Nelspruit-man het sy broer verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige man is Dinsdag in die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy 16-jarige verstandelik gestremde broer verkrag het.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie om die identiteit van sy broer te beskerm, is van Matsulu buite Nelspruit, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

“Wat dit nog moeiliker maak is dat jy nie berou toon nie en omdat die slagoffer verstandelik gestremd is, is dit moeilik vir hom om ‘ja’ of ‘nee’ te sê vir dit wat met hom gebeur,” het landdros Willie Wilkens aan die beskuldigde gesê.

Die misdaad het op 30 April 2011 plaasgevind. Die man het sy broer na sy kamer agtervolg en hom verkrag. Die beskuldigde is op 5 Mei in hegtenis geneem en sy aansoek om borgtog is afgekeur.

Die hof het gehoor die verkragter ly ook aan ʼn geestelike versteuring, maar is stabiel wanneer hy medikasie gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

10jaar. Ag asseblief. Hy moet sy lewe agter trallies wees. Dis mos nie menslik nie.

franci meyer ·

Hy behoort langer as tien jaar te kry wat hy gedoen het is onmenslik en boonop bloedskande

jeonette ·

liewe genade dis siek verby sulke mense hoort nie in die samelewing te wees nie.Vat die miljoene rande wat die staatsamptenare verdien vir niks doen nie,koop n massiewe boot anker hom so diep in n haai gebied en maak dit n ope tronk as hy spring vreet die haaie hom op. Ek sal dit baie maklik doen hulle sal uit die samelewing wees for good.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.