Net span stywer om Mbalula 

Fikile Mbalula. Foto: ANA

Die vervolgingsnet span al stywer om die ANC se verkiesingshoof en voormalige minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula.

Dit blyk uit ’n antwoord van adv. Michael Masutha, die minister van justisie, grondwetlike ontwikkeling en korrektiewe dienste, op ’n skriftelike vraag in die parlement deur die Cope-LP Deidre Carter.

Carter wou by Masutha weet of die Nasionale Vervolgingsgesag besig is met die ondersoek, waarvoor die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, opdrag gegee het, na die geldbronne vir vakansies wat Mbalula saam met sy familie onderneem het terwyl hy nog minister van sport en ontspanning was.

Masutha se antwoord is dat die nasionale direkteur van openbare vervolging, adv. Shamila Batohi, hom in kennis gestel het dat die saak vir ondersoek na die hoof van die eenheid vir prioriteitsmisdaad verwys is. “Die Nasionale Vervolgingsgesag sal betrokke raak sodra die ondersoek afgehandel en die dossier na hulle aangestuur is,” het Masutha gesê.

Tydens sy ampstyd as minister het Mbalula se spandabelrige leefstyl en gedurige oorsese reise aan hom die bynaam “Razzmatazz” besorg. Die aantygings wat nou ondersoek word, is dat die geld van die Gupta-familie gekom het en deel was van staatskaping.

Mbalula is ook verlede week regstreeks met staatskaping verbind in getuienis voor die Zondo-kommissie deur die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel.

Selfs voor Manuel se getuienis het Zondo vir Mbalula laat weet dat hy tot baie ernstige mate in staatskaping geïmpliseer word en dat bevindings teen hom gemaak gaan word as hy hom nie gaan verweer nie.

Vier maande nadat Zondo vir Mbalula gewaarsku het, is geen antwoord nog ontvang nie, maar dis die volgende in ’n reeks aanduidings dat Mbalula, wat verlede jaar deur pres. Cyril Ramaphosa uit die kabinet gelaat is, al minder beweegruimte het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ek hou nie my asem op nie. Net omdat dinge “beter” is beteken dit nie alles loop reg nie. Dit word nog steeds beheer om binne perke reg voor te kom.

Ellisras ·

Daar gaan niks met Mbabula gebeur nie. In elk geval nie voor die verkiesing nie. Hy is die ANC se verkiesings hoof, hy is veilig.

J ·

Die hele staat is n grap. Vorige NVG hoofde grap dadels van alles gekom.
Nuwe NVG hoof wil graag sien.
Zondo grap fluitjie blasers sumier toegesluit. Skelms nog steeds op vrye voette.

Leon ·

Baie geluk aan MM, pragtige foto wat boekdele spreek!
“O koek, ek is uitgevang”

Thinus ·

Mbalula moet ook ondersoek word vir die FIFA skandaal asook sy betrokkenheid by die vernietiging van klagstate, en bewyse van die Onafhanklike Grondwetlike Tribunaal. Waarvan die Grondwethof en Zondo spesifiek kennis dra, wat insluit die Bedrog van Rajat Kumar Gupta van Goldman Sachs

waarheid ·

Totale pateer wat se sondes vorendag kom – net jammer niks gaan gebeur nie.

SjN ·

Lekker ou Frikkie, wat het geword van jou tjom Danny Jordaan en die wereldbekker sokker omkoppgeld.

Genieve ·

Zuma het dan niks oorgekom nie so wat neek hulle nog met Zondo kommisie net n vermorsing van belasting betalers se geld. Die hele klomp moet tronk toe gaan.

Penellope Jones ·

Sal maar moet sien hoe ver dit geneem sal word . . . . . .tot dusver is nog nie veel bereik nie, ongeag talle kommissies van ondersoeke ens.ens.ens.ens.
Daar is hewige ontsteltenis, bekentenisse, ens. maar dit bly net by kommissies van ondersoeke.
Esidimeni is maar Een van talle ‘ondersoeke’ wat uiteindelik op niks uitgeloop het nie, (behalwe Rmiljoene wat uitbetaal moes word en blykbaar nog R300 miljoen wat uitbetaal gaan word)
Die belastingbetaler is maar die een wat aanhoudend en uitbuitend gemelk word.

thelsa ·

Ek’s bevrees hierdie land is vasgevang in Kommissies van Ondersoek. Daar gaan nog ‘n Kommissie van Ondersoek aangestel word om die Zondo Kommissie van Ondersoek, te ondersoek.

Dries Moolman ·

Die dag wanneer enige van hierdie dosyne hooggeplaastes wat met die Gupta-sage verbind is uiteindelik tronk toe gaan, sal ek begin glo dat ons land DALK ‘n kans staan. Tot dan, het ek nie hoop nie.

shark ·

Al die ouens is onskuldig…hulle weet nie wat hul doen nie,maak die ou Minister van Kurrupsie,hy was mos verskeie tipe ministers…”only in south africa”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.