor André! You were my mentor and spiritual “hero”; you taught me how to pray, worship and to have a real relationship with Jesus. I’m devastated by this terrible loss …how can we go forward without you? No one can replace you. I will miss you always and will never forget you..” My deepest sympathy to Sarie, Markus, Leanie, Lucille and their spouses and children.

Sandra Carvalho ·

Very sad… I pray for his family and I pray that his soul finds peace. So sad that no one could help him!

monica ·

Hy het diep spore in my lewe getrap en is so hartseer dat dit so moes eindig.

Ellen van der Merwe ·

Ek was diep geskok oor die groot verlies van Andre. Hy was vir my soos ‘n geestelike vader en mentor van Mafeking se dae af. Sy passie vir God se. Koninkryk sal my altyd by bly. Sarie en familie – ons bid vir julle.

Rick & Karen Botha ·

Ps Andre Myburgh (Nelspruit)….jy was vir my n inspirasie, ek glo vir duisende ander, jammer dat jy so moes oorstap na die ewigheid…..jy was n vriend….Vader hou jou familie styf vas…..jou werk was nie te vergeefs nie!…

Lee-Anne ·

Ek gee nie om wat sy redes was nie! Maar ek glo in my hart dat God homself vir Andre by die hek gestaan en wag het! Hy het derduisende se siele (en myne) gered uit die hel! Mag jy rus vind by Jesus se voete!!! Jy verdien dit!!

Lourita ·

So n tragiese einde sal hom nooit vergeet nie! RIV Pastoor Myburgh

Pieter van Wyk ·

Toe ek die nuus hoor was dit vir my totaal ongelooflik. Soos baie ander kan ek ook se, Ps Andre was “yster” in die koninkryk. Daars seker nie veel AGS lidmate wat in die laaste 30 jaar getrou in die kerk was wat nie iewers met hom te doen gekry het en diep beindruk was met sy inset in hul lewens nie. As jonger pastoor in die AGS was hy beslis vir my ‘n rolmodel en ‘n inspirasie. Ek kan my nie indink wat hiertoe aanleiding moes gee nie maar al wat ek kan se is dat dit ‘n verlies vir die kerk is. My hart gaan uit na Sarie en die familie! MENSE DAAR BUITE… BID ASB ELKE DAG VIR JULLE LERAARS (ongeag wat hul Titels mag wees). Ons het dit so nodig! Ek salueer jou Andre Myburgh!

Irma Logan ·

Aan Pieter van Wyk (en ander). Miskien het julle pastoor, saam met sy swaar las as raadgewer, helper, vertrooster, luisteraar, dienaar, OOK die las van depressie gedra. ‘n Ding wat meeste depressielyers maar wegsteek (soos ekself) omdat die mensdom nie verstaan nie, nie probeer om hierdie siekte naastenby te verstaan en wat dit aan die lyer doen nie. My hele hart gaan na sy familie uit want ek kan raai waardeur hulle nou moet gaan (ek het 2 maal probeer, nie geslaag nie en is deeglik bewus van die nagevolge, veral die kwetsende soort). Ek moet daarby voeg, wat van die grootste pyn wat dalk binne in Ps.Myburgh was en gedra, maar weggesteek, moes word totdat dit net te veel geword het?? Mag ons Heer se groot genade hom bedek sodat hy rus by Jesus se voete sal vind.

Van ‘n diep gelowige, ernstige depressielyer af
Irma Logan

Joekie Kriek ·

My hart huil hu was vir my iemand om na op te kyk. Sterkte Sarie en familie

Belinda Fourie ·

Ek kan nie sê hoe geskok ek was nie. ek het as jong tiener onder sy bediening tot bekering gekom en gedoop in Mafeking en daarna ook in Klerksdorp getrou sy Bybelstudies bygewoon en geestelik geeet uit sy leringe. Hy en Past Gerber het my geestelilke fondasies vasgelê waarvoor ek hulle ewig dankbaar is. Ek saluut jou man van God – ek saluut jou vir die werk wat jy gedoen het vir Sy Koninkryk.

Charlotte Human ·

Wat kan ek sê, ‘n goeie vriend, ‘n dinamiese mens, lief vir Jesus. Rus in Sy vrede. My innige meegevoel aan Sarie en die kinders en familie.

phien pieterse ·

Oom Dries en tani Lettie Verster ons ken hom as jongman in sy begin jare. Van sy bediening, ons is diep geskok deur sy afsterwe Ons innige meegevoel aan Sarie en die kinders en ons bid vir julle sterkte toe.

Bennitt e Hettie Joubert ·

Sarie en kinders ons is saam jul geskok. Ons bid vir jul en gaan hom baie mis. Rus sag Andre! Jou plekkie is leeg, maar in ons hart en gedagtes sal jy altyd wees.

Ria Maritz ·

Die feit dat hy ‘n herder van God was, beteken allermins dat hy nie ‘n sondaer was nie, elke mens maak foute, herder of nie. Dit is selfmoord, nie moord nie. Sy afsterwe word in elkgeval diep betreur.

Shannon ·

Jy stem dus saam dat die berig se kommentator dit verkeerd opsom ? Die sondaar het sy eie lewe geneem, niemand anders was betrokke nie ?

Mariet ·

Dis hartseer dat so iets gebeur. Wie is die vrou wat haarself blameer wat in die nuusberig was en hoekom?

Veronica ·

Dit was Sarie. Hoekom is jy meer geworry oor wie die vrou was? Jammer om jou bubble te bars want dit klink of jy n storie soek wat nie daar is nie. Sies vir jou! 99,9 % rou saam met Sarie en kinders. Hy was n wonderlike mens. Ons het hom ge-love. Hy gaan beslis gemis word.

Marie Potgieter ·

Baie sterkte Sarie en gesin! Dit is ‘n groot Skok! Ons dink aan julle in ons gebede! Pastoor jou inpak in my lewe Sal ek nooit Vergeet nie! Jy Bly man van God wat baie mense Se Lewens verander het. Jou plek is leeg. Rus in vrede.

Marie Potgieter ·

Baie sterkte Sarie en gesin! Dit is ‘n groot Skok! Ons dink aan julle in ons gebede! Pastoor jou inpak in my lewe Sal ek nooit Vergeet nie! Jy Bly man van God wat baie mense Se Lewens verander het. Jou plek is leeg. Rus in vrede.

Hill van Schalkwyk ·

Ek is stom geslaan, verslae en bitter hartseer! Andre het n oneindige rol in my en my gesin se lewe gespeel! Sal hom altyd dankbaar wees. My hart gaan uit na Sarie en die kinders, ons bid vir julle! Het die hele dag aan julle biddend gedink! So onnodig!

Telanie Basson ·

Dis so tragies, en so hartseer, en niks wat niemand sê gaan die seer beter maak nie. Die dood is vir ons gelowiges die deure na die ewige lewe, maar dit maak steeds niks aan die seer, die verlange na die persoon wat nie meer met ons is nie. Ek bid vir vrede en berusting, en geen geklipgooiery nie. Andre Myburg was ‘n man wat God geken en gedien het, en dit is al wat belangrik is. Ons moet nie nou bekommer oor wat gaan van die gemeente word nou dat hulle herder weg is nie. God ken ons, hy ken ons harte, Hy het reeds ‘n plan, dit is alles in Sy hande. RIP Andre Myburg

magda ·

Pastoor Myburgh Jesus sal jou styf vashou – in 1997 het pastoor my gehelp toe my man sy eie lewe geneem het. Ek weet sy familie is stukkend. Assbelief mense bid net vir hulle en staan by hulle- dis n seer wat niemand verdien. En ons moenie hom oordeel nie – hy was n wonderlike Herder vir ons almal.

Leana ·

Dis met groot hartseer dat ons verneem van Pastoor Myburgh se afsterwe. My kinders is/ was in sy gemeente en het altyd net met lof van hom gepraat. Dit is vir almal ‘n harde slag omdat hulle hom beskou het as vader figuur asook vriend.
Rus in vrede Pastoor Myburgh, u sal verseker gemis word.
Sterkte en innige simpatie ook aan sy vrou Sarie, die kinders, familie, gemeentelede en vriende.

frik stoffberg ·

Dit is met groot hartseer wat ek hierdie nuus verneem. Andre was ‘n kosbare mens. Ons gebede is by Sarie en die kinders.

Rina Hanekom ·

Dit is verskriklik hartseer dat so ‘n daad as uitweg geneem word . My hart ween . IKor. 13:12 Want nou sien ons deur ‘n spieel in ‘n raaisel , maar eendag van aangesig tot aangesig . Kan net bid vir Marie en gesin .

Lida ·

Uitgebrand! Mense verwag te veel van hul leiers en besef nie die geweldige druk waar onder hulle moet funksioneer nie. Dit sal nie help om die gemeente te blameer nie, maar uit eie ondervinding weet ek dat sommige lidmate mens aan flenters kan skeur. Waar was die res vd liggaam van Christus wat Sy arms, voete mond en liefdevolle arms vir n verslae en behoeftige leraar moes wees? Sterkte Nelspruit julle het die land aan die praat en ons hoop dat dit as voorbeeld sal dien oor hoe om nie n belangrike boodskap af te stuur nie. Doen dit asb gou en persoonlik!

Dr Gert Venter ·

Ek vertrou dat die Uitvoerende Raad van die AGS n tugkomitee sal saam stel om lidmate tot verantwoording te roep oor hulle ongegronde optrede teen pastoor Myburgh. Mag die Here genade toon aan die gemeente.

Joana de Oliveira ·

so baie het deur sy bediening Jesus gevind – so baie huwelike gered, soveel genees – Elke een is ‘n juweel in sy kroon – Dankie Jesus dat U woord altyd waar is – Die reward is eternal

Lukie ·

Gaan jou baie mis, my Nefie. Die onthou van jou huwelikbevestiging van my en Christine daar op Klerksdorp, en die bywoning van Pastoor Boncke se dienste daar op Witsieshoek, en jou liefde vir die Here Jesus en Sarie was en is altyd deel van my.

Past Welie&Nesta Olivier ·

Ons is werklik jammer ons verstaan dit ni. Maar God bly in beheer namens Past Erenst &June van Rooyen

Jacques ·

God se genade en liefde weerspieël op soveel maniere elke dag in ons lewens! Dalk is dit tyd vir die Afrikaner om wakker te skrik en eerder dankbaar en nederig te wees en mense met liefde aanvaar. Skinder, slegmaak, jaloers, en wat nog het ons altyd tyd voor so in die naam van die Here! Dis belaglik man! Ons is n skande vir die Christennaam! Sies Nelspruit! Gelukkig is Past Andre in die hemel! Sterkte aan almal wat hierdie tyding beleef!

Frieda ·

Nothing on earth is more valuable to God than His Church. He paid the highest price for it, and He wants it protected, especially from the devastating damage that is caused by division, conflict, and disharmony. Pastor Andre knew this and he passionately loved the church in spite of its imperfections. However – Division, Conflict and disharmony destroyed the unity in our church which is the soul of fellowship and because this unity was destroyed it ripped the heart out of Christ’s Body. Our loving Pastor was devastated and immensely heart-broken because of this happening. He felt he let us down but in actual fact it was never true, he never did let us down neither did he let God down….He just allowed his sad feelings to grow so strong that it took away his judgment….like so many of us do, me included….let us all pray for the family and friends who must learn to cope without his love and support and let us in all honesty start protecting the unity of our Church. God deeply desires that we experience oneness and harmony with each other. Colossians 3:14 Most of all, let love guide your life, for then the whole church will stay together in perfect harmony.

annetjie ·

Ons meegevoel met sy familie dis so jammer dat die soldate van Jesus mekaar “skiet” met die tong wat nie n been in het maar mense breek.

Ons glo pastoor is by JESUS, die wat ons nie daar verwag sal daar wees, sterkte vir sy huisgesinnetjie

Beryl Botha ·

Dear Sarie,
I was devastated to hear what happened to our Dear Pastor Andre. I am so sorry for your loss.I am praying for you and your family. Pastor Andre was our strength. We knew he was there to guide us,to intercede for us with our heavenly father. Hans was devastated and cried like a baby when I
told him,at herfsakker. We are going to miss our beloved pastor.. I know he is with Jesus, and I know he will still be a blessing to us , his congregation,
by interceding for us with our heavenly father. He did indeed love his congregation. In the 20 years I knew him, I always felt secure knowing this man of God was our leader.
Thank you Sarie for the peaceful and gentle funeral. I left feeling peace in my heart now and the strength to get over our great loss.
May God bless you Sarie and keep you and your family filled with peace knowing Andre is with Jesus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.