Nersa-aankondiging verwelkom

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

AfriSake het Dinsdag gesê die organisasie verwelkom die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se aankondiging dat slegs ʼn algemene tariefverhoging van 9,4% in die elektrisiteitsprys toegelaat word.

Eskom het die energiereguleerder sedert November probeer oortuig dat ʼn 16,6%-verhoging geregverdig is om ʼn tekort in algemene inkomste en sekere uitgawes te dek.

“Nadat ons die openbare verhoor op 4 Februarie 2016 bygewoon het, was ons en die res van die aanwesige rolspelers vol vertroue dat Eskom nie in sy aansoek sou slaag om ʼn 16,6%-verhoging in elektrisiteitstariewe toe te pas nie. NERSA se aankondiging vandag spreek boekdele oor die impak wat Suid-Afrikaners op hul eie toekoms kan hê en ons is ingenome met die uitspraak. Dit is ʼn oorwinning vir almal,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis vir AfriSake, gesê.

Hy het gesê AfriSake is verbind tot die beskerming van die regte van alle Suid-Afrikaners, veral dié in die korporatiewe bedryf. “AfriSake sal voortgaan om ʼn ogie oor elektrisiteitsverskaffing regoor die land te hou en sal nie skroom om regsaksie te neem as Eskom elektrisiteitsverskaffing onderbreek weens munisipale skuld wat nie aan Eskom betaal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael ·

Die depressie van 2016 het begin ,ons nageslagte gaan hopenlik hiervan leer in Geskiedenis

FW ·

Escom vang ons elke jaar so uit hulle benodig ‘n 5% verhoging dan vra hulle vir ‘n 30% verhoging en na ‘n lang onderhandeling aanvaar hulle 10%en ons is te bly oor ons nie 30% hoef te betaal nie …..baie slim

Christo ·

Ek wil graag weet wanneer gaan AFRISAKE kyk na al die onwettinge krag wat gesteel word.Eskom moet eers die probleem uitsorteer voordat hul n verhooging aanvra.

Maddox ·

Hoekom ‘n verhoging meer as inflasie?. Werkgewers gee hulle mense op die meeste inflasie gekoppelde verhogings (as jy gelukkig is), maar al die staats en munisipale dienste styg met baie meer as inflasie… Niks anders as highway robbery nie!!!!!

Dee ·

Waarom sê ander koerante dat dit (‘n gemiddeld van) 12.69% is terwyl dit volgens Maroela 9.64% is? Hoeveel is dit werklik? Dit klink soos ‘n Barcleys-storie.

Topster ·

Teen wat se tarief word krag uitgevoer dis wat ons wil weet en wat het geword van geen betaling tot n baie klein bedrag wat aan die maatskapy voorsien was by Richardsbay smeltery as ek reg kon onthou was dit n billiton storie gewees .So word die arm mense van die land nog armer en armer

vermeende ·

Die verhoging is ver bo invlasie, hoe regverdig NERSA dit?
Verder, as jy in ‘n dorp bly dan kan jy die verhoging verwag maar as jy buite die dorp bly dan is dit veel meer want die verhoging is net op die verbruik van toepassing maar wat Eskom nie se nie is dat dit hulle dierekte klante baie meer kos.
Ons betaal vir die gerief van krag so amper R1500 dan begin ons rekening eers.
Vir die huur van die lyn kan hulle mos die plaas gemeenskap looi met al die hefings en huur wat nie onder NERSA se besluit val nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.