Nelspruit-plaasaanval ná beurtkrag

gerhard-kunnekeGerhard Kunneke (69) en sy vrou, Lynette (67), is Donderdagaand op hul plaas naby Nelspruit aangeval, kort nadat hulle beurtkrag gehad het.

Volgens Hi-Tech Security, ‘n veiligheidsmaatskappy in Nelspruit, is Gerhard oorval nadat hy buite toe gestap het om sy kragopwekker af te skakel nadat hulle beurtkrag gehad het.

Maroela Media het vroeër berig Gerhard is deur tussen drie en vyf verdagtes oorval en vermoedelik met ‘n graaf aangerand. Volgens Hi-Tech is Lynette in die gesig geslaan en gedwing om die kluis oop te sluit.

Kol. Leonard Hlati, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het met vier vuurwapens, twee televisies en selfone, met ʼn gesamentlike waarde van R50 000, gevlug. Veiligheidsbeamptes van Hi-Tech was binne minute op die toneel en het die Kunneke-egpaar na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Hi-Tech het intussen ‘n foto van Gerhard in die hospitaal op Facebook gelaai. “Ons is baie jammer dat die familie hierdeur moes gaan en het besluit om die foto vir die publiek te wys sodat almal die brutaliteit kan sien waaraan slagoffers tydens plaasaanvalle onderwerp word.”

Hlati het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om met lt.kol. Erold Ströh by 079 497 6817 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Dit was ‘n kwessie van tyd dat aanvallers opportunisties raak gedurende beurtkrag. Ek hoop n saak word teen Eskom gemaak omdat die weerlose mense blootgestel word agv hulle swak beplanning en diens.

Sally Liebenberg ·

Dit is hoekom alles net n sirkel veroorsaak wat misdaad makliker maak. Soos hulle in engels se “two wrongs don”t make a right”. Beurtkrag is verkeerd!!!!!!! Plaasaanvalle is nog meer verkeerd!!!!!! Dan lees jy nog van n vrou se kraamnagmerrie in n staatshospitaal – weereens verkeerd!!!!!! Iets moet gedoen word en baie vinnig ook. As iemand hier lees wat nog nie aangesluit het by Miljoen Stemme vir Steve nie, doen ek n dringende versoek dat hulle dit wel doen. Ons het iemand nodig wat namens almal wat dieselfde voel kan praat (met ons toestemming natuurlik). Al hou jy nie van Steve persoonlik nie, stem vir dit waarvoor hy staan. Asseblief mense ons het stemme nodig !!!!

billy venter ·

Ja mense. die buite lande was nog altyd teen ons blankes.Ons moet ook opstaan vir ons land en volk maar wanneer???????

billy venter ·

Ja mense. die buite lande was nog altyd teen ons blankes.Ons moet ook opstaan vir ons land en volk maar wanneer???????

Andre ·

Ek persoonlik dink dat beurt krag is n manier van geld maak die krag is af maar kry jy korting op jou rekening hoekom moet ek steeds my volle basiese bedrag betaal as my meter stil gestaan het en ja dit is n geleenthied vir krimenele

Peet Schabort ·

Wéér ‘n “inside job” want hulle het presies geweet van sy doen en late. Begin dus sommer naby soek vir die eerste een wat nie opdaag by sy werk.
Sterkte Gerhard, Lynette en jul familie.

Kaaiman ·

Die aanval kon vermy gewees het. Ons bly in een van die geweldadigste lande ter wêreld. Moenie uitgaan sonder wapens nie; kry honde wat jou kan beskerm; belê in goeie beligting en spandeer die paar rand om die opwekker met afstandbeheer af te skakel. Begin dink mense, niemand is verantwoordelik vir jou veiligheid behalse jyself nie. As jy die slagoffers sou vra of hy/sy alles gedoen het vir selfbeskerming, sal hulle erken het: Nee.

Graham ·

Dis die 3rde plaas aanval die week NET MET N GRAAF DIE NUUTSTE “WEAPON OF CHOCE” wyk SATAN!!!!!!!!

Joe Olivier ·

Ek sal graag van een van Gun free SA se mense wil hoor. Was dit nou die graaf wat die man geslaan het of die ou wat die graaf vas gehou het? As jy wil moor en dit in jou gene is dan doen jy dit met enige iets wat beskikbaar is.

ria de Jager ·

Baie jammer vir die mense. Mens moet ma altyd as jy na buite gaan gewapen wees hetsy schokstok of. N vuurwapen. Mense moet bedag wees dat daar mense skuil en hul kans afwag.

Wilhelm ·

Dit toon maar net weer ons lamsakkige regering wat die land sonder dissipline wil regeer; die doodstraf vir sulke dade is al wat sal help. Misdadigers is nie geregtig op menseregte nie!!!

Hennie Grundelingh ·

Ek’s nie ‘n voorstaander van “cry wolf” nie maar hierdie gebeure is nie maar net “sommer” nie. “Iemand” het gesê: “As jy ‘n padda in ‘n pot kokende water gooi sal dit uit spring maar as jy die water stelselmatig verhit sal die padda bly sit tot dit dood is.” Ons is besig om daardie padda te word… Ietsie tot nadenke sou ek sê.

Braam ·

Hennie, ONS is al vir 21 jaar daai padda, so WAT gaan ONS alles doen daaraan? Die tempo het nou versnel want hulle kan nie vir ewig wag nie. Hulle wil ONS weg of dood he want hulle soek ONS goed. Regering keur dit goed. Polisie is useless.

Japie ·

Ek dink dit is dalk baie gevra,maar kan hierdie fotos van die wrede aanvalle op ons Blankes nie op internasionale vlak gewys word nie?

manda ·

Hemel mense dis bad. Ek het ook altyd my honde buite laat slaap nie meer nie hulle gehoor en reuksin is fantasties lank voor ons iets hoor of ruik dan begin my teef al te knor boere moet maar hul honde in die huise begin hou. Se maar net

Jan ·

Jameer om te verneem en sterkte met die genesing. Was dit nou ‘n uitlander het die wereld geskree XENEFOBIE. Was dit ‘n familie van kleur het die wereld geskree RASISME. Soos gewoonlik is dit weer ‘n boere egpaar en die wereld skree……. NIKS, hulle is DOODSTIL.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.