Nelspruit-ma glo deur man vermoor  

(Foto: pixabay)

ʼn Werknemer van Mbombela (Nelspruit) se rampbestuur in Mpumalanga is Donderdag doodgeskiet, na bewering deur haar man.

Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het die 42-jarige man Donderdag van die werk af teruggekom en gevra om met sy vrou (39) te praat. “Hulle het vir ʼn kort rukkie buite gestaan en gesels. Die man is terug in die huis en toe hy weer uitkom het hy na bewering sy vrou en homself geskiet.”

Hlathi sê die vrou is noodlottig gewond en paramedici het haar op die toneel dood verklaar. “Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en word tans onder polisiebewaking behandel.”

Die vrou laat glo drie kinders agter.

In ʼn aparte voorval het ʼn 44-jarige verhoorafwagtende sy eie lewe geneem nadat hy sy 44-jarige vrou in Kaboweni verwurg en toe doodgesteek het. Die oorledene het ten tye van die voorval ʼn moordklag teen hom gehad. “ʼn Voorlopige ondersoek wys dat dié klag ook ʼn geval van huishoudelike geweld was,” sê Hlathi.

Die provinsiale polisiekommissaris het by mense gepleit om nie geweld te gebruik om huishoudelike sake op te los nie en eerder sake op ʼn vriendelike manier en met die hulp van maatskaplike werkers of tradisionele leiers op te los.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fedup ·

Such tragedies. I blame this incompetent government. All there stupid rules, phases and food distribution can lead to these bad incidents. People need there freedom, to work and provide.

Cleopatra69 ·

Mense wat aan ontrekkings simptome lyk agv sigarette en drank en om sonder salaris te wees vererger net die omstandighede

marius ·

Pleit by die gemeenskap ? Die gemeenskap pleit al vir dekades vir daadwerlike optrede maar dit word afgelag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.