Nelspruit-ongeluk eis 3

(Foto verskaf)

Drie persone is Saterdagoggend dood in ʼn trompop ongeluk in Nelspruit, Mpumalanga.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê ʼn minibustaxi en ʼn sedan het mekaar omstreeks 07:00 in Samora Machelweg naby Nelsville reg van voor getref.

Twee mans in die minibus, insluitend die bestuurder, en die bestuurder van die sedan is oorlede. Hulle is almal op die toneel dood verklaar.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die ondersoek duur voort. Geen ander beserings is aangemeld nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PieterP ·

Hier in Mpumalanga os dit reg om aan die berkeerde kant van die pad te ry en ligte te gooi vir padgebruikers aan die regye kant van die pad. Al is daar nie plek nie moet ju glo opskuif iewers heen want meneer in sy yaxi of polo het glo right of way

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.