Nestlé ontken babakos word herroep

Argieffoto.

Argieffoto.

Nestlé Suid-Afrika het Donderdag gewaarsku ʼn valse boodskap doen die ronde dat die maatskappy se piesangbabakos herroep word omdat dit glas in het.

“Ons is bewus van die boodskap, wat meestal op WhatsApp versprei word, wat beweer die maatskappy het verbruikers versoek om ‘Banana Baby Food’-produkte, wat in 2017 verval, terug te neem winkels toe omdat dit glas kan bevat,” het Nestlé in ʼn verklaring gesê.

“Ons wil verbruikers in kennis stel dit is nie waar nie. Die maatskappy het geen produkte herroep nie. Nestlé verpak ook nie babakos in glasbottles nie.”

Volgens Nestlé doen die boodskap sedert 2011 die rondte nadat ʼn spesifieke produk in Frankryk as voorkomingsmaatreël herroep is. “Sedertdien bly die boodskap kop uitsteek met die handelsmerk en vervaldatum wat aangepas word.”

Nestlé het gesê die veiligheid en gehalte van hul produkte is hul eerste prioriteit en verbruikers word verseker dat dit veilig is om te eet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Is dit reg om met die argieffoto ‘n Gerber-produk te betrek by Nestlé of is daar ‘n verbintenis tussen die twee maatskappye? Indien nie, kan dit verwarring tot gevolg hê.

gatiep ·

Daar is meer in as net glas.
Maak jou eie kind se kos regtig nie harde werk as jy lief is vir jou kind nie.

charlene ·

Gatiep ek het nogal die neiging om saam jou te stem, my baba het van Purity se goed geëet maar die minium, ek het self gekook en gevries wat gevries kan word. En nee ek het nie op `n plaas groot geword nie en tans is ek jonger as 30 – en ek werk. so ja ek weet die moeilik om te kook in die week.
Ek is maar net dankbaar die boodskap is verkeerd, ons het hom nogal op die skool se whats up groep van `n ander mamma ontvang…. so daar van `n paar mamma’s histeries…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.