Nepal-aardbewing: SA familie gevind

'n Reddingspoging in Nepal. Foto: Facebook

‘n Reddingspoging in Nepal. Foto: Facebook

ʼn Familie van Durban wat Sondag as vermis aangemeld is nadat hulle op pad was na die basiskamp van die berg Everest toe ʼn sneeustorting op die berg plaasgevind het, is gevind.

Serina Rajakan was sedert Donderdag op soek na haar 52-jarige pa, Raymond, wat saam met haar tienerbroer, haar neef en twee ooms na die berg toe is toe ʼn aardbewing in Nepal die sneeustorting op die berg veroorsaak het.

“Ons het met my oom en broer gepraat,” het Rajakan Sondagmiddag gesê. “Dit wil voorkom asof hulle nie die erns van die situasie begryp nie. Hulle is in Luboche. Hulle het [die aardbewing] gevoel, maar nie te erg nie,” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat haar 19-jarige broer steeds met die tog na die basiskamp wou voortgaan.

Die aardbewing wat Nepal Saterdag getref het en lewensverlies in vier lande tot gevolg gehad het, het ook eeu-oue tempels vernietig. Volgens mediaberigte het ongeveer 2 500 mense in die ramp omgekom en reddingspogings gaan steeds voort.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.