Nelspruit-man sterf ná kaping

Ban van Wyk (Foto via Marius Jacobs, Watch Dog Tzn)

Ban van Wyk (Foto via Marius Jacobs, Watch Dog Tzn)

Ben van Wyk (53) van Nelspruit het Vrydagaand aan sy beserings beswyk nadat hy op 4 Julie gekaap en aangerand is.

Marius Jacobs van Watch Dog Tzaneen, een van Van Wyk se familielede, het aan Maroela Media bevestig Van Wyk is verlede Saterdag deur drie persone gekaap. “Hy is by die tweede sirkel buite Nelspruit op die Lydenburg-pad gekaap,” het Jacobs gesê. “Die kapers het hom in ʼn bos ingesleep tot by ʼn bouvallige huisie waar hulle hom gemartel en met ʼn skerp voorwerp gesteek en gesny het.”

Volgens Jacobs het die verdagtes Van Wyk se bankkaart gevat en hom gemartel vir die PIN-nommer. Een van die verdagtes het by hom gebly terwyl die ander twee weg is om te probeer geld trek. Van Wyk het vermoedelik die verkeerde nommer aan sy aanvallers verskaf.

“Hy het intussen sy bewussyn verloor en het eers Saterdagaand wakker geword en hulp gesoek,” het Jacobs bygevoeg. “Die kapers het intussen ʼn ongeluk gemaak met die bakkie en een is Sondag oorlede.”

Van Wyk het glo die week goed aangesterk in die Rob Ferreira-hospitaal, en sou môre ontslaan word. Hy het egter ʼn terugslag gehad en is na die hoësorgeenheid geskuif waar hy om 22:20 gesterf het.

Van Wyk laat drie dogters en kleinkinders agter.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie in Nelspruit, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Ons kan nog nie bevestig dat die oorlede verdagte wel een van die kapers was nie, maar hy het definitief die bakkie bestuur. Ons ondersoek sal bepaal of hy ook by die kaping betrokke was.” Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Kaping? Hulle martel hom vir ‘n pin nommer en dit word kaping genoem? Roof met die om intensie om te moor sou neer gepas wees! Gemors!

Berhalet Beukes ·

Ek het dit gestel soos ek sit wou stel, dankie Dave. My punt is, dis alewig alles behalwe wat dit regtig is, moord want hulle WIL ons mense uitmoor!

CHRISTA ·

Ek wonder net hoe hy so herstel het dat hy amper ontslaan is en dan ‘n terugslag beleef en daarvan sterf!! Het daar dalk ‘n infeksie of iets dergeliks ingekruip? Ons staatshospitale is mos in ‘n vervalle toestand. Sy familie moet aandring op ‘n nadoodse ondersoek.

Elsabe Potgieter ·

Daar gaan n na doodse ondersoek wees want dis n on natuurlike dood, ales is die waarheid, agv die kaping en marteling is my boetie vrydag aand oorlede, daar was beterskap en daar was n trugslag. Ek is sy tweede jongste sussie en was by sy bed vrydag aan voor hy gesterf het, ek wil se, as die nie vir die barbarse voorval was nie, was my boetie vandag nog met ons gewees.

PAS PRTORIUS ·

KEN SY FAMIELIE EN HET HOM AL ONTMOET, GOEIE MENSE, HY HET DIT NIE VERDIEN, MAAR SO SAL DIE MOORDTOG TEEN ONS NET ERGER WORD.

fourie ·

Mag die gemors ‘n stadige en pynvolle dood sterf, die gemors moet met wortel en tak uitgeroei word, hulle verdien nie die reg op lewe nie. Innige simpatie vir die familie, mag God julle bystaan en krag gee.

George ·

Elsabe, my innige simpatie met jou en jou familie. Gebeure soos hierdie maak baie diep wonde. Net die Here kan dit genees. Baie sterkte ons bid vir julle

Elsabe Potgieter ·

George, ons wil net baie dankie se, dis vir ons n vreeslike skok, hartverskerend om te kon sien hoe my boetie gely het en wat hy ales moes deur gaan, die kap wonde op sy voorkop en bloudraad merke om sy polse, wat nog van die blou hale oor sy hele lyf is onbeskryflik. Ek dank net die Vader dat Hy eendag die oordeel sal fel. Baie dankie aan almal vir julle opregte simpatie, ons gesin wardeer dit baie, ek wil graag ook net baie dankie se vir die barmhartige samaritaan wat my boetie se hulpgeroep gehoor het en hom hospitaal toe gevat het, ons weet nie wie jy is nie, maar baie baie dankie, mag jy geseend wees.

Riaan ·

Anoniem
Kan ons boere nie in samewerking met AgriSa, jong werklose skoolverlaters, oplei vir inwonende plaasbeveiliging nie. Niemand gaan namens ons dink, optree en beveilig nie. Begin n privaat opleidingskamp vir plaasbeveiliging.

Delia ·

Riaan, ‘n baie goeie voorstel! Almal praat van opstaan en saamstaan en genoeg is genoeg, maar niks word gedoen nie. Hier is die eerste positiewe en uitvoerbare plan wat die lig sien. Kom ons kyk wie kan so iets begin en deurvoer……blye dag! Hulle moet net baie, baie deeglik opgelei word.

dros ·

Gevalle soos die behoort ons te oortuig hoe belangrik dit is om te stem in alle verkiesings. Maar ons wil skouers optrek en ekskusies uitryg want ons sien nie kans om ure lank tussen elke jan rap en sy maat te gaan staan nie. As jy nie gestem het nie, kan jy nie kla nie. Deur uit stemming te bly het jy bevestig die anc regering is reg in alles wat hulle doen. Verslaan ongeregighied, Gaan staan ure der ure in daardie toue. Al wen jou party nie, kan dit ‘n koalisie regering tot gevolg hê. Dan sal daar ander partye wees wat reg kan help geskiet. Alle simpatie aan die gesin.

Christelle ·

Ja, die doodsraf moet terug gebring word. Ons gaan my oom baie mis. Dit is deur die aanranding dat hy oorlede is, ek weet mens mag nie haat nie maar genade man. Hoeveel mense moet nog sterf??????????? Die land is in se pe in deur somige mense ja julle weet van wie ek praat gaan kyk hoeveel plaas moorde word toe gesmeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.