Net een pasiënt sterf aan Covid-19 – minister

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig Suid-Afrika het slegs een sterfte weens die nuwe koronavirus. Die toetsuitslae van die 28-jarige vrou van die Wes-Kaap het negatief teruggekom.

Die departement van gesondheid het vanoggend gesê twee vroue, onderskeidelik 48 en 28 jaar oud, het weens die virus omgekom. Die departement het egter die jonger vrou se toetsuitslae omstreeks 17:20 ontvang wat bevestig het dat die vrou nie Covid-19 gehad het nie. Haar familie het ook negatief getoets.

“Dit beteken dat daar dus net een bevestigde sterfte weens Covid-19 in Suid-Afrika is ,” het Mkhize nou in ʼn verklaring bevestig.

Die minister verduidelik dat die pasiënt met Covid-19 aan ʼn longembolisme gely het. Dit beteken dat sy ʼn onderliggende siekte gehad het. Die vrou is intussen as Madeleine van Wyk identifiseer. Sy is ten tyde van haar dood in die Durbanville Mediclinic behandel.

Volgens Mkhize was die tweede pasiënt wat oorlede is ’n vermoedelike geval van Covid-19 op grond van haar kliniese voorlegging. Volgens klinici wat haar behandel het, het sy Donderdagaand met asemhalingsnood by die hospitaal aangekom. Sy was in dié stadium hipoksies – sy het dus nie genoeg suurstof in haar weefsel gehad nie.

Luidens die verklaring is die vrou geïnubeer en vanoggend omstreeks 03:00 na ʼn ander hospitaal oorgeplaas. Sy is met haar aankoms in die hospitaal se waakeenheid dood verklaar.

Die minister het verseker dat die klinici nie vir die verkeerde diagnose verantwoordelik gehou kan word nie aangesien hulle bedag op Covid-19-gevalle moet wees sodat ʼn geval nie misgekyk word nie. “Dit kom gereeld in die praktyk voor dat ʼn diagnose op grond van ʼn kliniese voorstelling en ʼn ondersoek op die pasiënt gedoen word.

Die virus wat Covid-19 veroorsaak (Foto: NIAID-RML via AP)

“Ek wil daarom erkenning aan al ons dokters, verpleegsters en gesondheidswerkers gee wat hierdie pasiënte behandel het,” het Mkhize gesê.

Maroela Media het vroeër vanaand berig altesaam 1 170 bevestigde gevalle Covid-19 is tot op hede in Suid-Afrika aangemeld. Altesaam 55 van dié pasiënte word in ʼn hospitaal behandel, van wie vier in die waakeenheid van ʼn hospitaal behandel word. Drie pasiënte is in dié stadium aan ʼn ventilator gekoppel, het die minister bevestig.

Altesaam 31 pasiënte het reeds van die virus herstel.

Luidens die verklaring neem Covid-19 onder mense met onderliggende mediese toestande toe. Diegene met MIV/vigs, chroniese longsiektes, outo-immuunsiektes, chroniese niersiektes, kanker en diabetes behoort dus waaksaam te wees en kontak met ander mense te vermy.

Volgens Mkhize is bejaardes, rokers en diegene wat van alkohol afhanklik is ook kwesbaar vir Covid-19. ʼn Bejaarde vrou (81) wat in ʼn ouetehuis in KwaZulu-Natal woon, is een van die pasiënte wat tans aan ʼn ventilator gekoppel is. Sy het longontsteking opgedoen.

Plaaslike oordrag neem ook toe, sê die minister. Talle wat vroeër vandeesmaand ʼn kerkbyeenkoms in Bloemfontein bygewoon het, het reeds positief vir Covid-19 getoets. Eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, ACDP-LP Steve Swart en die prediker Angus Buchan is onder diegene wat positief getoets het nadat hulle die byeenkoms bygewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

daniel ·

Ek hoop nie SuidAfrika gebruik toetsstelle ingevoer vanaf China nie, want dit is 70^ verkeerd.

007 ·

Hy wil ons nie die waarheid vertel nie. Daar is meer mense dood, in Bloem.

DieKriek ·

Mag nie fopnuus versprei nie. Pasiënt 1 wat oorlede is se man weet nie hoe sy die virus opgetel het nie, China se toetsstelle is foutief, die jong verpleegster wat oorlede is met Covid-19 simptome toets negatief. Bly tog net by die huis en kry n kiem fobie.

Etienne ·

Baie dankie Maroela Media vir die grafiese voorstelling van die Corona epidemie… dit sal gaaf wees as dit elk dag op julle hoofblad verskyn.

Johan Venter ·

Maroela, miskien kan julle hierdie onderstaande ‘prentjie’ by Jerm uitkry dat hy hierdie tragiese vir ons in ‘n ‘spotprent’ saamvat.

Die ANC-regering het die mense en die ekonomie vir 25 jaar versaak. Ek kry die swaarkry mense in hierdie tyd oneindig jammer, veral daardie wat van die straat af lewe. Ek sien in my geestesoog hoe een, met ‘n gesigsmasker op, in die yslike verlate stad alleen by ‘n verkeerslig staan, maar daar is nie ‘n kar in sig nie, nie ‘n siel nie!

antieke antie ·

ek vertrou nie hulle verslae nie…. wie tel?…. ek glo daar is meer… wie is die herstelde gevalle en waar?…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.