Nét die DA kan ʼn ‘nuwe begin’ vir SA verseker – Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdagaand laat in reaksie op pres. Jacob Zuma se bedanking gesê hy is bly Zuma se “lang en pynlike termyn” is eindelik verby.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê Zuma se bedanking is net betyds om die ekonomie van die land te probeer regruk aangesien meer mense as ooit “werkloos is en in armoede leef”.

“Zuma het toegelaat dat korrupsie floreer tot die punt wat dit ons land amper heeltemal vernietig het. Dít sal vir ewig sy skandelike nalatenskap wees,” sê Maimane.

Maimane sê dit was duidelik dat Zuma selfs in sy bedankingstoespraak nié verantwoordelikheid wou aanvaar vir sy “optredes wat die land skade berokken het nie”.

“Zuma moet nou gedwing word om die 783 strafregtelike aanklagte teen hom te trotseer. Daar mag geen amnestie of immuniteit vir hom wees nie. Nadat die ANC uiteindelik gedoen het wat die party byna drie jaar gelede moes gedoen het, verwag ons dat hy vervolg sal word vir geregtigheid om te seëvier.

“Zuma laat ʼn diep spoor van korrupsie wat elke deel van die regering en die vervolgingstelsel binnegedring het. In die lig van die ANC wat besluit het om Zuma die trekpas te gee, moet die party ook ander korrupte enkelinge soos DD Mabuza, Ace Magashule, Pule Mabe en talle ander uit die party skop,” sê Maimane.

Volgens hom moet nuwe wetgewing ingestel word wat bepaal dat enigiemand wat aan korrupsie skuldig bevind word, ʼn minimum van 15 jaar tronkstraf opgelê moet word. Hy het ook geëis dat die polisiediens daadwerklike stappe moet doen om weer sy beeld van ʼn “beskermer” te herstel.

“Alle tekens van Zuma se toekomstige korrupsie was daar reeds voordat hy tot president verkies is. Nou kyk die land na Cyril Ramaphosa om ons te red van ʼn man wat hy en die ANC beskerm en ondersteun het. Ons moet só iets nooit weer toelaat nie.

“Ons glo dat die nuwe president ʼn mandaat van die publiek benodig, en dat Suid-Afrikaners hulself moet uitdruk oor die vraag of die ANC vertrou kan word om korrupsie aan te pak. Daarom het ons ʼn beroep gedoen op die ontbinding van die parlement, saam met ander opposisiepartye. Slegs ʼn DA-regering kan die nuwe begin bring wat Suid-Afrika so desperaat nodig het,” sê Maimane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Sarel Strydom ·

Ek sien geen sterk Politieke Leier met ” guts” en integriteit wat ons benodig nie.

Louis le Roux ·

Die DA het nie ‘n kans om te regeer nie. Maimane is ‘n windlawaai wat besig is om sy eie party te kelder.

L ·

Geregtigheid Alida, en DA kan nie in dieselfde sin gebruik word nie! Verraaiers is die DA! Betoog voor Hoerskool Overvaal…is dit die soort geregtigheid waarvan jy praat? VFP…maak oop jou oe en ore skat.

Willie ·

Ja nee ek stem.. die leier wat korrupsie, moord, roof en diefsta bekamp sal my steun kry… Maar dink nie dit gaan dekade gebeur nie..

Peet ·

Die ANC het elke keer as daar n mosie van wantroue teen Zuma ingesien was vir Zuma bly beskerm.
Nou het hul presies dieselfde rede gebruik om Zuma te dreig om te bedank!
Is dit nie goed genoeg rede om die ANC hof toe te neem met die rede dat hulle nie die vermoë besit om die land te regeer nie.
Dalk kan daar n saak van n mosie van wantroue teen hulle ingedien word?!
Dit kom op niks anders neer nie…

pb ·

Musi…ek het al vir jou gestem…jy en jou party sal moet wakker skrik met Cyril…julle lyk maar tweederangs en skree soos hadedas heeldag. DOEN bietjie iets sinvols vir n slag…

CAROL ·

Ja nee ek stem saam. Het verlede jaar vir hul (DA) gestem – nie weer nie!

jack daniel ·

DA is soos vuvuzelas! Maak meer lawaai as wat hul regtig iets produktief kan doen!
Meer bek as binnegoed!
Nie lus vir nog a ‘bluffer’ se gekef nie.

Hans ·

Mandaat van die mense, water mense word hier van gepraat? Ek reken moet eerder wees tot voordeel van die land Siud Afrika. Mens moet nou begin om daadwerklik al die vrot takke uit te sny sodat die boom weer goeie vrugte kan dra. Moeraal is moeral laag, begin daar. Laat die wat vasgekeer word wat die wet oortree sukses vol vervolg word en gelyke strawwe uitgedeel word en sie tronk moet nie n plesier oord wees nie. Ek weet dit is baie gevra en ja ek wil so graag sien dat dit gebeur, ek mag seker hoop en droom, hopelik bly dit nie net daar nie. My negatiewe kant sê dit is tog net waar dit gaan bly. Proof me wrong please!!!!!!!!

Pfft ·

Mmusi, jy is duidelik nie die antwoord nie, jy’s n goeie weers “leier” draai jou rug op die DA wanneer dit jou pas, ek stem eerder glad nie, voor ek weer vir julle sal stem.

Rupert Ashford ·

En as die DA ooit aan bewind kom en Mmusi die prez, kan julle ons waarborg dat dit beter sal gaan? Hulle uitsprake bemoedig mens nie eintlik nie.

Eish ·

Die seun het meer probleme as wat hy kan hanteer. Dalk maar eers bietjie introspeksie hou. Hy sit hoeka met sy eie zumpie wat nie te sleg vaar in die hof met n koste bevel teen die party nie.

kat ·

Die DA het ‘n pateties leierskorps en is anti Afrikaans .
Het nog nooit vir ons opgekom nie en het ook nie TEEN plaasaanvalle gepraat nie.
Nou dit se alles.
De Lille en Zille het uiteindelik geval – en wat het hulle nou juis beteken?
Die hele lot beteken niks.

Louis le Roux ·

Maimane is sy party se grootste vyand. Groot lawaai, weinig wol.

wraggies ·

Ek kan net saamstem pb, hulle kan nie eers hul self behoorlik regeer nie, met verwysing na die De Lille saga onder andere.

Boet Fasie ·

Die binne gevegte by die DA gaan ook tot hulle eie ondergang lei, Maimane jy sal moet onthou dat die persone soos Zille en De Lill wat die DA gelei het tot groot sukses ook die party ‘n gevoelige slag by die stembus kan gee, ek glo dat die dames beskik oor baie lede wat saam met hulle gaan loop .

Jacques Venter ·

Pb
Wat is die “sinvol” iets wat Maimane moet doen?

pb ·

sterk leiding aan sy party…nie rondspring en emosioneel kritiseer nie. Cyril het hom somr vinnig kortgevat…speler vir die grandstand! Sorteer ook die weskaap uit…as weskaap val is die res vd land weer anc…musi en DA is vas aan die slaap

Hannelie ·

En zuma gaan nou agteroor sit en kyk hoe het hy die land opgefoeter. En hy sê hy het niks verkeerd gedoen nie. Eish!! Ook maar lekker blind vir sy eie foute. Maar die wiel draai, stadig maar seker.

Anoniem ·

Mnr. Maimane, so het die ANC óók almal vertel en probeer oortuig dat SLEGS hulle ‘n “nuwe begin” vir Suid-Afrika kan verseker. Kyk al die ellende om ons, dit is ANC se nalatenskap tot op hede. Raak so bietjie rustig met jou uitlatings en WYS ons wat jy kan doen. Jy het nog ‘n lang pad wat voorlê. ;-)

Willie ·

Mmusi is `n groter gevaar vir SA as Zuma, die man is `n wolf in skaaps klere.
Hy raak ontslae van al die top DA bestuur sodat hy met die ANC kan saam smelt.

Word wakker mense!

Anoniem ·

Sal nooit weer vir die DA of enige ander party stem wat die boervolk wil vernietig nie. Die DA sal presies doen wat die ANC doen . Ek voel soos n verraaier omdat ek vir die DA gestem het in die verlede maar het gelukkig tot besinning gekom . Kyk maar wat is hul uitkyk dan sal jy sien hul sieninge loop hand aan hand met die ANC, EFF en ander organisasies wat grond vergrype wil toepas.

CAROL ·

Toemaar ek ook – maar ‘ONCE BITTEN – TWICE SHY” ek sal ook nie weer nie

Fanie ·

So waar maar ons leer deur ons voute gaan defenitief nie weer ons koppe stamp nie

Peet ·

Mmusi ek stem saam met jou hou aan veg vir ons asb
Jy praat darem sinvol

Jacques Venter ·

Aai Danien
Met respek gesê. Jy verstaan nie mooi die politieke dinamika nie. Die EFF en BLF skreeu onteiening sonder kompensasie.

As Cyril dit nie sê nie, sal hy as n puppet van WMC gebrandmerk word.

Ek kan my bietjie geld op die spel plaas dat Cyril nie gaan grond gryp nie

Jakoba ·

die plase gaan onteien word hou op om in ontkenning te leef.

m.d.r. ·

JammerMmusi, maar ‘n “nuwe begin” met met Regstellende Aksie, BEEE ens. sal net ‘n voortploetery op die ANC se paadjie wees…..
Julle steun mos Regtsellende Aksie en sulke onderdrukkende maatreels, of hoe?
Julle is mos vol van die nuwe “NASIE”—watse nasie het julle in gedagte..?Een waar 9% tweedeklas burgers moet wees….sonder werk en wie liefs moet emigreer….?

rollie ·

Regstellende aksie is nodig om die ongeregtighede van die verlede (sien die rassisties en onmenslike apartheidstelsel wat die meerderheid ekonomies uitgesluit het) reg te stel. Moet gedoen word, hou op sanik.

Jasper ·

Die enigste sterk en rasionele leier is die VF+ se Pieter Groenewald

Vermeende ·

Hierdie DA leier het klaar n paar lelke blapse op sy wag gemaak, ek voorsien dat die DA gaan krimp tenkoste van die ANC met CR aan die stuur.
Die laaste blankes wat nog DA gaan stem moet maar mooi besin want hy is besig om te vervel tot n COPE, VF+. Die DA het sy angel verloor en is besig om te stagneer, selfs die arogante EFF toon meer vernuwing en n plan is sigbaar, dit ontbreek by die DA leiers.
Die ANC se plan vir die 2019 verkiesing het begin om van Zuma ontslae te raak wat baie steun gaan werf. Die grondwet moet verander word voor grond gevat kan word, hoe gaan die DA dit troef? Gaan hulle weer vir die blankes lieg om steun te kry?
Die DA maak homself dood.

Oujongvrou ·

En vir wir gaan nulle nou stem as dit nie die DA is nie. Ek glo julle sal seker nou weer n boere party stig en stem. En half persentasie stemme kry. Die DA of EFF gaan bo uitkom, stem maar vir wie julle wil. Ek persoonlik sal maar nie EFF ondersteun nie

Vermeende ·

Jacques Venter jy kan reg wees maar ook verkeerd, die grondwet moet eers verander word en daarvoor is n 2/3 meerderheid nodig.
Die ANC het klaar onteiening sonder vergoeding laas jaar met die kongres as beleid aanvaar, dit kom maar nie voor die grondwet verander is nie. CR sal die mandaat waarvoor hy daar is tot uitvoer moet bring, hy is nie staatshoof in sy eie wil nie kaar verkies deur die ANC kongres.

Gerhard ·

Ek weet nie of ek so vinnig sal se die grondwet moet verander word nie. Sommige mag dalk se die grondwet moet verander word sodat daar nie meer in Afrikaans opgelei word nie. Tog weet ons dit is nie waar nie of hoe?

Ben ·

Die DA wat my aanbetref het ook gesneuwel omdat hulle die blankes al lankal die rug toegekeer het . Hulle is onder dieselfde sambreel as die anc/eff en andere.
Neewat hou verby – ontbreek erg aan leierskap en vooruit beplanning.
Gaan net oor homself – het dit klaar bewys.

Oujongvrou ·

Christa hoeveel van jou eie mense is nog hier. Al stem Elke liewe een van hulle vir n party van ons mense dan is dit n klaaglike druppel in die emmer. Dink tog n bietjie verder

Boerboel ·

Dink nog n bietjie verder Oujongvrou. Geen party behalwe die ANC sal ooit minstens 50% steun kry nie. Die toekoms is koaliesie regerings soos in Wes Europa en die VF Plus kan n junior vennoot in koalisie met die DA wees en hul dwing om Afrikaners se belange te respekteer. Die DA sal nooit alleen regeer nie.

Leon ·

Ag asseblief… Die DA,’s… Daar is geen verskil tussen DA Se beleid en die ANC nie. Al hierdie politieke partye het verskuilde agendas, jy kan geen een van hulle vertrou nie. Hulle moet almal in hulle hel in vlieg met hulle BEE en heksejag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.