Nelspruit-munisipaliteit moet oop kaarte speel

mbombela-munisipaliteit

AfriForum is van mening dat die tenders wat uitgegee is, baie hoër is as die bedryfstandaarde en ook aan ongekwalifiseerde kamerade van die munisipaliteit en die tenderkomitee toegeken is. AfriForum het die hof genader, waarna die munisipaliteit beweer het die openbaring van die inligting sou die lede van die tenderkomitee benadeel.

Adv. David Unterhalter, die regter in die saak, het in die uitspraak gesê sulke komitees en vergaderings moet nie geheim gehou word nie en dit is onaanvaarbaar dat Mbombela dit geheim probeer hou het. Daar is ook bevind dat die munisipaliteit die interne prosesse om inligting te bekom só erg in die wiele gery het dat AfriForum die reg gehad het om die hof te nader omdat die interne prosesse geen resultaat sou lewer nie.

“Ons is verheug oor die uitslag en die potensiaal wat dit bied om tenderbedrog te beveg in munisipaliteite wat die publiek se geld gebruik om in die geheim hulle korrupte agendas te finansier,” het Ruan Lottering, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Adv. Johan Hamman, wat die saak namens AfriForum waargeneem het, is van mening dat dit ʼn geskiedkundige uitslag is, en dat die uitspraak van adv. Unterhalter munisipaliteite oor die hele land hopelik twee keer sal laat dink voordat hulle skelm tenders wil uitdeel, aangesien dit nou alles openbaar gemaak kan word, en indien daar bedrog of korrupsie plaasvind, kan instansies soos AfriForum vinniger en meer effektief teen die skuldiges optree.

Die munisipaliteit het 15 dae om die dokumentasie aan AfriForum te oorhandig waarna AfriForum die inligting sal gebruik om sake te maak teen individue van die munisipaliteit wat hulleself aan bedrog en korrupsie met die uitdeel van tenders skuldig gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Mooi man hou so aan as hulle hul nie al klaar veryk het met die geld nie so kry hulle paleise duur karre ens en ander krupeer van hongerte

scalla ·

hulle kan in elk geval nie kaart speel nie, speel het steel geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.