Net een uit vier lugmagvliegtuie ‘diensbaar’

‘n Oryx (voor) en Augusta van die lugmag. (Argieffoto: Hermus Venter)

Pres. Cyril Ramaphosa, opperbevelvoerder van die weermag, sal dringend moet ingryp om die voortgesette ineenstorting van die land se verdedigingskapasiteit te stuit.

“Ons is uiters bekommerd dat Suid-Afrika se militêre vermoë tot so ʼn mate versleg het dat ons geen sinvolle verdedigingspoging sal kan loods as die situasie hom voordoen nie,” sê Kobus Marais, die DA se woordvoerder vir verdediging.

Armscor het in ʼn voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging ʼn donker prentjie geskets van die land se lug- en waterkapasiteit.

Tans is net een van die land se vier fregatte en geen van sy duikbote diensbaar nie.

SA Lugmag

By die lugmag lyk sake in hierdie stadium ook erg beroerd, met minder as ʼn kwart van die lugmag se vliegtuie wat diensbaar is. Dié toedrag van sake word onder meer toegeskryf aan die lugmag se krimpende begroting, beperkte kapasiteit binne die lugmag om vliegtuie in stand te hou, verouderende infrastruktuur wat al hoe meer instandhoudingswerk verg, asook ontwrigting weens die Covid-19-pandemie.

Só lyk die lugmag se hulpbronne tans:

  • Net vier van die lugmag se altesame 11 Rooivalke is diensbaar, net 17 van sy 39 Oryx-helikopters en net een van sy vloot van ses C130’s is diensbaar.
  • Nie een van die vier Lynx-helikopters is diensbaar nie, slegs een van die drie Falcons is diensbaar, en die lugmag se Boeing Business Jet (BBJ) is ook glad nie diensbaar is.
  • Wat betref die Gripens, vegvliegtuie wat die staat tydens die omstrede wapentransaksie aangekoop het, is nie een van die 26 vliegtuie diensbaar nie. Twee van die vliegtuie kan nie meer ekonomies bekostigbaar herstel word nie en 11 van die vliegtuie word op die langtermyn gestoor.
  • Van die vloot Hawk-vliegtuie, wat vir vegvliegopleiding gebruik word, is net drie diensbaar. Drie van die vliegtuie kan nie ekonomies bekostigbaar herstel word nie en 12 word op lang termyn gestoor.
  • Daar kan net met een van die lugmag se drie King Air 200-vliegtuie gevlieg word, terwyl die King Air 300 gestoor word.
  • Wanneer na die breër prentjie gekyk word, is net 46 van 217 van die lugmag se vliegtuie en net 27 van sy 87 helikopters diensbaar.

Lt.genl. Wiseman Mbambo, hoof van die lugmag, het die situasie as “verskriklik” bestempel. “Die grootste kommer is die verwikkelinge wat ons rondom Denel sien. Dit veroorsaak groter druk en risiko by die lugmag.”

Denel, wat weens staatskaping nou byna op sy knieë is, is die oorspronklike vervaardiger van die meeste van veral die lugmag se helikopters.

Denel het onder meer die Rooivalk vervaardig en ondersteun die lugmag met die diens van sy C130’s.

Rede tot kommer

“Wat ons op die horison waarneem is rede tot groot kommer vir ons. As Denel ondergaan het ons ʼn baie klein kans, ruimte om te beweeg… hoe gaan ons aanhou sake doen as Denel ondergaan,” het Mbambo gesê.

Marais waarsku al geruime tyd teen die geleidelike verval en sê as die situasie voortduur, gaan daar van die land se vloot en lugmag later net ʼn water- en lugvleuel oorbly.

“Bykans al die toerusting wat ingevolge die wapentransaksie aangekoop is, word geraak en die meeste daarvan kan nie gediens word nie,” sê Marais.

“Suid-Afrika se vloot en lugmag is in hierdie stadium niks anders as maklike teikens nie en dit lyk of daar weinig politieke wil is om dit reg te stel.”

Weens die land se gapende grense en die politieke beroeringe in sommige buurlande – met terreur in Mosambiek wat veral kommerwekkend is – kan daar nie net toegekyk en gehoop word dat dinge gaan verander nie, sê Marais.

“Dit is tyd vir die president, die ministers van verdediging, finansies, openbare ondernemings en die hoofde van al ons gewapende magte om in te gryp om die amperse verwoesting van ons weermagtoerusting te stop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

MakersMark ·

“What is wrong with the aeroplane”? – “She is not working – “Why”? – “I don’t know”….standaard antwoord.

piet ·

Ek reken daar is meer onwettige wapens in omloop as wat daar wapens in die weermag is.

Samuel ·

Rusland gaan seker SA help ingeval van oorlog?

Totale onbevoegdheid.

Misky ·

Kuba gaan ons seker probeer red en saam onder die bed wegkruip

Di ·

NET SO! Hulle het mos hierdie KADERS skelm opgelei gedurende Apartheidsjare

Pieter9 ·

Verantwoordelikheid, onderhoud, beplanning en meriete is nie ‘comrade’ taal nie…kan dit slegter gaan? Seker, hulle is tot alles in staat solank dit nie gaan oor bou, verbeter, groei en innovasie nie.

Stephen ·

As Jan Van Riebeeck nie in die Kaap geland het in 1652 nie was die wiel nog n uitgevind in SA nie, en het Harry se nasate nog steeds op die strand gebly.

Anel ·

As dit nie so tragies was nie, kon dit eintlik skreeusnaaks gewees het. Van ‘n eens op ‘n tyd ‘n wereldklas weermag tot ‘n noks. Ons het die wêreldbekende Rooivalk ontwerp en vervaardig. Iets waarop die res van die wêreld uiters jaloers was. En nou? Ons is die bespotting van die wêreld!!! Tot Lesotho sal ons kan binneval en daar sal nie ‘n vinger veroer word nie. Want niemand die wat die kennis het, is nie meer in bevel nie. En xuma lag te lekker vir wit olifante waarvoor hy so baie gekry het!!!

Cobus ·

Was altyd die resultaat wat verwag kon word, tog the majority have spoken in 92!!

Johannes_64 ·

China is darem seker bereid om die lugmag se vloot teen billike koste te vervang.

Anoniem ·

Dit sal seker ‘n multi miljoen rand transaksie vir die lewering van 4 tjoepskuite wees.

PieterJ ·

Ons het mos nie meer vyande nie, is maatjies met al die kommies en terries. Dis hoekom hulle eerder die geld “vir ander doeleindes …” aangewend het.

Anoniem ·

Die res van die personeel wat die primêre funksie moet ondersteun kan dus ook 75% gesny word.

Anoniem ·

Hoe het die deeltydse pastoor wat nie eers ‘n vlieënier is nie Hoof van die 2de oudste Lugmag ter wêreld geword? Die verval in die SALM het al jare gelede begin met “fast tracking” van sekere personeel om sleutel posisies te vul. Kwalifikasies en ondervinding is van die tafel gevee en die gevolge daarvan sou altyd later uitdop as ‘n mislukking.

Karel Kobus Kruger ·

Dit het begin toe Rooi Roelfie die kanarie minister van verdediging geword het. Laaaaaank gelede.

Frank ·

Vir die honderdste keer: korrupsie van miljoene/mijarde rande = hoogverraad teen die land en sy bevolking. En moet daarvolgens gestraf word.

Hendrik ·

Die oplossings vir is so ooglopend. Stel bevoegde mense aan sonder BEE en AA inmenging. Sluit korrupte toe.

marius ·

Dankie tog . Wil nie een van die goed in my tuin optel nie ….

Kaptein ·

Wat n skande. Dit help nie hulle probeer Denel red nie. Al die vaardighede is weg. Die mense wat die werk gedoen het is weg. Die groep van Denel wat die vliegtuie onderhou , se werksplekke is oorgroei van vuilgoed.
Dit is n skreiende skande. Eens die beste weermag in Afrika en trots van menige Suid Afrikaners is nou net n ” flying club ” en ” sailing club “

Anoniem ·

Kort op hulle hakke is die “stap klub” en “panado klub”

Perdeby ·

Wel ons gaan kry motorfietse in wat die “kliente” nie weet wat is fout nie, wil nie ry of start nie, en wanneer jy dit oopmaak is daar geen battery in nie.!!!!!!!!! Wanneer hier ‘n oorlog moet wees, gaan ons almal in ons pekie wees, want ons weermag is in sy pekie in.

Witbaard ·

Instandhoudingswerk se fondse word as salarisse uitbetaal.

Vernon ·

Stom geslaan. Dit kom nou van regstellends aksie..kry vir julle!!!

SwartBees ·

Een oplossing – Haal die anc uit Denel en kie uit! Raak ontslae van die dooie hout en stel mense met kennis aan.

Swerwer ·

Die hele land het reeds ineengestort as gevolg van die Regerende party, waar gehasie die verdedigingskapasiteit te stuit. SEE NO EVIL, HEAR NO EVIL, SPEAK NO EVIL…..Evil bestuur/beheer die land

casper ·

Hulle kan darem nog surfers van die strande af hou as die polisie hulle help!!

Jacobus ·

Gen Mbambo jy is toerekenings vatbaar – punt.
Snaaks hoe die “buck stops here” karakters in die regering net hulle skouers optrek. Sluit antie Pat in. Skandalig verby! Paar dekades gelede is sulke persone voor ‘n vuurpeloton gesit – in kommie lande nog steeds.

Nommer 7 ·

Ten minste word een van die onseewaardige duikbote se kombuis nog gebruik vir kosmaak, hoor ek.

AndrewL ·

Algehele onbevoegdheid.

Daar word links en regs geskenke uitgedeel. As dit nie kader ontplooiing is nie, is dit BBBEE vereistes met die hoogste koste en laagste vaardigheid. Dan natuurlik al die ander gratis geskenkies soos gratis die en daai, nou ook gratis internet gebruik.

Verder word die belastingbetalers minder

Miskruier ·

En dan die top struktuur, een kolonel vir honderd en tagtig troepe. Die wereld lag vir ons.

Herman ·

Swem paddatjie, swem… Die water begin kook… Of wat praat ek alles, cyril… Dit is mos die strategie en plan van meet af aan. Ontplooi ‘n klomp kadawers, laat vergaan alle stelsels stelselmatig tot niks, hou die gepeupel onopgevoed, onopgelei, ongekwalifiseerd, oningelig, al hoe meer afhanklik van toelaes. Voer hulle met vals propaganda, sweep hulle op teen ons, voer hulle met nog meer toelaes, ens, ens, ens… En in die proses moet die kadawers nie vergeet om hulleself maksimaal te verryk nie…

Cobus ·

Vra jouself die vraag, skiet mens die leeu in die dieretuin wat iemand byt? Of soek jy die persoon wat die hok oopgemaak of oop gelos het? Wie het SA se deur opgelos sodat ons nou sit waar ons sit?

SjN ·

Die vervalling het reeds lank voor Covid ingtree, onbevoegdheid is die oorsaak.

Pierre ·

niks anders verwag nie, kyk na die die poskantoor dit is die stempel van wat in die regereing aangaan.

Boeretroos ·

Maar nog steeds is daar n weermag om ander lande te gaan help metvredes operasies , Vir Wat vra ek jou.
Die Tekens van die tye is alreeds sigbaar vanaf 1994

Cobus ·

En was voorspel deur die minderheid, nou is almal baie baie ontsteld en verbaas.

FrikkievV ·

Wiseman ken nie van ‘maintenance’ nie.
Dis eintlik goed want as die oorlog eendag begin sal die regering niks he om mee terug te veg nie. So dit sal vir ons almal dieselfde wees.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Hier in die ANC se kommunistiese Mzansi National Democratic Society Useless Anumal Farm het ons nie ‘n weermag, vloot of lugmag nodig nie. Ons enigste stryd is om Economic Freedom.

Cobus ·

Welkom in die reenboog droom? Vertel gou weer wat het mense verwag/gehoop om te gebeur? Hierdie toedrag was voorspelbaar vir diegene wat aksies = reslutate kon raaksien.

Furds ·

Wonder hoeveel voertuie is diensbaar…want as jy op die pad is en weermag voertuig ry verby jou dan is die verf besig om af te dop, die ligte is gebreek of uit, die karre het duike in, en mens kan duidelik sien geen trots word gehandhaaf in die instandhouding van die voertuie. Hoe slaag die drywer om die voertuig uit die loots te ry as die voertuig nie padwaardig is nie? Sover ek kan onthou moet daar inspeksie(K53) op voertuig gedoen word voordat dit loots mag verlaat. Wonder maar net…..

SomeOne ·

dan kry jy nog van die “mag” se voertuie wat naweke op en af in die strate rondry, in my area !!!!

Martin ·

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se ontplooiing in sekere Afrika lande soos die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en Mosambiek moet gestaak word – ons land het nie voldoende fondse om ons eie weermag aan die gang te hou binne ons eie landsgrense nie en nou wil ons regering wys “hoe goed hulle is deur te kruip vir punte deur deel te probeer wees” van die Verenigde Nasies (VN) Stabiliseringsending in die Demokratiese Republiek van die Kongo (Monusco). Ons lugmag se 2 Dakota’s en Samil 50’s uit die laat 80’s is op gereedslag vir ontplooiing na Oekraïne, die troepe kan solank hulle rugsakke begin pak. Ek sê altyd sort eers jou eie dinge uit voordat jy ander mense gaan help, hoe dom kan ons regering nie wees nie…

Jan Seerot ·

Van een van die beste vegtende magte ter wêreld, die eens trotse SAW, bly net ‘n skaduwee oor.
Ek is trots om te kon dien in die destydse elite magte.
Saluut alle veterane van die SAW. Dit was goed om te kon lei en te dien.
VASBYT!

Di ·

Die Polisie en Weermag was eens op ‘n tyd ons TROTS! Dis om van NAAR te word as jy sien watse patetiese spul dit nou is. Tipese AFRIKA land waar als ten gronde is.

Eclectus ·

Nie een Gripen diensbaar nie? Snaaks, want so twee, drie weke gelede het een baie fluks vir ‘n paar dae oor Pretoria rondgevlieg en selfs een middag teen sterk skemer fakkels afgevuur oor Waterkloof LMB. So óf hierdie berig is nie 100% akkuraat nie óf die lugmag moet uitvind wie vlieg hier rond.

Swerwer ·

Wel, wat kan verwag word as die “nuwe” lede in die SANDF opgeneem is met ‘n slaagsyfer van 2% vir basies na 1994. Toe ons opleiding gedoen het was ons min slaagsyfer 80%. Na 1994 het alles verval. Instandhouding is tog 1ste prioriteit.

Willem Wikkelspies ·

Hier sien mens duidelik die verskil tussen ‘n verbruikers kultuur en ‘n verbouings kultuur.
Dit blyk dus duidelik dat die Westerse verbouings kultuur nie versoenbaar is met die Afrika verbruikers kultuur nie.
Die old Afrika sê ding ‘Die Kongo rivier het altyd water ..’ maak dat dit amper onmoontlik is vir dié in beheer om skielik te begin dink dat hulle moet oppas, bewaar en voortdurend instand hou, want dit is nie deel van die kern van hulle agtergrond nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.