Nelspruit-plaasaanval: Aanvallers vra waarvoor bid vrou

Mariette en Aneil Saaiman, met hul dogter Marlandi Kussman (middel). Foto: Facebook

Mariette en Aneil Saaiman, met hul dogter Marlandi Kussman (middel). Foto: Facebook

ʼn Egpaar van Nelspruit in Mpumalanga is dankbaar om te leef nadat hulle Sondagoggend oorval en wreed aangerand is op ʼn plaas 30 km buite die dorp.

Aneil Saaiman (38) en sy vrou, Mariette (45), is tussen 09:00 en 10:00 deur drie verdagtes oorval nadat een van die aanvallers vermoedelik onderdeur die elektriese heining gekruip het.

Marlandi Kussman (21), die egpaar se dogter, het Woensdag aan Maroela Media gesê haar ma het voëls buite die huis hard hoor kwetter soos hulle gewoonlik maak wanneer daar ʼn slang naby is. Mariette het uitgegaan om ondersoek in te stel en gesien ʼn leer staan regop teen die heining waar die ander twee verdagtes vermoedelik oorgeklim het.

Sy het omgedraai om terug in die huis te gaan toe een van die verdagtes op haar afgestorm het en haar met ʼn houtplank aangerand het. Aneil het Mariette hoor skree en uitgehardloop, waarna die ander twee hom getakel het.

“Hulle het my ma in die oprit vasgebind en my pa in die huis ingesleep,” het Marlandi vertel. “Een van die rowers het my ma aanhou slaan en skop. Sy het naderhand gemaak asof sy bewusteloos is sodat hy kan ophou om haar te slaan. Binne die huis kon sy my pa hoor skree soos hulle hom gemartel het.”

Volgens Marlandi het die rowers Aneil na die egpaar se slaapkamer geneem, waar hulle hom aanhoudend geslaan het en die kluis se sleutels geëis het. “My pa is ’n bietjie hardkoppig en hy het net geweier om dit vir hulle te gee. Hulle het daarna my ma in die oprit gaan haal en haar in die huis ingesleep.”

Mariette het die sleutels aan die rowers oorhandig en hulle het ʼn handwapen en .22-geweer uit die kluis uit gehaal. Hulle het die egpaar op die bed laat sit terwyl hulle die kaste omgekeer het en Aneil se klere aangepas het.

“Hulle kon nie die .22 gelaai kry nie, maar het uiteindelik daarin geslaag om die rewolwer te laai en toe haal hulle hul balaklawas af,” vertel Marlandi. “My ma het gesê op daardie oomblik het sy net gedink, dit is die einde. Hulle gaan ons doodmaak.”

Mariette het hardop begin bid en die rowers het haar gevra tot wie sy bid. Toe sy antwoord sy bid tot God, het hulle gevra waarvoor bid sy. Sy het gesê sy bid dat hulle haar en haar man sal uitlos en net sal weggaan. Op daardie oomblik het beamptes van die J&M-veiligheidsmaatskappy die erf binne gekom en die verdagtes het op die vlug geslaan.

Mariette en Aneil is na die Mediclinic Nelspruit geneem waar Mariette opgeneem is. Sy het ligte kopbeserings opgedoen, haar hand is gebreek en sy het erge kneusplekke oor haar hele lyf gehad. Aneil het ook erge kneusplekke opgedoen, maar is nie opgeneem nie. Mariette is Dinsdag ontslaan en sterk nou tuis aan.

“Ek is so dankbaar my ma-hulle is veilig, maar ek is baie geskok oor wat gebeur het,” het Marlandi gesê. “Die plaas is so veilig. Jy moet oor drie hekke klim net om by die plaas in te kom en dan het al die huise ook hul eie elektriese heinings rondom. Ons is maar net dankbaar dat hulle leef. Ek wil nou huis toe gaan en my ouers sien en hulle vashou.”

Die polisie in Mpumalanga kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Dave ·

Mariette het uitgegaan om ondersoek in te stel. ……. Mense wees asseblief versigtiger. Moet nie roekeloos wees. Ons moet op ons hoede wees soos ‘n bosduif wat sit en rondkyk terwyl water gedrink word.

piet nel ·

Wys jou net ! Voormiddag aanval. Tragies maar laat dit n groot les wees vir ons almal , wees te alle tye praat en bekyk jou eie veiligheid onophoudelik. Wakkerloop !

Ledzyda ·

Ek wil julle net graag reghelp…..hulle het ‘n elektriese omheining, wat geaktiveer was. Hoekom moet mens jouself in jou huis toesluit…dit is nie regverdig nie… Al het sy iets gehoor kon sy steeds nie in haar wildste drome dink iemand is besig om ONWETTIG deur daardie selfde heining te breek nie… HY MOES NIE DAARDEUR GEKRUIP HET NIE!!! DIS WAT HIER VERKEERD IS….SY WAS NIE ROEKELOOS NIE…. sy is ALTYD versigtig is….sy is altyd besig om rond te loer en vensters toe te maak…sy is paraat in die gees….dit moes nie gebeur het nie?

Robi Schwab. ·

Wonder maar net né. Sy begin BID vir beskerming. Maar nou vir my vraag. As die Here wel hulle welvaart ter harte gehad het, hoekom was hulle dan in die eerste plek aangeval? (Sou dit nie ‘n logiese redenasie wees om te sê dat die Here so ‘n aanval sou VERHOED het eerder as om dit later net te beperk nie).

magriet ·

Robi, dis nie die Here wat slegte dinge met iemand laat gebeur nie, maar slegte mense wat slegte dinge met ander laat gebeur.

magriet ·

dit klink egter of jy iewers ietwat ontnugter is? sterkte

Riaan Strauss ·

Robi, die enigste logiese redenasie, as mens kyk hoeveel mense wreed vermoor word en tog ook sekerlik bid, is dat god nie bestaan nie.

Elize Strydom ·

Ek is so jammer vir julle, God bestaan, ek kan dit getuig, my kinde was klinies dood verklaar en hy leef die wonderwerk was so groot dat die gehardste dokters dit nie kon glo. Daar was dwarsoor die land vir hom gebid, doelgerig en spesifiek. Ek het God al meer as een keer in my lewe fisies ervaar, Hy Leef, glo dit, ondersoek dit maar gaan ook na die regte plekke en mense wanneer jy dit doen. Op ‘n forum soos die is dit nie die plek nie. Soek my op FB as jy meer wil weet, ek deel graag met jou.
Elize Strydom

Piero ·

Riaan, God bestaan ek gesels gedurig met Hom en het al vir Jesus gesien toe ek op hom geroep het. Jesus sal seker nie homself openbaar soos met my nie maar dis wat nodig was om my terug te bring na hom toe. Dit is ook seker ook hoe jy in jou hart voel op daai tyd. In elk geval, God sê dat as jy vir Hom iets in gebed vra, dat jy met sekerheid glo dat jy dit sal kry dan sal jy dit kry. Maar dit werk nie met materialistiese goed nie net met mense sake. So, ek bly op ‘n plaas naby die mees gevaarlikste lokasie op die Wes Rand en dank God elke dag dat hy ons veilig hou en vra tot beskerming van enige trauma en ek loop deur die lewe goedweetend ek is beskermed. In die mense se geval het hulle hulle geloof in die sekuriteit van die erf en sekuriteits maatskappye gesit.

Ben Niemand ·

Ok, Logika. Volgens Riaan se logika bestaan motor diens sentrums nie, want as hulle bestaan het sou karre mos nie gebreek het nie… ;-)

Seookmanet ·

Dis deur ongelowigges soos JY, dat hierdie land is waar hy is…Siener se siening, “Hierdie land sal aan die gelowiges terug gegee word, wanneer hul op hul kniee terug keer, en daarvoor vra” En in daardie tyd, sal ons van al die ongelowiges onslae raak!!!

Hannes ·

Hi Robi, die kommentaar op hoekom sy begin bid het … die Here het ons almal se belange op die hart, maar ons is vryewil gegee as ‘n geskenk, sommige mense gebruik dit net vir die verkeerde dinge. So die verdagtes tree uit vrye wil uit op om in te kom en te steel en te martel. Sy het uit vrye wil tot die Here geroep, en hulle het lewend anderkant uitgestap. Jy is geregtig op jou opinie, maar moenie ander mense se geloof oortuiging bevraagteken nie, want dit is wat haar hoop gee en haar anderkant laat uitkom het.

Piet Pompies ·

Piet Nel gee die beste raad, Robi Schab, as jy ‘n gelowige is sou jy self die vraag kon beantwoord.

Herman Kresfelder ·

Mense skaf vir julle van ons kameras aan ek glo in die kameras as n waarskuwings toestel sodat jy kan sien as die mense oppad is na jou erf toe. Ons verkoop die kameras aan boere reg deur die land en Afrika nie net omdat die ons besigheid is nie maar omdat ons glo dit n verskil kan maak. www,rikrhino.co.za FB ook RIK Rhino

Pierre Visser ·

Mense, moenie, moenie uitgaan om ondersoek in te stel nie. Dis presies wat hulle wil he. Bly in jou huis en wag vir hom sodat hy die een is wat onkant gevang word. Bewapen jouself en as jy kan laat weet ander mense wat by jou besig is om te gebeur maar moenie uitgaan nie! Dis moeilikheid soek.

CF ·

Ag nee waneer gaan dit stop,dis omtrent elke dag wat mens hoor van die plaas inbrake en
Moord.is daar nie n plan wat ons volk kan doen nie.Dis as of iemand vir hulle gese het,teiken
die plase eers dan sal hulle vanself loop.En ons vat dan net oor.
Dan begin ons by die stede.Dink maar net.

Winston ·

Baie goeie raad Pierre. Maak soos n pofadder en gereed om te slaan! Slaan met volle mag met elke wapen tot jou beskikking. Bly binne waar jy elke deur en venster en hoekie ken. Verhard jou skuil/slaapkamer met n staal deur. Dit word netjies gedoen en lyk soos normale hout deur. Wees altyd paraat en kommunikeer sekere goed stilswyend elke dag. Onthou elke huis en elke aanval verskil.

Ben ·

Drastiese tye vra drastiese optrede. Die cowboys het hulle rewolwers aan hulle sy ge-dra, ons moet ook. My hond volg my oral, selfs na die badkamer en my pistool is altyd binne ‘n meter van my af (armlengte). Dit is nie lekker om so te leef nie, maar ek is vasgevang in hierdie land. Ek weet ek mag nie haat nie, maar dit is bitter moeilik!

HEVW ·

Herman, die kamaras het sekerlik hul plek, maar mens kan tog nie die hele ganse dag en nag na die kamaras sit en kyk nie. Ja sy kon voor sy die huis verlaat het eers na die kamara gaan kyk het. n Ordentlike waghond of twee (Nie n stoeppoeper nie) is baie effektief as waarskuwingsmiddel en ook as afskskrikmiddel. Wat ook baie goed sal werk is n hansmambaslang. Paraatheid het nie alleen temaak met die nodige toerusting nie maar ten alle tye ook met jou optrede. Daaroor moet gereeld besin en beplan word. En asseblief onder die omstandighede bere mens nie meer jou vuurwapens en geld in jou brandkluis nie. Bere maar jou plastiese juwele en allerhande namaaksel en flous hulle daarmee.

Louise ·

Ai Riaan, as ons wonderlike GOD nie bestaan het nie.
Al ooit gewonder waar jy vandaan kom, nee iemand het vir jou ge jok dis nie die OOIEVAARS VOEL nie.

Pierre Celliers ·

Was dalk drie polisie beamptes (?).
God kom tot die redding, altyd, maar jy moet vra.
Pragtige einde van ‘n nare ondervinding! Sterkte

Botha ·

Skrikwekkend om te sien hoeveel ongelowiges onder ons Suid-Afrikaners is……net omdat hul God nie sien. Ek sien ook nie mense se breins so hoe weet ek daar is een. Just saying. Bly die gesin is veilig.

Olivia ·

Dis agv al die ongeloof dat God nie meer optree nie. Hier is gebid en ja baie bid en steeds gaan hulle dood of word vermoor. Ons weet nie altyd nie, maar ons leef in ‘n wereld wat deur Satan beheer word en die mense wat hom volg dan gaan dinge gebeur. Ons het die wereld weggegee deur ongeloof en dinge toe te laat wat nie Sy wil is nie so ons kan nie God blameer vir ons keuses nie. Eie wil is vir ons gegee. Sterkte vorentoe want ek glo traumaberading is altyd nodig in so geval.

tina ·

@ Riaan Strauss,Robi en elke een wat sinies deur die lewe gaan as gevolg van hulle EIE denke en vooropgestelde idees, die volgende:
Nare goed gebeur met goeie en slegte mense!
Om te se waar was die Here toe hierdie slegte dinge met hierdie goeie mense gebeur het, wel ek het nuus(?) vir julle. God WAS DAAR!!! Lees mooi wat se die dogter en Mariette.
1) Rowers kon NIE die .22 GELAAI kry…
2) Hierdie kriminele het gehoor Mariette bid
3) Hulle is nuuskierig en vra tot Wie sy bid,
haar antwoord: tot God…
4) Hulle vra weer..hoekom?
5) NET TOE STOP DIE BEAMPTES VAN HUL
SEKURITEIT DAAR….
Maar nou ja, ek verwag nie dat jul probeer verstaan, want nie eers die rowers het verstaan. Gelowiges wat weet waar hul Krag vandaan kom, weet na Wie hul kan roep in hul benoudheid.
God werk op misterieuse wyse en hierdie rowers sal agterna dink en onthou dat SY GEBID HET TOT HAAR GOD OM TE HELP. Op daardie oomblik het sy vir hul indirek gepreek. Iets wat jul nie nou sal verstaan.
Volgende wat jul sal wil se, is dat ek vir jul moet bewys God bestaan. Wel ek het ‘n kleintjie dood aan mense wat alles met hul sogenaamde intelligensie alles probeer verklaar.DAAROM (en ek neem aan julle verwerp die Bybel ) wat ironies genoeg is, OMDAT JUIS dit -n ‘Resepteboek’ (koning Dawid se in Psalms : U Woord is ‘n LAMP vir my voete en ‘n LIGvir my PAD) vir elke GELOWIGE is…n Boek wat elke mens LEER hoe om homself te kan skool; gedra en in harmonie en vrede, ‘n SINVOLLE lewe te kan lei saam met sy medemens.
God het nie my of enige een nodig om Hom te verdedig nie…weet wel ..as jul eendag tot jul sinne kom, lees dan die Bybel en sien wat het jul gemis..(Daar is ‘ n lied wat so gaan in engels: ” wasted years,..wasted years..o how foolish..Turn around, turn around..God IS CALLING YOU from a life of wasted years”. Elke knieg sal buig en elke tong bely, dat Jesus Christus is die Seun van God..en hiermee volstaan ek en sal vir jul bid..vrede.

OP ·

Ongelooflike mooi beskrywing en getuienis!
Gr8 antwoord!!!
Die wereld is siek en ek bly op my kniee elke dag.

Theo ·

Amen, is dit die moeite werd om op die plaas te bly as jy weet plaase word aangeval en jy staan die kans om ge martel en of vermoor te word,gee eerder die please terug aan die regeering,ek voel siek in my geboorte land as ek kon sou ek wens om te immegreer na n land wat veilig is vir my en my naasbestaandes.

Susan ·

Ons leef in n gebroke wereld agv sonde, daarom gebeur al die slegte dinge. Ek glo met my hele hart en verstand in die Drie Enige Godheid. As n kind van God in hierdie land deur misdaad Huistoe (hemel toe) geroep word……wow! Ek kan nie wag nie, tot dan, wil ek deur my woorde en optrede mense van ons Vader vertel.

Willie Olivier ·

“Inside job” want het hulle geweet wat is waar? Raak onslae van jul huidige werkers en stel julle eie mense aan. Daar is baie mense wat werk soek.

Brian Faul ·

Die land het verval asgv mense soos hier bo wie nie meer in n lewende God glo nie.Die huidige krisis werelwyd word aangebring deur ongeloof.Ek was selfs baie jare laas in n kerk maar ek glo want ek weet.

Riana Steyn ·

ons eie mense is te sleg om te werk. Wil nie n besem vat om te vee nie! Dis n skande hoe pateties ons mense geword het. Blankes wat by robotte staan se reguit hulle sal nie harde hande arbeid doen nie. Ongelukkig is daar harde werk wat gedoen MOET word. Ek het al probeer om n blanke aan te stel – daai “klas” mense is erger skelms as die ordentlike swart mense wat tans vir my werk. Jammer en hartseer om dit re moet se!

Christopher ·

Ek stem saam. Ek het nou al twee of drie blankes probeer aanstel, maar hulle het letterlik ‘n dag gehou en nooit weer terug gekom nie. Drie etes, ekstra geld en vervoer, maar hulle wil nie hard werk nie. So nou soek ek maar iemand anders – terug swart volk toe wat Wil en HARD kan werk. Nie slaggat is nie! Stel in weer blankes aan nie, wat hulle is doodeenvoudig useless.

Riana Steyn ·

ons eie mense is te sleg om te werk. Wil nie n besem vat om te vee nie! Dis n skande hoe pateties ons mense geword het. Blankes wat by robotte staan se reguit hulle sal nie harde hande arbeid doen nie. Ongelukkig is daar harde werk wat gedoen MOET word. Ek het al probeer om n blanke aan te stel – daai “klas” mense is erger skelms as die ordentlike swart mense wat tans vir my werk. Jammer en hartseer om dit re moet se!

Werner henrico ·

Die aanvallers het gevlug toe die sekuriteit die erf binnekom! Nou vra ek jou, met sekuriteit in die erf en rowers nog in die huis, hoe kan hulle dan weg kom sonder om gevang te word?

Evalyn ·

Die vrou het gebid toe kom sekuriteit tot hul redding…. as dit nie n wonderwerk is nie dan weet ek nie. Wat as die sekuriteit 10 minute later daar aan gekom het? Die duiwel kom om te moor en steel. Maar God het hul lewens beskerm

Rosemary Niemand ·

God bestaan maar Hy is n onregverdige God. Hy laat een mens se kind leef maar laat. Twee en meer van n ander sterf. Hy help die boer en sy vrou maar Hy laat hoeveel ander boere vermoor, glo my die ander het ook hard gebid.

tina ·

Rosemary Niemand..ek weet nie hoe jy by jou gevolgtrekking uitkom nie..ek oordeel jou nie en DEFINITIEF ook nie God nie. Ek kan jou die versekering gee dat Hy jou en elke mens sooo LIEFHET (al het jy jou eie gedagtes van bitterheid gestalte gegee ) DAT Hy Sy eniggebore Seun, Jesus Christus gegee het. VERGEWIS jouself eers wat in God se Woord staan,voor jy onverskillige en ONREGVERDIGE uitlatings maak teenoor jou Skepper wat geen ander offer waardiger geag het,as Jesus ( om jou en my siel te kom red en ons ‘n wil van ons eie gegee het om Hom as ‘n Enigste Verlosser en Persoonlike Saligmaker aan te neem ). Nou vra ek jou: was God onregverdig in Sy LIEFDE vir jou,my en die res van die mensdom om te stuur Sy Seun Jesus, om in ons plek te sterf vir misdade wat Hy nie gepleeg het?( ons regverdiglik die dood verdien het deur die sonde wat ons elke dag doen – en vir die kinders van God wat die stap van geloofs GEHOORSAAMHEID geneem het,om hierdie Wonderlike geskenk aan te neem, kan na God kom DEUR Jesus Christus, en uitroep “Abba Vader”.
Hierdie is ‘n sondige wereld en God het die ongehoorsame engel naamlik Lucifer ,(nou genoem die duiwel en sy engele, wat saam met hom in rebellie en ongehoorsaamheid teenoor God in die hemel gekom het en deur God uitgewerp is). Die duiwel het ,in die tuin van Eden, WAAR God Adam en Eva laat woon het in harmonie en vrede en in gemeenskap met Hom (God)…..duiwel het Eva met bedrog en leuens verlei en sy op haar beurt haar man en deur ONGEHOORSAAMHEID, is hulle uit die tuin van Eden gewerp.
Die Here het ALLES GESKEP TOT SY VERHEERLIKING, daarom is satan (ook genoem die duiwel) steeds besig om chaos te saai onder God se skepping hier op aarde. Nou het God WEER gesoek HOE KAN HY die mens wat na Sy beeld geskape is,terugbring in ‘n verhouding met Hom en daarom het Jesus gekom.
Ek wens ek kon vir jou meer breedvoeriger verduidelik (ek probeer nie jou oortuig nie, -dit is die Heilige Gees se werk wat in elke n wedergebore christen kom woon – maar ek wil graag jou perspektief in lyn bring met die Woord van God).
Al is jy kwaad vir God,HY IS NIE VIR JOU KWAAD NIE..inteendeel Hy kyk in liefde op jou af en WENS dat jy Sy Woord sal bestudeer en wag dat jy na Hom kom met al jou vrae.
As jy of enige persoon so n geweldige verlies gely het, my innige simpatie. Net die Here kan troos, dit is hoekom Jesus gekom het om die treurendes te vertroos deur Sy Woord. Lees gerus in Job en psalms..Daar maak jy kennis met Godsmanne wat deur al hierdie smart, lyding en hartseer gegaan het MAAR OOK GETROOS is deur God en weer geluk en herstel gevind het. Dit wat ons deurgaan hier op aarde, is onder andere in daardie boeke identifiseerbaar…Sterkte. .mag jy insig verkry deur God se Woord…(die Here se :”My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis”…So jy sien, die Here se Woord is die Hoogste Gesag en dit IS ONS VERANTWOORDELIKHEID om na te speur hoe ons moet leef..ek bid vir jou ..shalom …♡

tina ·

Liewe Theo…hierdie dinge is aan die orde van die dag…en ja, ons almal en veral die afrikaner volk voel bedreig. Omdat ons groot gemaak is met christelike beginsels en vredeliewend is. Tragies om te se dat VAN (nie almal) die mense in hierdie land is so gefokus is op rykdom,roem en eer. Oor wat ‘n mens besit,waar jy bly, wat jy ry en wie jy ken – dat hulle perspektief verloor. Dit is God wat die mens instaat stel om rykdom te verwerwe, maar elkeen vir homself en vergeet die res, is dan die denkwyse. Natuurlik wil die Here he dit moet goed gaan met almal,maar sommige mense is eiewys en gun nie die son, om bo ander se kop te skyn. Kry hul dan ook nooit genoeg van aardse goed en daarom maak hulle nie tyd vir God en Sy gebod. Ek wil egter se, dat daar is nie ‘n land op hierdie aardbol, waar dit veilig is nie..nee ‘n duisend maal nee. ‘n Mens kan nie weghardloop of jou kop soos ‘n volstruis in ‘n gat druk nie. Die Afrikaner moet weer terugkeer tot God, dan SAL Hy ons op arendsvlerke dra ook in moeilike tye. Nee, ons moet ons kinders wys hoe lyk ‘n opregte verhouding met God en sterk staan. Hierdie land is vir ons almal en waarom weghardloop? Dit is die modus operandi van diegene wat ons van ons grond wil verdryf..JOU GEBOORTEGROND!! .jou grond van jou voorouers waarvoor jy ook lief geraak het en waar jy drome droom om ook jou kinders te laat erwe..
Wat dink jy leer die geskiedenis van ons voorouers ( wat ek verstaan ,weggeneem is uit die skole ) ons? Hulle het nie weggehardloop nie!!! ..nee, hulle het laer getrek met die ou sannas en die Woord van God in hulle harte en het mekaar beskerm.
Miskien moet ‘n mens se perpektief skuif en soveel as moontlik van jou grond verhuur aan jou mede-afrikaner en saam boer(soos ‘n vorige kommentaar voorgestel het)..Dit IS JOU GROND. Ons KAN NIE en MAG NIE toelaat om so ge-intimideer te word!!!..nonsens daarmee..Hierdie mense wil juis ‘n VREES INBOESEM by die boere en oor die algemeen almal wat wit is.
Laat ons leer van ons voorouers, God weer die ere plek in ons lewe gee; ‘n verhouding met Hom bou en Hy sal aan ons die oorwinning gee en rus verskaf. Die Here se vir Joshua toe hulle in die beloofde land intrek (Joshua 1v7-9) 7.Wees NET BAIE STERK EN VOL MOED…..8.Hierdie WETBOEK (ons bybel) MAG UIT JOU MOND NIE WYK……… 9.Het Ek jou nie beveel WEES STERK EN VOL MOED, wees NIE BEVREES of VERSKRIK.
Laat ons as Afrikaner nou EENMAAL saamstaan, want dit raak ons almal en ons kinders. Kry vir jou betroubare mense wat laer trek en stel God EERSTE. Weet dat ek glo in die krag van gebed en daar IS Christene wat bid vir die boere en almal wat bedreig word. Mag die Here weer rus aan ons elkeen verskaf wat in vrede wil woon. Skep dus moed Theo, WANT ons hulp is van die Here.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.