Nene bedank as minister van finansies

Nhlanhla Nene (Foto: ANA)

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Dinsdag uit sy amp bedank.

Dit volg ná die presidensie bevestig het pres. Cyril Ramaphosa en Nene het Sondag gesels oor die implikasies van die minister se bekentenisse voor die Staatskapingskommissie. Ramaphosa het sy bedanking aanvaar.

Die voormalige president van die Reserwebank, Tito Mboweni, sal Nene as minister van finansies vervang. Ramaphosa het gesê Mboweni se ervaring sal noodsaaklik wees vir sy administrasie om nog noodsaaklike poste te skep.

Volgens die president het Nene Dinsdagoggend sy bedanking ingedien en hy het dit ná deeglike oorweging aanvaar. Nene was van mening dat onthullings voor die Staatskapingskommissie sal inmeng met sy werk as minister.

Ramaphosa het dit benadruk dat Nene nie by enige oortredings geïmpliseer word nie. “Dit is ʼn teken van sy karakter dat hy voel hy moet eerder bedank.”

Hy het Nene bedank vir sy diens aan Suid-Afrika.

Nene was onder toenemende druk om te bedank weens sy betrokkenheid by die omstrede Gupta-familie. Hy het verlede Vrydag om verskoning gevra dat hy nie vroeër die volledige besonderhede rakende sy vergaderings met die Guptas bekendgemaak het nie en gesê hy besef nou dit werp ʼn skadu oor sy optrede as staatsamptenaar.

Nene het gesê hy is bly daar word ondersoek ingestel na oneerlike optrede deur regeringsamptenare en die uitvoerende hoofde van staatsondernemings onder pres. Jacob Zuma se leierskap, asook dat bewerings rakende sy betrokkenheid hierby ondersoek word.

Maroela Media het vroeër berig die openbare beskermer (OB) het intussen ingestem om ondersoek in te stel of Nene etiese kodes oortree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alida ·

Jammer daaroor. Dit beklemtoon sy integriteit. JZ het almal vergiftig.

Lynne ·

Goed So! Net jammer dis nie ‘n kitsoplossing om die Ekonomie weer aan die gang te kry nie…….

Blaarman ·

Nie die gedrag van ‘n skuldige man nie.

Ek hoop die volle waarheid kom uit.

Paul ·

Dankie vader ‘n nuwe era, wat finansies aan betref, het aangebreek.

Snowball ·

Gaan Google: “Tito Mboweni trends for expressing EFF ideas”. Was ‘n lekker vuishou in die maag, na ek ook dog dis ‘n verbetering. Weet nou nie meer so mooi nie.

Netso ·

Hoop nie die Rand weer bokspring soos in Desember 2016 nie?

Nettie ·

O ……. Ek sien, hy word nie by enige oortredings “geïmpliseer” nie – hy het dus “niks” verkeerd gedoen nie ………………………………….. So, sy vergaderings met die Guptas was ………….. om régtig net tee te drink?????????????????????????

Vryheid ·

Die feit bly staan hy het homself skuldig gemaak aan korrupsie en dit ontken. Hy het geen keuse gehad nie. BAAI!!

Ai tog ·

Tito Mboweni moet nog poste skep? Lees ek reg? Minder poste moet geskep word op die soustrein staats departement en meer moet gedoen word om die ekonomie reg te ruk sodat die regte maatskappye daar buite REGTE werk kan skep!? (Skep is seker maar die belangrikste woord in daardie sin ?)

Petro ·

Ek is baie mislik vir Nene oor hy gelieg het… Maar ten minste het hy nou die regte ding gedoen en op sy swaard geval. Hy kry bietjie respek terug by my…

Sarel Strydom ·

Man waaat sy skuld erken en die gevolge gedra het. Nie soos sommiges wat regtig korrup is en nog steeds in die “poundseats”sit nie.

Elizabeth ·

Eén minister met integriteit. Mag al die baaaie ander wat steeds hulle verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid probeer ontduik sy voorbeeld volg noudat die ys gebreek is.

honourable member ·

Wonder net wat sy pakket gaan wees. Seker weer miljoene vir strooi aanjaag.

My mening ·

Dis jammer dat hy bedank het, maar hy wys hy het integriteit- anders as die meester ander ministers en hoofde in die ANC en regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.