Nhlanhla Nene het as ANC-LP bedank net tien dae nadat hy as minister van finansies bedank het.
Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het in ʼn verklaring gesê die ANC het vandag Nene se bedankingsbrief ontvang waarin hy aandui dat hy dié besluit geneem het in die lig van sy besluit om ook die leisels as minister van finansies neer te lê.
“Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om julle te bedank vir die werksverhouding wat ons in my termyn as LP gehandhaaf het. Ek is dank verskuldig aan die ANC en die mense van Suid-Afrika wat my die geleentheid gegee het om ons land te dien in my kapasiteit as ʼn verkose verteenwoordiger,” het Nene gesê.
Mthembu het op sy beurt Nene bedank vir sy diens. “Daar is baie min mense wat in staat is om aanspreeklikheid vir hul oordeelsfoute te aanvaar en comrade Nene is een van die min,” het hy gesê.
Maroela Media het vroeër berig Nene was onder toenemende druk om te bedank ná sy bekentenisse voor die staatskapingskommissie. Hy het daarna om verskoning gevra dat hy nie vroeër die volledige besonderhede rakende sy vergaderings met die Guptas bekendgemaak het nie en gesê hy besef nou dit werp ʼn skadu oor sy optrede as staatsamptenaar.
Hy het kort daarna as minister van finansies bedank hoewel hy nie direk by enige oortredings geïmpliseer is nie.
Dit gaan more reën…
ja, groot sterk mans reen
Wanneer gaan die res van die ANC bedank wat ook onetiese dinge gedoen het? Die klomp van die SAID????????????????????????????????????????????/
En elders sal die soon skyn.
Bedank of afgedank-die comrades behou hul salarisse
Dis deel van die strategie, anders is daar nog meer werkloses en ek dink die manne in daardie poste sal nie goeie boere uitmaak nie. Dit nou met Cyril se grondhervormingplan in gedagte.
Ai mense wees tog objektief vir n slag. Die feit dat hy sy oordeelsfoute erken bewys sy integritet. Hoeveel van die ander het die moed en durf om dit te doen? Hulle klou soos nete. Mnr Nene neem jou pensioen en gaan tree iewers lekker af. Baie sterkte. Almal is nie skelm nie. Daar is goeie en slegte mense al behoort hulle aan enige party.
Ek stem. Wens meer van die eintlike skelms wil hulle goed vat en loop.
Dit wys sy integriteit- as almal dit kon maar doen.