Net private belegging kan Poskantoor nou red

Nie net het die Poskantoor ʼn netto verlies van R591 miljoen vir die tweede kwartaal van die 2021/’22-boekjaar gely nie, hy skuld Post Bank boonop R2,2 miljard. (Foto: SA Post Office/Twitter)

Nie net het die Poskantoor ʼn netto verlies van R591 miljoen vir die tweede kwartaal van die 2021/’22-boekjaar gely nie, hy skuld Post Bank boonop R2,2 miljard.

Selfs meer kommerwekkend is die getal misdade – hoofsaaklik diefstal en inbrake – wat die Poskantoor in dié tyd R62 miljoen gekos het. Die getal misdaadvoorvalle by poskantore het van 569 tot 1 818 toegeneem.

Solly Malatsi, die DA se woordvoerder oor kommunikasie, sê dié syfers, wat in ʼn parlementêre portefeuljevergadering bekend gemaak is, volg op onthullings dat die Poskantoor sy verskaffers ʼn half miljard rand skuld.

“Hoewel die ANC ʼn ongesonde teenkanting het teen enige private oorname van staatsinstelling, kan hy nie langer weens sentiment aan die Poskantoor bly vasklou nie. Dit het duidelik geword dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor dringend beleggings uit die private sektor benodig om dit te red voor dit heeltemal in duie stort,” sê Malatsi.

Dit maak geen sin om voort te gaan met volle besit van die Poskantoor, terwyl hy deurlopend bewys het hy is nie in staat om winsgewend te wees en te voldoen aan die mandaat om ʼn volhoubare en betroubare posdiens te lewer nie.

“Gegewe die geskiedkundige gebrek aan wins, ondoeltreffendheid en voortgesette verval van die Poskantoor, gaan nostalgiese staatsbeheer of herwinde burokratiese omkeerplanne niks doen nie om die entiteit in ʼn moderne, funksionele en betroubare posdiens te verander wat mense se vertroue sal terugwen as hul voorkeurdiens.”

Malatsi sê die DA gaan elke moontlike parlementêre proses gebruik én hom beywer vir die gedeeltelike verkoop van die Poskantoor aan die private sektor om miljoene rande in reddingsboeie te spaar en die instelling tot sy voormalige doeltreffendheid te laat terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Grens ·

“Good Luck” om ‘n beleger te kry wat in daai bankrot ding gaan bele.

Willem ·

Ek het gister my verkeersboete daar betaal. So ek het nou privaat belegging gemaak

Suzette ·

Iets wat die posduif vervang het en wonderlik gewerk het tot na 1994…..

marius ·

Tee tyd en tee tyd en tee tyd todat jy dood gaan van honger voor jy hoor hulle is “off line” Dis wat dit is .

Anel ·

Aangesien geen staatsdepartement meer behoorlik funksioneer nie en deur die privaatsektor onderhou word, kan ons nie maar die regering ook privatiseer nie? Dink net hie baie gaan ons spaar!

Dries ·

Ek dink dit sal sukkel gaan om n belegger in die regering te kry.

mattk ·

Hoe hartseer is dit nie om te sien hoe die ANC sedert sy oorname ñ totale gemors gemaak het van alles nie. Dit is deur die jare bewys dat hulle nie finansiële bestuur kan toepas nie en glad geen benul het van instandhouding nie. Hulle weet hoe om geld oral te leen en wêreld wyd bakhand te staan, maar nie om terug te betaal nie…. maak skuld om skuld te betaal en dan verdwyn die geld.

BOKKIEBEK ·

En net WIE sal in die bankrot instansie wil bele….waar jy jou geld instort en steeds geen se sal he, oor hoe dit aangewend moet word, wat daarmee gemaak moet word.

JohanR ·

Nog ‘n ANC sukses storie! Die Poskantoor het goed gewerk in 1993. Die lugreedery verwoes, die treine verwoes en met petrol wat in April seker R2L gaan kos vinnig op pad op die pad dienste te verwoes….Viva ANC, Viva Cosatu, Viva SACP nou @Voertsak die lot van julle!

Danny ·

Wat is nuut… Alle staatsinstansies gaan op die ou-end geprivatiseer moet word om enigsins iets te redde te wees.. En dit gaan steeds ONS baie geld kos, ongeag. Trek altyd aan die korste end!!

Hennie ·

Beleggings uit privaat sektor? Dink die staat ons in noole? Sal nie vir hulle Covid invested spoeg gee om ‘n serl te plak nie!

Derick ·

Gelukkig gaan hulle baie geld spaar noudat hulle nie meer pos in Rusland gaan aflaai nie….clowns

Kokerboom ·

Het regering GEEN gewete? Verkoop ding vir 1c en skryf skud af! Privaatsektor SAL dit omswaai.
Oja..dank alle pertsonnel af en doen geselekteerde heraanstelling

melaney ·

Stem saam. Maar geselekteerde heraanstelling? Ek wil dit nog sien.

Nie Verbaas ·

Laat gaan elke onbeholpe en onbevoegde werker van die poskantoor, stel bekwame persona met integriteit aan en dinge sal regkom. Raak ook ontslae van Cele en sy kriminele elemente in die polisie en stel daar ook bekwame persona aan. Ongelukkig word bogenoemde instansies tans deur totaal onbevoegde BEE lede beman en dit sal nooit regkom met hulle in beheer nie.

Heinrich ·

Niks kan die Poskantoor red nie; maar nie saak of jy vars geld in die dieselfde kader ontplooide staasdiens-ingestelde ANC bende instoot nie. Die algehele ingesteldheid sal moet verander van staatsdiens na professioneel; en dit sal nooit gebeur nie.

Swerwer ·

Wonder wie gaan so onnosel wees om in ‘n bankrot ANC Kader geld te belê. Solank die B-BBEE in hierdie land koning probeer kraai sal absoluut niks regkom nie. Dit is deur en deur bewys en nog steeds ploeg hul voort om die bietjie wat nog staande is te verwoes/vernietig.

Magda ·

Begin on di regering te privatiseer, Dan gesels ons weer, MAAI WAT JY SAAI

Roebs ·

Sodat hulle dit weer kan vat. Of ewe skielik is dit net weg ahahahaah no way

Nick ·

Wat het geword van daai kader antie wat so ‘n paar maande gelede bree bors op Carte Blanche vertel het hoe SY die poskantoor gaan red? Seker ook maar net weer geskep en gewaai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.