Nene se bedanking ʼn terugslag vir parlement, sê DA

Nhlanhla Nene, die voormalige minister van finansies, lewer op 25 Februarie 2015 sy begrotingsrede in Kaastad Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Nhlanhla Nene, die voormalige minister van finansies, lewer op 25 Februarie 2015 sy begrotingsrede in Kaastad Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Die Demokratiese Alliansie het Saterdag gesê Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies, se bedanking as LP is ʼn “terugslag vir die parlement”.

“Die bedanking van oudminister Nene ná ʼn lang en uitnemende loopbaan in die finansies-familie, is ʼn terugslag vir die parlement,” het David Maynier, woordvoerder van die DA, gesê. “Die voormalige minister het ʼn hoë prys betaal om die regte ding te doen en die waarheid te praat, en uiteindelik het hy sy posisie prys gegee omdat hy nie bereid was om sy integriteit op te offer nie.”

Maroela Media het vroeër berig Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, se kantoor het Vrydagaand bevestig Nene het in Desember bedank en sy bedanking is in Januarie geprosesseer.

“Ons weet nie waarom Nene bedank het nie, maar die voorstel dat hy moontlik by die nuwe Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)-ontwikkelingsbank aangestel kan word, lyk al hoe meer soos ʼn blatante leuen wat uitgedink is om die katastrofiese besluit te probeer verduidelik toe hy in 2015 afgedank is.”

Maynier het gesê wat die rede ook al kan wees, sal pres. Jacob Zuma onder massiewe druk wees tydens die staatsrede-debat wat op 11 Februarie begin, en wanneer hy moet verduidelik waarom hy Nene afgedank het.

Intussen het Stone Sizani, hoofsweep van die ANC, Saterdag geweier om te “spekuleer” oor die redes waarom Nene bedank het. “Sy bedankingsbrief dui nie die rede vir die bedanking aan nie,” het Sizani se kantoor in ʼn verklaring gesê. “Ons is dus ongelukkig nie in ʼn posisie om te spekuleer oor die redes vir sy besluit nie.”

Zuma het Nene onverwags in Desember afgedank en hom met die onbekende David van Rooyen vervang, ʼn skuif wat tot ʼn daling van die rand en aandele gelei het.

Nene is oënskynlik uit sy amp verwyder, aangesien sy naam aangegee is vir ʼn hoë posisie in die nuwe Brics (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)-bank.

Ná skerp kritiek oor die skuif, het Zuma Van Rooyen binne dae ná sy aanstelling uit die amp verwyder, en weer voormalige minister Pravin Gordhan in die pos aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Marx ·

Soos duisende WIT Suid Afrikaners is Minister Nene afgedank omdat hy sy werk gedoen het!!

Oom Boer ·

Mnr Nene, jy is ‘n waardige heer en moet nooit jou integriteit inboet vir dit wat nie die moeite werd is nie. Daar is en sal vir jou ‘n beter toekoms wees sonder hierdie swak en lakshede wat aangaan met verskuilde agenda’s. Die waarheid sal nog seëvier en berus jou daarby. Vertroue en waardigheid sal jou vir altyd volg en bybly, maar daar is ‘n paar ander aasvoëls wat hierdie krediet nie toekom nie en gulsig optree, maar as die karkas klaar is, sal hul ellende volg op die spoor van vernietiging wat hul agter gelaat het.

Manie ·

In my opinie Van Rooyen se aanstelling was ter voorbereiding van Zuma se plan om die aanbod vir Nkandla te help orkestreer. Hy sou hom maklik kon beinvloed om sy kostes aangaande Zuma se Nkandla verbeterings te verdoesel of af te skryf. Ongelukkig het dit toe nie gewerk nie.

daan ·

Die parlement is in elk geval n sirkus met Lituli huis as ringmaster. Ongelukkig is dit die gesig van SA wat die wereld sien, met JZ as die hoofnar, wat nie snaaks is nie, maar tragies is, en daarvolgens word ons “veroordeel” ZUMA MUST FALL!

Elizabeth ·

Jammer dat ons mense met ruggraat en morele waardes moet verloor agv Zuma. Mag Nene se spook Zuma tot ‘n val bring. Hy het geen gewete en werk in sy eie belang en nie in belang van Suid Afrika nie. Hoop sy dag kom vinniger as wat ons almal verwag!

Luister ·

Wonder hoeveel het David van Rooyen gekry vir hierdie grappie?

Henri ·

Duidelik het jy nog nerens gelees of gehoor dat hy nou Minister van die departement is wat “toesig hou ” oor die “Onafhanklike stem komissie” nie?

Rynhardt ·

DA is weer bedig met politieke spelery.Nou huil die einste DA oor Nene wat bedank het.Kom by asseblief.As Nene en vorige ministets van finansies so wonderluk was, hoekom is die ekonomie vernietig, DA? Kom ek verfris jou geheue DA! Die Anc het ekonomie vwrnietig met Vryheidsmanifes terwyl jul as DA, oyboet se Vryheidsmanifes ondersteun.Talle mense kan nog steeds nie sien hoe DA hul speel nie!

janneman ·

Stem saam Rynhardt, maar ek dink die DA huil oor jou Afrikaans.

Rynhardt ·

Janneman soms gebeur dit dat spelfoutjies insluip wanneer n mens vinnig tik, maar ek praat darem nog Afrikaans wat DA nie eens doen nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.