Net span al nouer om Guptas

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het verdrae oor uitlewering en gemeenskaplike regsbystand oor strafregtelike kwessies onderteken.

Michael Masutha, minister van justisie, en sy eweknie van die VAE, sultan Saeed Al Badi, het Dinsdag die ooreenkomste in Abu Dhabi onderteken. Volgens Masutha het Suid-Afrika en die VAE in 2010 met onderhandelinge oor die verdrae begin.

“Die verdrae sal die twee lande in staat stel om mekaar by te staan in die ondersoek en vervolging van misdade deur middel van wedersydse regshulp en die uitlewering van vlugtelinge. Die departement van justisie onderhandel tans met drie ander lande vir soortgelyke verdrae in ooreenstemming met sy jaarlikse prestasieprogram,” het Masutha gesê.

Die DA het intussen die ondertekening van die verdrae met die VAE verwelkom en gesê dit beteken dat die plekke waar die omstrede Gupta-familie kan wegkruip al minder word.

Natasha Mazzone, die DA se skaduminister van openbare ondernemings, het gesê die Guptas kan nou finaal uitgelewer word en antwoord op bewerings van staatskaping.

Volgens Mazzone sal die DA aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, skryf en haar versoek om ʼn dringende sitting van die parlement aan te vra sodat die verdrae ingevolge die Grondwet bekragtig kan word.

Mazzone het gesê daar is egter niks wat Suid-Afrika keer om te versoek dat die Gupta-broers en hul vennote uitgelewer word terwyl die proses aan die gang is om die verdrae in die land se wetgewing in te sluit nie.

“Die Guptas het met hulp van die selfvoldane en mislukte ANC onbelemmerde toegang gekry tot miljarde in openbare geld. Toe hulle tyd uitloop, het hulle gevlug om aanspreeklikheid te vermy.

“Die Guptas het vir te lank minagting vir die wet getoon en aanspreeklikheid ontduik nadat hulle die land se staatsondernemings droog gemelk het.

“Hulle moet nie toegelaat word om weer te vlug en weg te kruip nie Dit is tyd dat hulle terugkom na Suid-Afrika en die gevolge van hul optrede in die oë kyk.”

Die Guptas word daarvan beskuldig dat hulle hul persoonlike bande met oudpres. Jacob Zuma misbruik het om onregmatig invloed uit te oefen op die regering en staatsbeheerde organisasies. ʼn Kommissie van ondersoek na staatskaping is tans aan die gang om vas te stel wat die onvang van die omstrede familie se invloed was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Landsburger ·

Dit sal een MAGTIGE poging van die regering moet wees om daardie geslepe skurke hier te kry om te kom verduidelik.
Maar sterkte.!!

zoom zoom ·

SA kan nie eens vir zuma en sy kaders in die tronk kry nie hoe de duiwel wil hulle die guptas in SA kry vir hofsake.

Johan ·

Die Guptas het nie die ruggraat om self na SA te kom om hulle self te verdedig nie. As hulle niks verkeerd gedoen het nie, hoekom kom bewys hulle dit nie. Nee, natuurlik kan hulle nie, want hulle is skuldig. Net skuldiges hardloop weg.

Sal hulle uitgelewer word – “never in your life”. Te veel “maatjies van die Guptas” steeds in ANC se bestaande top strukture.

Die balju moet maar toeslaan op Saxonworld – dalk ietsie terugkry alhoewel dit ook maar net ‘n druppel in die emmer sal wees.

Steve ·

Why would the AnC want to do that? If the Guptas start spilling beans the whole AnC will crumble… Do you honestly think they are still in Dubai after this announcement? They will just find the next safe haven

Jammer Gat ·

You are right Steve, How do the other political parties get the anc followers to realise that the anc has (and still is) misleading them. Their believe in the anc is scary and to say the least, it seems that the majority of the anc followers cannot see or reason, that the anc is no good and should go. Is this because of the zulu factions in the anc?

Phillip ·

Aag gaan net borg kry vir R10 en dan is hulle maar weer vort met die wegsteek vliegtiug altyd n plan B

Cherokee ·

Kyk of daar nie ‘n video-clip opgespoor kan word waar die Guptas iets gesê het wat met k begin. Dàn sal hulle hulle gejag word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.