Net paar ure oor voor baardman se baard dalk waai

Meyer le Roux (Foto: Buffelsfontein Baard-olie)

Meyer le Roux, medestigter van Buffelsfontein Baard-olie, kan dalk binne ʼn paar ure sonder sy bekende welige baard wees – dít is as die publiek vandag nog hand diep in die sak steek.

Maroela Media het vroeër berig Le Roux het verlede Vrydag tydens ʼn onderhoud op die gemeenskapsradiostasie Pretoria FM onderneem om sy baard af te skeer ten bate van Helpende Hand se kosblikkieprojek – as R250 000 vir dié projek teen Vrydag 6 April ingesamel word.

“Ons het teen gister 10:00 nog net R18 100 ingekry, so ons is nog baie ver van die doel af. Die afsnypunt is vanaand 24:00,” het Le Roux Vrydag aan Maroela Media gesê.

Margolé Riekert, projekbestuurder van Helpende Hand se Kosblikkie-projek, het gesê hulle is wel baie dankbaar vir die geld wat reeds ingesamel is. “Al die geld wat ingesamel word, is steeds geld wat ons nie gehad het nie. En dit dra by om vir behoeftige kinders ’n gesonde bord kos te gee,” het sy gesê.

Riekert het gesê hulle het die publiek se hulp nodig, omdat die behoefte al groter word. “Die behoefte dié jaar is aansienlik groter as vorige jare. Amper 30 meer skole as verlede jaar het aansoek gedoen om deel van die Kosblikkie-projek te word. Die behoefte raak al groter. Elke bydrae help,” het sy gesê.

SMS die woord “bord” na 39950 (SMS’e kos R2 elk) om by Helpende Hand aan te sluit.
Jy kan ook die woord “bord” na 38969 stuur om dadelik R10 by te dra tot ’n gesonde bord kos vir ’n behoeftige kleuter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martins ·

Ek stem 100% saam met Koos ,daar word baie liefdadigheidswerk vir afrika kinders gedoen veral van die buite lande maar nie so baie vir ons blanke kinders nie, daarom sal ek seker maak om my deel te bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.