Nepal-aardbewing: 4 SA’ners op pad na veiligheid

Kate Ahrends en Mike Sherman, twee van die Suid-Afrikaners wat in Nepal gestrand was en nou op pad is na veiligheid Foto; Kate Ahrends, Facebook

Kate Ahrends en Mike Sherman, twee van die Suid-Afrikaners wat in Nepal gestrand was en nou op pad is na veiligheid Foto; Kate Ahrends, Facebook

Vier Suid-Afrikaners wat in die Langtang-reservaat in Nepal gestrand was, kon na ʼn plek van veiligheid stap en sal nou na Katmandoe vervoer word.

“Die vier persone is veilig en hulle is saam met ongeveer 25 ander toeriste wat in die gebied na hul veiligheid gestap het,” het Pradeep Kumar Shrestha, Suid-Afrika se erekonsulaat in Nepal, gesê. “Hulle sal na verwagting van Nuwakot na Katmandoe vervoer word waar hulle by die verligtingspan van Gift of the Givers sal aansluit.

Die vier persone, Irma Fourie, Heinz Hochrinner, Mike Sherman en Kate Ahrends sou met helikopters uit die reservaat bevry word voordat bevestiging ontvang is dat hulle self uit Langtang kon stap.

Groot gedeeltes van Nepal is verwoes ná ʼn sneeustorting weens ʼn aardbewing verlede Saterdag. Meer as 5 000 persone het omgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ons kan almal wat deur die ramp net in ons gebede aan die HERE opdra en vra vir Sy bystand!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.