Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal na verwagting Vrydag bekend maak of Eskom se aansoek goedgekeur is om die prys van elektrisiteit vir die 2018/19 finansiële jaar te verhoog.
Nersa het tussen 30 Oktober en 20 November verskeie openbare sittings in onder meer Gauteng en die Wes-Kaap gehou oor Eskom se versoek om kragtariewe vanaf 1 April 2018 met 19.9% te verhoog vir direkte verbruikers, en vanaf 1 Julie met 27.5% vir munisipale kliënte.
Nersa het vroeër vanjaar slegs ʼn 2.2%-verhoging vir 2017/18 aan Eskom toegestaan.
Verskeie drukgroepe het die reguleerder aangemoedig om Eskom se voorgestelde tariefverhoging af te keur.
Kan ons nie ook by Nersa aansoek doen vir ń prys verlaging nie……
27.5% verhoging vir Munisipale verbruikers is kranksinnig.