Net ʼn wrak van die Suid-Afrikaanse vloot is oor

Lede van die Suid-Afrikaanse Vloot tydens vanjaar se vieringe van Gewapende Magte-dag (Foto: Verskaf)

Die gesamentlike militêre oefeninge van Suid-Afrika, China en Rusland wat Vrydag ʼn aanvang langs die KwaZulu-Natalse kus geneem het, het opnuut aan die lig gebring in watter benarde toestand die Suid-Afrikaanse Vloot is.

Kenners meen die vloot kan op byna geen vlak van funksionering nog sy rol vervul nie en dat hierdie ʼn sekuriteitsgaping laat.

“Dit is eintlik skokkend hoe uitgelewer ons is indien enigiets sou gebeur,” sê Kobus Marais, die DA se woordvoerder vir verdediging.

Te min vaartuie

Dit wat volgens die Suid-Afrikaanse Vloot op sy bateregister is en dit wat in ʼn bruikbare toestand is, verskil wêrelde van mekaar, sê Marais.

Die vloot kon net-net daarin slaag om twee vaartuie na die huidige militêre oefening te stuur. Dit is vir alle praktiese doeleindes die enigste twee funksionerende vaartuie wat die Suid-Afrikaanse vloot op die oomblik het. Die toestand waarin dié vaartuie is, is boonop bedenklik.

Al drie Suid-Afrika se duikbote – die SAS Charlotte Maxeke, SAS Manthatsi en SAS Queen Modjadji l – is volgens Marais nie dienswaardig nie. Dit beteken onder meer dat instandhouding en middellewevervangings so afgeskeep is, dat hulle nie eintlik meer bruikbaar is nie.

“Opgraderings vir die duikbote kom neer op ʼn bedrag van R400 miljoen tot R450 miljoen elk,” sê Marais.

Verder het ons net-net een funksionerende fregat (oorlogskip), SAS Mendi wat tans die militêre oefening in Natal bywoon.

“Die ander drie fregatte, SAS Amatola, SAS Isandlwana en SAS Spioenkop, is so te sê gekannibaliseer vir parte om SAS Mendi seewaardig te kry om aan die oefening deel te neem,” verduidelik Marais.

Al vier Lynx-helikopters wat die fregatte vergesel kan ook nie meer vlieg nie weens voortslepende probleme met die bevestiging van onderhoudskontrakte.

Wat aanvullingsvaartuie betref, is SAS Drakensberg deel van die militêre oefening, hoewel daar baie vrae is oor haar vermoë om dié rol werklik te vervul.

SAS Protea, die vloot se navorsingskip, word na verwagting ook volgende jaar vervang, siende dat dié vaartuig ook lank reeds verby haar leeftyd is.

Al drie kuspatrollievaartuie wat tans nog op die bateregister is, moes eintlik reeds uit diens gestel word. Hierdie drie vaartuie word vervang met die splinternuwe veeldoelige patrollievaartuig SAS King Sekhukhune I – ʼn goeie vaartuig, maar nog in haar seeproeftydperk, wat beteken dat sy eintlik nog nie funksioneel kan wees nie.

Marais meen die vaartuie waarmee ons buite ons maritieme gebied gepatrolleer, is ook lank reeds te oud om te funksioneer – die regering kan egter nie bekostig om dit uit diens te stel en vervang nie.

Dit geld ook vir die mynoorlogvoeringvaartuie.

Die Suid-Afrikaanse Vloot het onlangs sy teiken vir voltooide seeure weens begrotingstekorte drasties verlaag na 8 000 uur per jaar. Die departement van verdediging het egter verlede Woensdag in sy prestasieverslag vir die tweede en derde kwartaal van die huidige boekjaar bevestig dat hy nog net 26% hiervan voltooi het – met slegs een kwartaal vir die jaar oor.

“Die departement sê dit is omdat hy nie genoeg beskikbare funksionerende vaartuie het nie. Hierdie vlakke van onbeskikbaarheid dui aan hoe groot die probleme werklik is,” sê Marais.

Onderbefonds en onderpresterend

“Die geld is op,” meen prof. Theo Neethling, hoof van politiek en regeerkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.

Volgens Neethling het Suid-Afrika se begroting vir verdediging ná 1994 geleidelik afgeneem.

“Tans word net 0,7% van die BBP aan verdediging bestee, wat beteken die vloot kry ontsettend swaar. Die vloot sukkel nie net om sy vaartuie in die water te hou nie, maar ook met die nodige opleiding om dié vaartuie te kan bedryf.”

Hierdie is boonop ʼn veel kleiner persentasie van BBP as wat lande soos Algerië, Uganda, Botswana en selfs Namibië aan hul verdediging toeken. Volgens Neethling is begrotingstoewydings vir verdediging net nie meer ʼn prioriteit vir die Suid-Afrikaanse regering nie.

Prof. Francois Vreÿ, emeritus professor in krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch, stem saam:

“Die oorlogvoeringrol is waar die vloot tans regtig sukkel. Om daardie rol te vervul, het jy bepaalde insette nodig wat insluit geld, kundigheid en die bedryfinsette van die krygstuigbedryf. Dit is geweldig duur en baie beperk – en die vloot kan bloot nie daarby uitkom nie.”

Neethling meen die vloot is net nóg ʼn slagoffer van wanbesteding en korrupsie.

“Die huidige regering kry twee goed nie reg nie: Om die geld behoorlik en netjies aan te wend sonder dat daar korrupsie is en om die ekonomie te laat groei. Die vloot betaal maar die prys van die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse ekonomie.”

Vreÿ sê die vloot sal nie gou reggeruk kan word nie:

“Om ʼn hoogs gespesialiseerde omgewing soos die vloot met hoë tegnologiese platforms en bemanning te herstel, moet jou begrotingstoekenning eksponensieel groei. In Suid-Afrika gaan verdediging nie hierdie groei in begroting sien nie.”

Noodsaaklike rol onvervuld

Beide Neethling en Vreÿ is van mening dat ʼn vloot onontbeerlik is vir die behoorlike funksionering van ʼn weermag.

“Die vloot is een van die afdelings in die weermag wat die wydste rolle moet vervul. Vanaf offensiewe -en defensiewe oorlogsvoering, tot polisiëring en selfs die vervul van diplomatieke rolle,” sê Vreÿ.

“Die Suid-Afrikaanse Vloot is kwalik daartoe in staat om die offensiewe en defensiewe rolle te kan vervul, wat eintlik die bestaansreg van die vloot behoort te wees.”

Volgens Vreÿ is dit veral die gevegsrol wat op die oomblik ernstig geknou word.

Dit beteken egter nie dat Suid-Afrika op die oorlogspad is of moet wees nie – gevegsgereedheid spreek bloot van ʼn land se vermoë om homself veilig te hou.

Vreÿ sê weens Suid-Afrika se geopolitieke posisionering en politieke invloed in Afrika, behoort hy ʼn streeksrol op die vasteland te vervul. Dit sluit in die handhawing van plaaslike sowel as streeksveiligheid.

Neethling stem saam.

“Ons sit met ʼn geweldige probleem in die noorde van Mosambiek. Ons besef dit nie altyd nie, maar die insurgensie wat daar plaasvind is die naaste wat ons nog aan groot onstabiliteit gekom het in Suider-Afrika die afgelope tyd.

“As ʼn mens kyk wat rondom Mosambiek aangaan, sal jy sien daar is geweldige handelsroetes vir al die verkeerde dinge, soos enorme dwelmhandel.”

Die inploffing van die Suid-Afrikaanse vloot laat ʼn groot leemte in dié verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

Grens ·

Daar is darm genoeg generaals aangestel. Miskien kan hulle uitswem en ons verdedig.

Windhond ·

As jy kyk na hulle lywe – dan hoef hulle nie te swem nie, hulle kan maar net uit dobber met n spanner en dan die oposisie se skeeps skroewe verwyder sodat hulle nie ons kus kan aanval nie

Matmiet ·

Ek vind dit ironies dat beide die SAS Charlotte Maxeke en die Charlotte Maxeke hospitaal buite werking is. Wat sou Charlotte sê oor hierdie nalatenskap wat aan haar naam gekoppel is?

Errol ·

Nog n’ “Good Story to Tell” vir die anc, wat n’ skande!

Anel ·

Nou kan mens verstaan hoekom Sjina en Rusland hier is. En dit is om sommer net oor te vat. Ons het dan niks!!! Hulle stap aan walnmet hul hordes mense en wat gaan ons kan doen? Kan nie eens ‘n kleinhuisie verdedig nie!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Vrees eerder ander Afrika lande. Rwanda se leër word opgelei deur Israel en is nou sterker as die SA leër. Angola se lugmag beskik oor moderne Chinese vegvliegtuie.

TruthDealer ·

Ek dink as hulle wou, kon Rusland of China ons Lankal gevat het. Maar hulle redeneer seker so: “Wie wil met Daai hool opgeskeep wees?”. Ons minerale en strategiese geografiese posisie is seker al rede waarom hulle ons enigsins by BRICS ingesluit het, as n terloopse gerieflikheid om soms by aan te klop.

Windhond ·

Maria van Riebeeck sou al drie die “nuwe” koninklike duikers pakslae gegee het sonder om eers haar bemanning te laat sweet

Hannes ·

Met die ANC aan stuur van sake is daar net ‘n wrak van Suid Afrika se eens-floreerende ekonomie oor!

Raadsman ·

Wonder vir wie gaan ons om hulp vra as Rusland besluit om ons waters te annekseer.
‘n Onbetroubare ANC is veronderstel om te weet dat die Russe nog minder vertrou kan word – wat ‘n klomp onnosele mense in regering wat vir Rusland wys wat hier aangaan in ons militere front.

TruthDealer ·

Die Russe en elke ander land weet lankal ons Het nie n funksionele weermag nie. Hulle kan lees en sien en hulle het Intelligensie departemente wat..wel..INTELLIGENSIE het. Almal lag vir ons sogenaamde “Defence Force”. Hulle neem ons nie oor nie want hulle wil ons nie hê nie.

Heinrich ·

Ongelukkig het ek lankal my sin vir humor met hierdie narre verloor, dis nou baie meer van ‘n ramp as ‘n sirkus.

Pieter9 ·

Hierdie foto is tekenend van die verval – geen uniformigheid , geen kohesie bloot net swak.

Martie ·

So ofen-oefen sien China en rusland hoe maklik SA binnegeval en oorgeneem kan word.

Dirk ·

China en Rusland besit klaar vir SA met alles wat die ANC en EFF aanvang.

Di ·

STEM – ANC het reeds so baie geld geleen wat hulle eersdaags gaan sukkel om terug te betaal en DAN word ons land gevat vir al die onbetaalde SKULD

Papsak ·

Ag asb moenie last ek lag nie dit n vloot noem nee man gaan speel dit lyk gaga

Manie ·

Die minister oorweeg seker sinkbaddens met Briggs & Stratton engines.

Old no7 ·

Ek wonder wie sal ons nogal wil binneval…..julle is verniet bekommerd.

Daizee ·

Kan iemand net vir my sê wat het van daai miljarde se wapentuie geword wat tot gevolg het dat ons as land vandag nog steier daaronder??!!!!!

Hennie ·

Die “Weermag” is al vir dekades slegs ‘n werkskeppingsprojek vir die cANCer. Verdediging was nog altyd n sekondêre rol. VIVA…..

Kobus ·

En volgende jaar vertel Rampposa dat die oefening een die suksesse en hoogtepunte van die jaar is. Maar onthou, na die oefening gaan daar groot makietie gehou word. Ons regering is gelukkig baie bekwaam as dit my onthaal kom.

Suzette ·

Mmm nou weet almal hoe “paraat en bevoeg” hierdie land is ….. Sal my glad nie verbaas as Rusland of China nog hierdie land oorneem nie. Hier is alreeds soveel chinese – en in elk geval sal die uiters bekwame regering van hierdie land nie eens tweekeer huiwer om die land weg te teken, net solank hulle genoeg geld in hulle sakke het nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Moenie verbaas wees indien China ‘n reuse vlootbasis naby Richardsbaai gaan bou nie.

Elméne ·

Afgesien van die feit dat dit so maklik soos “val uit die boom” om ons land oor te neem tov. “militêre” oefening, skuld die anc grap van ‘n “regering” die skrefies ogies so baie geld, dat hulle te enige tyd ons land kan “reposes”!!!!!!! Sonder dat daar skoot geskiet sal word. Wat ‘n GRAP!!!

Annelize ·

Nie net die vloot nie, van die hele land is daar net ‘n wrak oor….. Nog ‘n suksesvolle failure, proudly brought to you by the ANC.

kragaap ·

“she is not working”
“But why, what happened”?
I don’t know…….”

Standaard antwoord.

Vanessa ·

Wat het van ons land geword. Mag God ons genadig wees. Ons land gaan ten gronde. Alles verval. Al die harde werk voor 1994 was verniet. Net God kan ons red!!!

Marius ·

Ek is seker daarvan dat dit n wereldrekord is dat n land in 30 jaar van “hero tot zero” gaan.
Die beste weermag in die wereld tot n totale verval – baie dankie aan die terroriste aan die stuur!!!!!!

Alex ·

Die Lugmag het ook geen diensbare veg vliegtuie nie. Dit wat daar is, is speelgoed teenoor wat die wereld het.
Weermag wat trots was op grond aanval voertuie van 30 jaar terg is ook niks van oor nie.

Met een vliegtuig draer van n ander land in die see kan SA oorneem sonder om baie moeite te doen. Dis hoe erg dit nou gaan met ons weermag. Geld is mag en nie verdediging nie.

Prikkie ·

Alex, daardie woord “diensbaar”, is soos musiek in my ore. Dit sê presies in watter toestand die voertuig/masjien/vliegtuig/skip is.

En die teenoorgestelde “ondiensbaar” is net so pragtig beskrywend.

Helaas is meeste van dit wat SA het uitgedien/verouderd/ondiensbaar. Jammerlike dag.

Alex ·

Stem saam met jou, Prikkie. Alles wat ons gehad en baklei het voor is weg. Geen trots meer nie

Ruby ·

Ek kan my net indink hoe moet Rusland en China in hul mou lag vir SA se vloot.

Soos talle ander instansies, was dit ons trots wat nou ‘n verleentheid is.

TruthDealer ·

Everyone feels like watching a comedy show sometimes.

Elméne ·

Ek persoonlik dink nie dat Rusland OF China in hul mou lag nie – hulle lag sommer openlik!!!

Mnr De Beer ·

Suid Afrika het te veel vet en onbevoegde Generale in die huidige weermag as die res van die wereld. Klomp kader aanstellings wat nie na die weermag kan omsien nie. Is besig om op belasting betalers se sous trein te ry.

Werner ·

Dankie tog! Die laaste ding wat ons nodig het is die ANC met ‘n sterk weermag

André ·

Ek dink nie iemand is verbaas nie. Niks is meer belangrik vir die ANC behalwe om die lede ryk te maak nie.

André ·

Nou kan ‘n mens verstaan hoe Siener kon voorspel het dat Amerika ons moet beskerm met hulle vloot, eendag in die toekoms.

Chris ·

Ons hoef nie te vrees vir enige land wat ons sal of wil binneval nie. Die ouens stap net in en is besig om reeds oor te neem. Die enigste ou wat SA binne geval het was Samora Machel. Ek wat het hy bereik.

TRP ·

Mens het net nodig om bietjie terug te blaai in die geskiedenis en te kyk na WO II om te sien hoe belangrik ‘n vloot eintlik is, maar as jy ‘n regering het wat dit nie verstaan nie en enige geskiedenis anders as hul eie, verwerp, verwag mens te veel dat hierdie vloot ooit weer sal funksioneer.

Casper ·

Hoeveel dae sal ons weermag kan staan teen ‘n land soos Nambabwe,hoogstens drie dan is dit goodnight,goodbeye god bless.

Henry ·

is daar enige iets vandie regering wat nie n mislikking was in die laaste 30 jaar nie

Andre ·

China en Rusland is nie hier vir oefeninge nie, hulle is hier om dubbel seker te maak hoe maklik dit is om die land te vat.

WILLEM ·

Wat in RSA werk nog behoorlik. Geen onderhoud, geen vervanging, net verval. Waarvoor betaal ons dan belasting??

OW ·

Ek wonder hoe lyk die offisiersmenasie en manskappe se kwartiere vandag in Simonstad en Saldanha baai.In my tyd daar was dit eerste wêreld standaarde van ‘n bevare seeman tot ‘n Admiraal.

Pieter ·

jammer om te se maar as Zimbabwe besluit hulle val ons more aan, is ons in die moeilikheid

Samuel ·

Verbaas dit enige persoon nog dat die SA Vloot net ‘n wrak is van wat dit was? Buiten dat die cANCer in beheer van alles is, wie bedryf die vloot? Onkundige mense. Suid-Afrika is in die grond in bestuur.

Heinrich ·

Verdomp, daar is ongelukkig iets hier en daar iets wat werk; so transformasie is nog nie voltooid nie – viva ANC. Op hierdie stadium sal dit welkom wees as iemand ons inval en elektrisiteit bring om hulle toerusting te hardloop en funksionele teerpaaie vir hulle wapentuig. Ons sluit onsself in elk geval reeds toe elke aand.

Franz ·

Ons wonderlike regering kon daarin slaag om te doen wat die vorige regerings nie kon reg kry nie,en dit is om die land geheel en an in duie te laat stort.Meer generaals ens,en meer ingeneurs vir Eskom,wat n grap.

Jacques ·

Beste van alles is wanneer die paw paw die fan tref dan spaander al wat generaal met sy span in alle wind rigtings in want die krag is af want ons hoe glad nie worry ons Verdedigings magte is top notch ????????

Patch ·

Snaaks hoe daar geld is om jaarlikse lugskoue te hou by lugmagbasisse maar alles wat ons land benodig om ons teen ander lande te beskerm kan nie eers instand gehou word nie, wat nog te sê van kwaliteit opleiding soos vroeër jare.
Ek sou graag wou weet wat kos dit om een SA vegvliegtuig ‘n paar rondtes oor Waterkloof Lugmagbasis te laat maak tydens ‘n lugskou. Wat ‘n mors van ons belastingbetalers se geld!

Sandra ·

Dit is baie hartseer. Dat drie ander fregatte gestroop moes word om een aan die kompetisie te laat deelneem. Die SA vloot was altyd die beste. En die man het dit baie goed gestel dat die huidige regering met twee goed gefaal het en dit is om die geld behoorlik en netjies aan te wend sonder dat daar korrupsie is en die land se ekonomie die duiwel in te stuur. Baie sad

Mallie ·

Mens kon dit verwag het. Niks kan onder fie regering voortbestaan nie. Hulle weet nie van onderhoud en instandhouding nie.

Mariana ·

Moeilik om woorde te vind om hierdie regering mee te beskryf. Dat ‘n land so kan verval dat daar niks oor is nie. Niks om oor trots te wees nie. Net kriminele. Want dit is wat oorgebly het……’n kriminele regering met al hul minions. Skreiende skande

Eugene ·

Ek lees nou die berig van ons vloot. Dis uiters swak. Ek het nie woorde nie. Suid-afrika het geen kans op oorlog nie. Dit maak nie saak op land, see en lug nie. Minister van verdediging is useless.

Aai ·

Die ANC gaan ons almal verwoes hulle glo niemand wil die land oorvat dit is hoekom alles vervalle raak.

PersHeks ·

Wat ‘n sirkus!! Die wangetjies is blinker gepoets as die skoene!!

lodewyk ·

Al wat die ANC kan doen is om die skepe se name te verander ,verder niks,net soos die straat name,dorps name en stede,maar alles gaan agteruit ,op die oomblik sal enige eiland met kanoes ons kan wen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.