Nersa oortree dalk hofuitspraak

(Foto: Maroela Media)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het versoek dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) moet bevestig of hy munisipaliteite steeds verplig om kostestudies in te dien wanneer hulle aansoek doen vir tariefverhogings.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Oktober 2022 die gebruik van prysbande en riglyne onwettig verklaar. Dié uitspraak het tot gevolg dat munisipaliteite nou kostestudies moet indien alvorens hulle tariefverhogings mag instel.

Die kosteraamwerk is daargestel om verbruikers teen uitermatige hoë tariewe te beskerm. Voorheen het Nersa jaarliks prysbande en riglyne aan munisipaliteite deurgegee, maar die gevolg hiervan was dat munisipaliteite nie die werklike koste van elektrisiteitsvoorsiening hersien het nie. ’n Kostestudie bepaal wat die huidige koste vir die verskaffing van elektrisiteit is en ’n tariefverhoging kan dan meer akkuraat daarvolgens bepaal word.

Dit blyk egter dat Nersa nie gehoor gee aan die hofbevel nie, aangesien hulle kommunikasie aan munisipaliteite gestuur het waar hulle nou ’n nuwe inkomstevereiste-sjabloon aan munisipaliteite verskaf wat hulle kan gebruik wanneer hulle aansoek doen vir tariefverhogings – dít in plaas van die kostestudie soos die hof beveel het.

Volgens Morné Mostert, bestuurder van plaaslikeregeringsake by AfriForum, is die gebruik van ’n goedgekeurde sjabloon eerder as die kostestudie ’n bekommernis aangesien dit kan beteken dat Nersa teenstrydig met die hofbevel optree.

“Ons soek verifieerbare syfers om aan te dui wat munisipaliteite se tariewe behoort te wees. ’n Kostestudie is die beginpunt om munisipaliteite en Nersa in die regte rigting te stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanri ·

Dis erg. Voor die styging 422 eenhede gekry vir R1000, nou na die styging slegs 374 eenhede. Die btw het ook verander van R150 na R130…Ek verstaan dit nie?

Wendy ·

Goedso Afriforum want hier by ons munisip ht ons nou dieselfde gehoor mense kani meer leef ni di regering ht almal verarm bhalwe hulleself – moeni dink almal glo di loadshedding magsbeheer nie

Papsak ·

Ja dit is bietjie erg hierdie heffings daar is nooit water nie praat nie eers van krag nie dienste word nie gelewer nie kyk hoe lyk alles maar hulle wil heffings op sit skud net my kop malligheid regtig ??????

Cassie Carstens ·

Nersa is nie onafhanklik nie en deesdae ‘n karperd van die ANC. Dis tyd dat Afriforum hulle hof toe vat sodat hulle net terug aarde toe kan kom.

Retha ·

Hier in George verskil die eenhede per bedrag soos die weersomstandighede daagliks. Die een deel in die dorp kry meer eenhede vir R500 as ander dele in die dorp. My huishulp het selfs al aangebied om by hul punte vir my krag aan te koop, maar ek haar gesê dit sal nie help nie, want ons nr gaan wys dat dit nie in hul gebied is nie.

Aggie ·

Dit lyk al hoe meer dat ons land nou deur die howe regeer word as gevolg van die anc se korrupte meelopers…

Di ·

En die meerderheid koop prepaid krag onwettige by mense vir “next to nothing” Ek vermoed dat hierdie mense wat die krag so goedkoop verkoop, vir die munisipaliteit werk., hoe anders. Gaan kyk maar op facebook hoe adverteer hulle 1600 prepaid units vir R400????? Tyd dat die munisipaliteite hierdie goed ondersoek wat ons moet ten duurste betaal vir prepaid krag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.