Nersa-besluit ‘roekeloos’, sê VF Plus

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê dit was roekeloos en uiters teleurstellend van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) om Eskom se swak bestuur te vergoeilik deur in te stem tot ʼn kragverhoging van 9,4%.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê die VF Plus is sterk gekant teen die verhoging, veral aangesien Eskom self bekommerd is oor die feit dat sy kliëntebasis deurlopend besig is om te krimp. Die jongste verhoging sal hiertoe bydra, en sal daartoe lei dat al hoe minder kliënte Eskom voortaan sal moet dra.

Hy het gesê die VF Plus is van mening dat Eskom sy interne vermorsing sal moet staak en daarmee saam sy nie-lonende verskaffingskontrakte met die Gupta’s en ander bemagtigingsmaatskappye moet beëindig om weer winsgewend te kan raak.

“Die VF Plus sal sy stem voeg by dié wat antwoorde van Nersa eis oor die verhoging. Dit kan nie langer geduld word dat ʼn klein groepie betalers toenemend gemelk word om te betaal vir staatsbeheerde maatskappye se vermorsing en onbehoorlike bevoordeling van kaders nie,” het hy bygevoeg. “Gesien in die lig van die land se swak ekonomiese groei, is hierdie verhoging uiters ondeurdag en sal dit die land groot skade aandoen. Die VF Plus verwerp dit met minagting.”

Lees alle vorige berigte oor Eskom op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ben Prinsloo. ·

Mooi skoot. Hier by my betaal ek al wat hulle noem line rental R 2000.00. Dit sluit nie my kragverbruik in nie. Wonder of die ekonomie en salarisse (dit is nou nie kadersalarisse ingereken nie) ook gaan toeneem met 9.4%? Jare gelede was daar n advertensie van Agrilek vir die boer om te sê gebruik krag want dit is goedkoop en volop. Hoe nou?

Derek ·

Die regering smile al die pad. Ons betaal meer VAT so daar gaan meer geld wees om te wanbestee en te steel.

Matthew Young ·

Los Eskom krag, so ver as wat dit moontlik is , gaan oor na sonkrag.
My huis is al 80 % af van Eskom krag.
Begin klein en sit dan later net by.(Sonkrag)

CR ·

Jaaa….. kontrakteurs van buite vra tussen R40,000 en R300,000.00 om EEN substasie se gras te sny. Hulle sny 4 x ‘n jaar by elke stasie regoor die land. So ook die skoonmakers in die kantoor. Eskom betaal die maatskappy +- R15,000 per skoonmaker (waarvan die person self net R2,000 kry) en die res word in hulle sake gesteek

CR ·

Jaaa…. die kontrakteurs vra Eskom tussen R40,000.00 en R300,000.00 om EEN substasie te sny – 4x ‘n jaar elke stasie regoor die land. So ook die kantore wat skoongemaak word. Eskom betaal +- R15,000.00 vir een person (waarvan daai person net R2,000.00 self kry). Maak maar die sommetjies…. Daar is oor die 300 stasies in SA

willie ·

ESKOM gaan hulle gaaie sien. Meer en meer mense maak gebruik van son krag en gas.

John ·

Eskom gooi al klaar sy speelgoed uit die stootwaentjie. Ons gaan les opse omdat hulle verhoging gesny is. Ons woongbied het vanoggend al klaar weer ‘n kragonderbreking gehad met die winkelsentrum in donkerte gehul en die kleiner winkels en eetplekke se deure gesluit. ‘n Bedorwe brokkie!

Thys ·

Hierdie verhogings is werklik ‘n manier om die middelklas mense te verarm. Dit is belaglik, want Brandstof en Elektrisiteit het ‘n ernstige rippel effek op die ekonomie. Wanneer hierdie pryse styg, styg amper alles saam….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.