Net handvol kleinsakeondernemings kry hulp

(Foto: Kelly Sikkema/Unsplash)

Die bevindings van ʼn opname van die Nasionale Kleinsakeraad (NSBC) wat onder duisende kleinsake-eienaars gedoen is, dui op reuseuitdagings en probleme vir die eienaars van kleiner sakeondernemings. Die opname is op 4 en 5 Mei onder meer as 6 500 ondernemings landwyd gedoen.

Die land is steeds in ʼn landwye staat van afsondering, hoewel daar Vrydag na vlak 4 afgeskaal is. Die probleme wat dit vir duisende ondernemings veroorsaak, gaan na verwagting verder vererger tot vlak 1 of vlak 2 bereik word – eers dán sal die meeste van dié ondernemings toegelaat word om weer sake te hervat.

“Een van die kommerwekkendste probleme vir kleinsakeondernemings is die onvermoë om verligtingsfinansiering te bekom. Volgens die opname het net 6% uit die 53% van kleinsakeondernemings wat om hulp aansoek gedoen het, dit wel gekry,” het Mike Anderson, stigter en uitvoerende hoof van die NSBC, gesê.

geld 4

(Argieffoto)

“Die redes hiervoor wissel tussen swak of geen reaksie [op aansoeke], onnodige kriteria om daarvoor te kwalifiseer en ʼn lang, omslagtige proses.”

Die meeste kleinsakeondernemings het aangedui dat hulle reeds ʼn kontantvloeikrisis ondervind, of binnekort een gaan ondervind.

“Die regering moet dringend administratiewe rompslomp uit die weg ruim en die hulpverligtingsproses bespoedig sodat die finansiering vir kleinsakeondernemings landwyd beskikbaar sal wees.”

Die studie het bevind talle ondernemings het reeds werkers begin aflê. Maroela Media het vroeër berig volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is daar net in April meer as 20 000 mense afgelê. Dit is ’n styging van 9% in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

Die opname het bevind:

  • Net 8,5% van ondernemings kan op vlak 4 sake doen;
  • 75% van ondernemings sal eers op vlak 2 en vlak 1 weer kan sake doen;
  • 53% van ondernemings het aansoek gedoen om hulp;
  • 6% van diegene wat aansoek gedoen het, was suksesvol;
  • 94% van ondernemings ondervind reeds kontantvloeiprobleme, of sal binnekort;
  • 63% mense is reeds of word binnekort afgelê;
  • 79% verwag dat hul ondernemings nie die pandemie gaan oorleef nie, of is onseker daaroor;
  • 53% voel dat die regering nie doeltreffend oor die afsonderingsregulasies kommunikeer nie;
  • 57% is verward oor wat hul ondernemings mag doen tydens die afsonderingstydperk.

“Ons pleidooi aan die regering is om meer doeltreffend te kommunikeer, alle verwarring uit die weg te ruim en duidelikheid te verskaf oor hoe en waar kleinsakeondernemings weer kan heropen. Dit is belangrik om die hulpverligtingsproses te verfyn en te bespoedig en die finansiering aan kleinsakeondernemings landwyd beskikbaar te stel,” het Anderson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Ja, nê. En hier by ons gaan die onwettige immigrante steeda aan om karwsgte te wees. En die asblikgrawers het weer ons strate vol geloop. Maar ondernemings wat belasting aan die staat betaal en our people van werk voorsien, mag nie oop maak nie en mag nie geldelike hulp ontvang nie. Komuniste!!!

Harry

So ironies, veral in die lig van die bydraes wat hierdie sektor toevoeg tot besgheid in SA.

Ons het geen beskerming teen sulke terugslae behalwe dit wat ons self bymekaar moes maak. Kry diegene wat nie reserwes het uit my hart jammer.

Hou asb julle integriteit hoog. Ek weet van kleuterskole wie nogsteeds ouers vereis om bydraes te betaal terwyl hulle vir hulle personeel se om vergoeding te gaan eis by die WVF.

Piet

Een woord: skandalig.

Kosie

Hoe lank gaan ons die staat nog onbeperkte beheer oor ons lewens gee, en dit as gevolg van die totaal oordrewe virus storie? Wat kan die staat doen as almal op die strand gaan loop, of al die besighede net oopmaak. Die e-tol sage het tog getoon dat die staat eintlik niks kan doen as genoeg mense hulle net nie meer aan die staat steur nie. Mense wat bang is hulle word siek, is mos heeltemal geregtig om in huisarres te bly? Moet die hele ekonomie vernietig word oor ‘n regering wat magsbehep is? Is dit nie tyd dat ons… Lees meer »

Jaco

ek weet wit besighede word nie gehelp nie, want hulle moet tot in ewigheid vir apartheid gestraf word. maar die syfers in hierdie berig skep die indruk dat selfs baie BEE besighede nie gehelp word nie. Iets groots maak dus nie sin nie. hoe kan ‘n swart regering dan sy eie ras ook in die rug steek?