Nene aan SA: ‘Ek is jammer oor Gupta-vergaderings’

Nhlanhla Nene. Foto: Itumeleng English/ANA

Nhanhla Nene, minister van finansies, het Vrydag om verskoning gevra omdat hy nie vroeg en volledig alle besonderhede van sy vergaderings met die omstrede Gupta‑familie bekend gemaak het nie.

Nene het gesê hy het besef dat sy besoeke aan hul Saxonworld-herehuis en hul huis in Midrand ʼn skadu oor sy gedrag as ʼn openbare amptenaar kan gooi.

“Ek is uiters jammer oor hierdie tydelike dwalings en ek smeek om julle vergifnis,” het hy in ʼn verklaring gesê.

“Die oomblik toe ek bewus geword het van die omstredenheid rakende die gesin se saketransaksies moes ek, onderhewig aan ʼn geldige rede, met die Guptas ontmoet het by my kantoor en soos dit gebruiklik is saam met ʼn amptenaar van die departement of die nasionale tesourie.”

Nene het vroeër die week tydens sy getuienis by die verhore na staatskaping gesê hy is afgedank deur voormalige pres. Jacob Zuma omdat hy geweier het om die Guptas se opdragte uit te voer.

Nene het Woensdag aantygings deur die EFF ontken dat hy toegang tot die OBK vir die Guptas gefasiliteer het terwyl hy adjunkminister van finansies was.

Nene het Vrydag gesê sy besoeke aan die Guptas het tussen 2010 en 2014 plaasgevind toe hy onderskeidelik adjunkminister van finansies en minister van finansies was. “Dit was verkeerd dat ek die Guptas by hul huis en nie in my kantoor of ten minste in ʼn openbare omgewing ontmoet het nie.”

Hy het wel bygevoeg dit is sy plig as openbare amptenaar om mede‑Suid-Arikaners en belanghebbendes te ontmoet, soms vir etes, as hulle dit versoek, maar dat dit verkeerd was om dit by hul wonings te doen.

“In ruil vir die vertroue wat julle in my geplaas het, is ek dit aan julle verskuldig dat my gedrag as ʼn openbare amptenaar bo verdenking moet wees. Maar ek is ook ʼn mens en ek maak ook foute, insluitend dié van swak oordeel.”

Nene het in sy verklaring bygevoeg dat hy bly is die kommissie ondersoek die aantygings wat onlangs teen hom en sy gesin gemaak is. “Ek sou enigiemand aanmoedig om bewyse wat hulle het aan die kommissie te oorhandig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

Ek is nie so seker dat jy reg is nie. Inteendeel dink ek, is daar ‘n groter kans dat hy die waarheid praat, al is hy met die ANC. Jy moet gebalanseerd dink.

Hannetjie ·

Jammer se agterent…om so te lieg..en voor miljoene mense

Willem ·

Maar kom ons vergewe ook vir Sasha Martinengo, hy het nie tydelike dwalings begaan nie, maar net een dwaling in ‘n oomblik toe sy oordeel hom in die steek gelaat het.

Giel ·

Ek dink nogal nie so nie. As hy saamgespeel het sou Zuma hom nie afgedank het nie.

leser ·

ek het mos nou die dag gesê : “how the can we believe you” uitgevang

Marius ·

Hy moet maar gaan maar wie sit jy is sy plek die jong mense wat geleerd is wil nie vir die ANC werk want hulle weet hulle is korrup en die ANC se opsies is klaar.

Afrikaanse Knaap ·

Ons almal maak foute. Hy moet sy straf betaal. Hulle kan hom vergewe, maar ek dink die eerbare ding sal wees om te bedank. Soos ek verstaan het hy ‘n plaas en ‘n seun met ‘n paar lekker tenders, die kan nou vir hom sorg.

TLC ·

Okay jy hoef mos net omverskoning vra dan is jy vergewe
Have a nice life

Eish ·

Ek hoop van harte die leefstyloudits geskied in die openbare terrein. Leefstyloudit van diè meneer sal blitsvinnig kan sê of hy geskep het of nie. Familie ook asb.

Alida ·

Mnr Nene is eerlik en opreg dit is hoekom Zuma hom afgedank het. Hy is tans die beste minister van finansies. Zuma verag eerlike mense.

Wat se ·

Wil jou nie in die gesig vat nie .Maar lees eers sy verlede op .

Celtis Africana ·

Nog een van die bende van Nkandla Nè Nè!
Dank hom summier af! Wys jou net hoe is korrupsie deel van die ANC weefsel!

John ·

Die groot vraag is watter van die ANC-bestuur is nie deur die Guptas bearbei nie? En die menere is na gepoer-poer tyd gegun om die land te verlaat. Waar is die Valke en vervolginsgesag se mense wat ook ondervra behoort te word. Tjoepstil en stroopsoet?

Johanna Botha ·

Ag vader ons is net so jammer want die geld is nou weg en niemand word vervolg nie ….swak oordeel en die anc mense dink hulle kan met alles wegkom …en hulle doen ook !

Irma ·

Vir my is die feit dat hy die Zuma en Gupta druk teengestaan het die kern van wat gebeur het. Nou praat hy vir die eerste keer openlik daaroor en het nie probeer kapitaliseer op die sogenaamde besoeke aan die aard skelms nie. Vir ons beteken dit hy het met integriteit opgetree. Baie meer as wat van sekere ander “hoog edeles” gesê kan word. Eintlik prettig die name wat hulle hulself gee. Niks gewoond en dit word uitbasuin.

Waarheid ·

Nee wat die hele spul is korrup.Daar is waarlik niemand wat onskuldig is nie.

Etienne Prinsloo ·

Die olifant in die kamer word deurentyd nie raakgesien nie. Hoe was dit moontlik vir die Gupta organisasie om so vinnig so vêr te kom met staatskaping? Zuma het hul wel fasiliteer met toegang tot ministers ens, maar die diepte van penetrasie in die “regering” is indrukwekkend. Selfs Mnr Nene was ingesleep, tot watter mate sal Ons waarskynlik nooit weet nie. Die Zondo komissie het geen bindende regsgevolge nie en daar sal baie “whitewashing” van die finale verslag wees. Die reële risiko van hierdie waansinnig duur Zondo pad na nêrens is dat dit as ‘n bloudruk vir verdere staatskaping sal dien, aangesien meeste van die bevoordeeldes nog steeds in hulle poste sit. Hulle sal onwaarskynlik die volgende rondte dieselfde foute begaan. Die mees ontstellende aspek van die hele eskapade is die wye ondersteuning wat die Gupta organisasie binne die ANC geniet het en nog steeds doen, veral van diegene wat onophoudelik gal braak oor “kolonialisme”. Wat was die Gupta organisasie anders as “koloniale plunderaars? Dus, die korrupsie olifant is nog steeds “a dark brooding presence” in die kamer. And that is the real pity.

Sus ·

Né né het erken hy het eers gejok oor die Gupta-kuiertjies, en toe kom hy uit met die sak patats. Daarna met die geraamtes van sy seun wat voordeel getrek het uit tenders. Ai-ai, en nou glo party mense hy is ok, hy kan maar die land se beursie hou! Doen vir eens ‘n edele ding ‘minister’ en bedank!

Smirre ·

En hulle is altyd sooo jammer as hulle uitgevang word. Selfs snot en trane vir die show – soos aarts skelm Molefe maar hy betaal nie die R 30 m pensioen terug nie. Die enigste doelwit vir die cANCer en hul hoogeplaasdes is om so vinnig as moontlik so veel as moontlik uit die krib van belasting geld te vreet. Beste leiers se “motto” is “I serve” vir die spul is dit “I take”.

Snowball ·

Ai, die Kaders! Almal vlot in leuens, verskonings en bulbollie.

Adriana ·

Ook maar skelm en korrup.het dit gese voordat dit uitkom.Dis al

leser ·

ek het mos nou die dag gesê : “how the hell can we believe you” uitgevang

Penellope Jones ·

Eintlik behoort die vraag te wees waaroor hulle vergader het, nie die vergadering as sulks nie.

Paul ·

Met verwysing na Ferdinand se kommentare. My pa het nie destyds hierdie luukse van die kaders gehad nie, dis hoekom ek vandag sonder werk sit en sukkel om te oorleef.

Paul ·

Maar, kom tel saam met my aan die dae in sy pos ….. 10, 9, 8 …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.