Nelspruit-ongeluk eis 4

Die ongelukstoneel op 24 Desember 2014, 22 km buite Nelspruit in Mpumalanga Foto: ER24

Die ongelukstoneel op 24 Desember 2014, 22 km buite Nelspruit in Mpumalanga Foto: ER24

Vier mense is dood en vier kritiek beseer na ʼn trompop botsing op die N4, ongeveer 22 km buite Nelspruit in Mpumalanga.

“Twee mans en twee vroue, vermoedelik in hul 30’s, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Pieter Rossouw, ʼn woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

Die pasiënte wat kritieke beserings opgedoen het is na die Rob Ferreira-hospitaal geneem.

“Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede is op die toneel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.