Nene op pad na privaat sektor

Voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene Foto: Departement van kommunikasie

Voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene Foto: Departement van kommunikasie

Nhlanhla Nene, die voormalige minister van finansies, het glo niks van sy afdanking geweet tot pres. Jacob Zuma die aankondiging gemaak het nie.

Nene het Dinsdagoggend die bewering tydens ʼn onderhoud op eNCA gemaak. Nene het vanaf sy huis in Kranskop, KwaZulu-Natal, gepraat oor sy onverwagse afdanking in Desember verlede jaar. Nene is deur Des van Rooyen vervang wat net vier dae lank die pos beklee het voordat hy ook gepos is.

Nene het Dinsdag ook aangekondig dat hy hom binnekort by die privaat sektor sal aansluit. Hy wou nie meer inligting gee oor sy volgende pos nie en het gesê dit is “swak smaak” om daaroor te praat nog voordat hy amptelik in die pos begin werk het.

Nadat Nene afgedank is, het Zuma beweer dat Nene bloot uit die kabinet gehaal is omdat hy gekies is as die land se kandidaat vir ʼn pos by die Afrika-afdeling van die nuwe Brics-ontwikkelingsbank.

“Die dringendheid van die verandering in die leierskap van die Nasionale Tesourie was aangesien nominasies na Shanghai, die hoof van die Afrika-streeksentrum van die nuwe Brics-ontwikkelingsbank, gestuur moes word. Die sentrum sal in Johannesburg gevestig wees. Nene is ons kandidaat vir hierdie posisie,” het Zuma destyds gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sterkte ·

Sterkte Mnr Nene, ons weet jy weet, jy is gepos omdat jy vir die regte ding opgestaan het. Gryp die privaatsektor en maak dit ‘n groot sukses.

Tiger ·

Tyd dat zumpie ook “gepos” word.Dit sal ons geld waarde net goed doen.

Dee ·

Dit was ‘n onverbloemde leuen (die kandidaatskap by Brics) wat Zuma nooit probeer verduidelik het nie. Of het hy? Die ANC weet dat hulle Zuma ook ‘n kandidaat by Brics moet maak maar hulle probleem daarmee is ‘n uitgesproke feit dat dit dan ‘in die guns van die opposisie’ sal wees.

JAN BRITZ ·

Hier kom die waarheid nou! En weereens het Zuma vir die volk gelieg! Maar hy word steeds nie teruggeroep nie. Ongelooflik. Toemaar. Hy sink die ANC man-alleen.

Liz ·

Well done Mnr Nene, wys die ou spul dat jy nie gaan lê nie . Voorspoed vir die toekoms. En ou liegbek Zuma, onthou die duiwel haal jou vinnig in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.