Net kwart van leerders slaag by Mandela se ou skool

‘n Skool in Xhorha in die Oos-Kaap. (Foto: Groundup/Manqulo Nyakombi.)

Net 25% van die leerders aan die Healdtown Comprehensive High School naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap het die 2019-matriekeksamen geslaag. Dié skool wat in 1855 deur Metodiste-sendelinge begin is, het deur die jare roemryke alumni opgelewer, insluitend oudpres. Nelson Mandela, Goven Mbeki, pa van oudpres.Thabo Mbeki, en Robert Sobukwe, stigter van die PAC.

Sou dié leiers verlede jaar matriek geskryf het, sou hulle slegs een van vyf uit die 20 matrikulante wees wat geslaag het. Die skool het in vorige jare ook nie veel beter gevaar nie. Volgens die departement van basiese onderwys se matriekverslag het sewe uit 30 matrikulante (23%) in 2018 die eindeksamen geslaag en in 2017 kon slegs sewe uit 29 matrikulante (24%) daarin slaag om ʼn matrieksertifikaat te verwerf.

In 2010 was die skool se slaagsyfer volgens die departement se syfers nog 75% – 12 van die 16 matrikulante het die eksamen daardie jaar geslaag.

Gr. 12’s van Xhentse Senior Secondary in die Oos-Kaap. (Foto: Groundup/Manqulo Nyakombi)

Die Oos-Kaap se slaagsyfer het egter sedert 2011 met amper 20% gestyg, van 58% in 2011 tot 76,5.% in die 2019 eksamen. Angie Motshekga minister van basiese onderwys, het verlede week gesê die Oos-Kaap is die provinsie waarvan die slaagsyfer die afgelope jaar meeste verbeter het, van 70,6% in 2018 tot 76,5% in 2019.

Dit is egter nie waar van sommige skole in die Oos-Kaap nie. Die mees onlangse matriekverslag wys dat Kulile Junior Secondary School se slaagsyfer met amper 10% afgeneem het van 57,9 % in 2018 na 48,1% in 2019. Lonwabo High School se slaagsyfer het amper halveer van 41% in 2018 na 26% in 2019.

Die drukgroep Equal Education sê onderwys in die Oos-Kaap het grotendeels ineengestort. “Duisende leerders gaan steeds skool in modderhutte, oorvol klaskamers en skole sonder behoorlike toilette of elektrisiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

KO ·

Op die foto lyk dit of daar n paar honderd kinders in die een klaskamer is. Die regering moet begin skole bou.

**anoniem** ·

KO, die probleem is, die skole wat gebou word word weer afgebrand. As ek die regering was sou ek ook nie skole gebou het nie. Alle skole, klinieke en geriewe wat gebou word, word uiteindelik weer deur dieselfde mense wat daarvoor gestaak en gevra het in die volgende staking geplunder en afgebrand.

Kobus ·

Nie verbasend nie. In die eerste foto het die tafels nie eers tafelblaaie nie!

Sarie ·

Die skrywer glo Mandela en Govin Mbeki sou een van die gewees het wat sou geslaag het, sy is dalk verkeerd en het uit die oog verloor die standaard is vandag geweldig hoog en dis baie moeiliker vandag om te slaag as in die verlede.

Ìs dit ·

Wel die slaag syfer is 30% en matriek is niks werd nie. Vorige jare met die “makliker matriek” het mense darem werk gekry. Btw wie in jou gesin het matriek gedruip in 2019 dat u dink dis moeilik.

Johann cb ·

Die syfers word kunsmatig “aangepas” ter wille van sogenaamde statistieke!

Sarie ·

Johann cb my opmerking was skertsend bedoel, ek het nagelaat om dit so aan te dui.

Loun ·

Ag my genade, daardie eerste foto is darem so hartseer……toe die tafels die dag afgelaai is het hulle seker net die pote afgelaai…..waar is die tafels se blaaie…..lekker vuurmaakhout…..

aj ·

Wat gaan die matrikulante met hulle sertifikate doen?

Die tersiêre “worsmasjien” voer?

Op die belastingbetaler se koste? (dis ek en jy!)

Net om 5 jaar later (mét ‘n graadsertifikaat) werkloos in die strate rond te dwaal … en babas te verwek ….

Vir wie se onderhoud die belastingbetaler gaan betaal … (dis ek en jy!)

…. en so aan … en so voorts ….

Maljan ·

Uit eie ondervinding van munisipaliteite, verkeersafdeling, binnelandse sake, dink ek dat die onnies van die skole, in egte anc tradisie, n salaris kry sonder om daarvoor te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.