Nene ontken Gupta-betrokkenheid

Nhlanhla Nene. Foto: Elmond Jiyane

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Woensdag tydens sy getuienis voor die kommissie na staatskaping die EFF se bewerings teen hom ontken.

Nene het aantygings dat hy sy posisie by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) misbruik het om sakeonderhandelings namens die Guptas te voer, ontken.

Nene het ook gesê dat hy, ten spyte van wat die EFF aanvoer, op hul brief in Mei verlede jaar oor die bewerings reageer het.

Nene het getuig Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, het hom in dié brief gevra om op talle vrae oor syverhouding met die omstrede familie te reageer.

“Die EFF het ïnsinueer dat ek toegang tot die OBK vir die Guptas gefasiliteer het terwyl ek adjunkminister van finansies was. Ek het bevestig dat ek sommige lede van die Gupta-familie ontmoet het by regeringsfunksies en dat ek in my rol by die OBK, asook as minister van finansies, deur verskeie maatskappye genader is om vir hulle finansiering te verseker, veral by die OBK. Ek het in al daardie gevalle, sonder uitsondering, die betrokke maatskappye ingelig dat hulle die OBK direk deur die amptelike kanale moet nader,” het Nene gesê.

Hy het bygevoeg dat hy op 12 Junie vanjaar op die EFF se brief reageer het en dat hul bewering dat hy nie reageer het nie onwaar is.

Shivambu het in September weer vir Nene parlementêre vrae gestuur oor dieselfde onderwerp waarop hy reageer het en aantygings dat hy saam met die Guptas werk, ontken het. Hy het bygevoeg alle beleggings wat deur die OBK gedoen word in oorleg met hul mandaat gedoen word.

Nene was voorsitter van die OBK in sy kapasiteit as adjunkminister van finansies tussen 2009 en 2014. “Ek ontken dat ek onbehoorlik opgetree het rakende OBK-beleggings toe ek adjunkminister van finansies was. Ek ontken dat ek geldelike steun van die OBK bevorder het vir enige besigheid waarby my seun betrokke is soos die EFF ook onlangs op sosiale media beweer het.”

Volgens Nene is die OBK versoek om bewyse van enige sodanige transaksie te verskaf. Daar word verder beweer dat sy vrou geld uit ʼn buitelandse rekening ontvang het. Nene het gesê hy ontken dié aantygings ten sterkste en sy vrou het volgens hom ook nie ʼn buitelandse bankrekening nie.

“Ek vind die tydsberekening van dié aantygings en die manier waarin dit op sosiale media, en nie deur die gepaste kanale nie, opgeblaas is baie vreemd. Dit kom net ʼn paar dae voor my verskyning voor die kommissie en dit is baie interessant en vreemd.”

Paul Pretorius, bewysstukleier, het gesê die kommissie sal die EFF se aantygings teen Nene ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Wie is die maatskappye wat U (Nene) genader het om finansiering? Vertel die kommissie wie hulle was! Hoekom was hulle nie destyds “ge’name en shame” nie? Maar niemand sou die ANC aanvat en dalk sou JZ, familie en vriende dit net laat verdwyn!

A P Stemmet ·

Tot n mate is die minister se gerusstelling welkom. Die blote feit egter dat sulke bewerings gemaak word bewys dat fie Amagp reg is dat beleggings namens fie stastsfienspensioenfonds nie by n regeringskorporasie hoort nie masr by onafhanklike beleghingsbesdtuurders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.