‘Net-wittes’-advertensie: Só sê die wet

M-Net (Foto: Facebook)

M-Net het Dinsdag gesê hy kon steeds nie kontak maak met die werwingsagentskap wie se advertensie vir ʼn pos by dié kanaal vir “Engelssprekende wit persone” sedert die naweek opslae in die media gemaak het nie.

Maroela Media het vroeër berig dié televisiereus het ʼn werwingsagentskap die trekpas gegee nadat dié agentskap die afgelope naweek “sonder sy medewete” ʼn storm ontketen het toe hy ʼn pos by dié kanaal op ʼn “rassistiese, onwettige en skandelike” wyse geadverteer het.

Yolisa Phahle, M-Net se uitvoerende hoof, het vroeër gesê die organisasie sal nie skroom om streng optrede, insluitend optrede van ʼn dissiplinêre aard, te neem indien ʼn ondersoek sou toon dat ʼn M-Net-personeellid by die skep van die advertensie betrokke was nie.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê dié advertensie is inderdaad ongrondwetlik en diskriminerend.

Van der Bijl sê artikel 6 van die Wet op Billike Indiensneming (Wet 55 van 1998) verbied diskriminasie van enige aard – direk of indirek en met betrekking tot ras, geslag en so meer.

“Dié advertensie was ʼn tipiese voorbeeld van diskriminasie wat ook teenstrydig met die wet is. Indien dit instrumenteel sou wees vir die pos dat ʼn wit persoon dit móét doen, sou die maatskappy met diskriminasie kon wegkom. Dit is ongelukkig nie die geval nie, wat beteken die advertensie het die wet oortree,” sê hy.

Van der Bijl sê die wet laat wél regstellende aksie toe, maar nie in só ʼn mate dat ʼn wit persoon as gevolg daarvan verhoed word om vir ʼn spesifieke pos aansoek te doen nie.

“Artikel 15 wys daarop dat regstellende aksie in werking gestel mag word – maar sub-artikel 15(3)  wys daarop dat ʼn werkgewer geen kwotas mag instel wat regstellende aksie betref nie. Dit beteken dat ʼn swart en/of wit persoon nie benadeel mag word as gevolg van regstellende aksie nie – ʼn swart persoon sou byvoorbeeld volgens dié wet ‘voorkeurbehandeling’ kon ontvang, maar dit mag nie ʼn wit persoon verhoed om vir ʼn pos aansoek te doen of om ten minste in aanmerking te kom daarvoor nie.”

Hy sê in dié geval was dit onwettig vir die werwingsagentskap om anderskleurige persone uit te sluit. Hoewel die advertensie onvoorwaardelik teruggetrek is, sou ʼn anderskleurige persoon vergoeding in ʼn hof van M-Net kon eis.

“In dié geval sou daar nie eise kon wees nie, omdat die advertensie teruggetrek is. Maar indien hierdie advertensie deur M-Net goedgekeur sou gewees het, sou ʼn anderskleurige persoon hulle [M-Net] byvoorbeeld hof toe kon neem om vergoeding te eis of selfs te eis dat hy in die pos aangestel was. Hy sou kon aanvoer dat hy die werk sou kry indien hy nié anderskleurig was nie.”

Van der Bijl sê dié werwingsagentskap sou nie daarin kon slaag om in ʼn hof te verduidelik waarom ʼn wit persoon dié werk beter as ʼn anderskleurige persoon sou kon doen nie.

M-Net het gesê sy ondersoek na die voorval duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

JC ·

Snaaks. ‘n Vriend van my se werksaansoeke is herhaaldelik afgekeur omdat hy wit is. Hulle het dit reguit vir hom gesê. Nie by Mnet nie, by verskeie ander maatskappye. Dis nonsens dat hulle nie uit hulle pad uit gaan om wit mense te benadeel nie.

marous ·

En as die advertensie gelees het slegs swart Engelsprekende mense?

Cherokee ·

Daar is nie swart Egelssprekende mense nie. Engels is vir hulle ‘n tweede taal al probeer hulle anders voorgee.

Jaco ·

Mag ek dan nou maar die vraag vra? Wat van al die advertensies op al die werwingsbladsye wat se slegs BEE kandidate kan aansoek doen of sal oorweeg word?

Loeis ·

Die grondwet laat BEE toe. Daai ding wat de Klerk en kie se ‘onderhandelings’ ons besorg het.

Johan ·

Geld dieselfde vir tenders? Soos bv. vele onlangse tenders wat enige firma uitsluit wat nie BBBEE 1 of 2 is nie? Dit is slegs moontlik om BBBEE 1 en 2 te wees as jy swart is.

David james ·

Dis tyd dat maatskappye die bul by die horings vat.Bee is nie n wetgrwing nie was en sal ook nooit wees nie.Dis teenstrydig met die konstitusie .Besighede moet die Anc bevraagteken oor hoekom dit afgedwing word op hulle.Dis n regulasie dis al…bee is n klomp snert

Pierre ·

Ek kyk gereeld na posadvertensies vir werk en dit is tog opvallend hoe baie poste wat geadverteer word dit in geen onduidelike terme stel dat dit ‘n Regstellende aksie pos is nie, nou wat is die verskil.

Jack Russl ·

Die verskil is dat die wet net een kant toe werk en nie na die ander kant toe ook nie

Nerina Wilmans ·

Alles in die land is ongrondwetlik. Voorkeur word nogsteeds gegee aan die meerderheidsgroepe in die land. Voorbeeld, ek wou aansoek doen vir finansiering vir my voornemende besigheid. Maar omdat ek wit is het ek iemand nodig om vir my borg te teken. Het ek iemand gevat vir BEE, met ander woorde die helfte van my besigheid net so afstaan aan iemand wat nie ‘n sent insit nie en ook geen risiko vat nie, sou ek onmiddelik gekwalifiseer het vir finansiering sonder sekuriteit. Is dit nie ook rassisties nie?

Ekke ·

En wat van al die advertensies wat se BEE kandidate alleenlik??? Dis ook mos diskriminasie…

Jordaan ·

Wat ‘n grap, dis diskriminerend, maar al die advertensies vir “EE” kandidate alleenlik gaan sonder boe of ba verby

Uvonka ·

Ai tog mense wat sit en niks doen het baie tyd om te kerm oor tjol, regtig?

Cherokee ·

En in programme soos ‘Boer soek ‘n vrou’, mag die boer nog sê sy moet wit wees? En in penmaats kollomme (as daar nog so iets is) hoop ek mense kan nog rasvereistes stel.

Nel ·

Dis nie nodig om in ”Boer soek ‘n Vrou” te spesifiseer dat dames blank moet wees nie – hulle sal mos op die fotos kan sien…

Cherokee ·

Advertensies hoef nie ‘uitdruklik BEE noem’ nie. Hier lees jy alle vakature advertensies is by verstek (default) regstellend.

Loeis ·

Regsyellende aksie keer blankes nie om vir ‘n pos aansoek te doen nie, maar dit keer jou om die pos te kry. Same difference.

Daar is groot four met die land se wetgewing. Dit sluit die grondwet in.

Francois ·

As een vorm van diskriminasie toegelaat word kan die ander soort nie geduld word nie. BEE en AA is die wortel van korupsie. Die lyn is duidelik. Laat geen keuse oor as alternatiewe ekonomie en selfbeskikking vir blankes

Afrikaner Donkie ·

Ek werk in die buiteland in Afrika aangesien daar nie werk is vir ons wit blanke Afrikaners mans nie. Basta of jy die ondervinding of kwalifikasies het. My gesin wil he ek moet terugkom want dit plaas druk op die gesin om sover te werk en mekaar min te sien. As ek kyk na advertensie op webblaaie soos PNet, LinkedIn, ens. is daar advertensie wat uitdruklik se “Only EE/ BEE candidates will be considered”. Nou as dit dan nie ook rassisme nie? Maar ons wittes aanvaar dit maar en soek werk elders. Ons maak nie n bohaai daaroor nie. Is dit nie dalk tyd dat ons wel doen nie?

Ouma in die buiteland ·

Hoe meer ek van die waansin in SA te lese kry hier in die buiteland waar ek om den brode is, hoe sekerder is ek dat ek eerder selfmoord sal pleeg as om terug te keer.

christa ·

die arme adverteerder. hy het beslis geweet wie die beste vir die pos sal wees.

Cornelius du Rand ·

Niks in die lewe kan werk as dit nie beoordeel word op meriete nie. Julle wil weet waarom spansporte in SA so swak geword het. Dit is weens die huidige omgekeerde appartheid. Wit mense wat on nasionale spanne sou laat wen hou op sport doen want jy het nie meer ‘n gelyke kans nie. Dit veroorsaak dat die beste spelers nie meer op senior vlak uitkom nie. Hoekom is daar so baie Suid Afrikaners in buitelandse spanne. Die grondwet magtig regstellende aksie en is daar geen datum bepaal wanneer dit moet stop nie. Dit is dus nie meer regstellende aksie nie maar omgekeerde appartheid want met regstellende aksie moet daar ‘n afsny datum wees. Dankie Oom FW de Klerk en Theuns Eloff. Julle wigte en teenwigte werk briljant. As ek ‘n swart man was sou ek myself skaam. Dit is so goed ons moet 100 meter teen mekaar hardloop maar die swart man kry 50 meter voorsprong. Is julle swart mense dus bang om op meriete met wit mense mee te ding. Die feite bevestig dat dit so is. En natuurlik sal Maroela nie my inset plaas nie want hulle ondersteun Mnr De Klerk en Kie. Hier is geen vryheid van spraak nie en die media wil nie die waarheid aanvaar nie.

Williew ·

Dit is waarom jy wereldwyd hoor dat swart mense “must be given an oppurtunity”….wit mense “did not receive an oppurtunity…WE CREATED OUR OWN…BECAUSE WE CAN!!!!”

Wdp ·

Alles by dstv is al klaar swart. Gelukkig kan ons wittes planne maak en ons self in die werksplek bewys ons het nie Bee of moet ek se WEE nodig om ons self onnatuurlik op te hef nie

Anton ·

wat hiervan…daar is n program op DStv kanaal 129…Black Girls Rock…it promotes Black excellence and celebrates the beauty and brilliance of Black women and girls…Wonder maar net wanneer kry ons een vir die Wit Gilrs se beauty and excellence…

Piet ·

Ek kan nou nie die gesegde presies onthou nie, maar dit kom daarop neer dat die dwaas altyd homself prys.

chris ·

Wat my die meeste pla is dat Maroela deur Anton van der Bijl probeer om ‘n saak uit te maak dat dit teen die wet is om die woord wit in te bring en daardeur sy lesers onder die juk van skuldgevoel te probeer hou welwetende dat die woord swart elke dag in advertensies “vermom?”word as SEB of BBBEE.”Who is fooling who?”Swak Maroela!

Smiley ·

Hoekom mag SABC2 dan adverteer dat hulle bruin mense soek vir 7de laan?

koos ·

Ek sidder nóú al vir die dag wanneer ‘n regstellende-aksie-aangestelde iemand By Koeberg kernkragstasie die verkeerde knoppie druk en 4 miljoen mense In Kaapstad deur die gevare van “nuclear meltdown” bedreig word. Mense wat suiwer op meriete en SONDER die “ergte” ras by Chernobyl gewerk het, kon so iets nie eens keer nie. Koeberg is sy’s ‘n tikkende tydbom…

Adrian ·

Gelukkig is ek nie n M.Net intekenaar nie. Mnet intekenaar gee MNet die trekpas as hul nie n wit persoon wil he nie sal seker ook nie wit geld aanvaar nie dus buy buy

THEA SWART ·

STEM 100% SAAM LAAT ONS MNET OOK BOIKOT SOOS SPUR EN JAKARANDA LAAT HULLE DIT AAN DIE GATSAKKE KAN VOEL – MAAR DIE MANNE IS RUGBY/KRIEKET MAL EN SAL DIT MOS NOOIT DOEN NIE – EK DAAG JULLE MANNE ALMAL UIT – 1….2……3…… GO

Ada ·

Ek is trots wit!!!Ek dra geen skuldgevoelens omdat ek wit en Afrikaans is nie .Ek is trots daarop! Ek sal dit van die berge af skree met geen probleem nie.Indien iemand n probleem daarmee het is dit hulle probleem.

Kat ·

Koos jy is so reg.Siener het geskryf dat dit gaan gebeur.Sy skrifte is alles besig om bewaarheid te word en ek berei myself voor sodat dit nie as n verassing kom nie.

Barnard ·

Gelukkig kan die agentskap op ander maniere ook te werk gaan en ek hoop hulle vind die perfekte wit persoon!!!!!

E ·

In watter kategorie val “BEE candidates only” dan? Werkgewers moet maar slimmer te werk gaan. Laat die spul aansoek doen en gooi die CV’s wat nie aan die standaarde wat JY AS WERKGEWER die reg het om te stel (maak nie saak WAT dit is nie) voldoen nie, in die asdrom. Dis immers wat hulle met ons CV’s maak.

Boerseun ·

Van der Bijl praat twak en praat anti-wit rassisme goed.

JMC ·

Suid-Afrika – Die enigste land in die wêreld waar regstellende aksie die MEERDERHEID beskerm.

My wereld ·

Nou hoe kan julle bewys dat ‘n SWART persoon die werk beter kan doen as ‘n wit persoon, maar steeds word julle toegelaat om BEE en EE poste te adverteer?? Vreemd hoe die wittes oral uitgehou moet word, die SWARTES gaan tekere oor apartheid, maar hulle doen PRESIES dieselfde met die wittes, hulle hou hulle uit poste uit die staatsdiens en parastatals uit, hulle hou hulle uit sommige organisasie se aandeelhouding uit, behalwe dat ons in die dieselfde BUSSE mag ry en restaurante mag eet is dit NIKS anders as apartheid nie, en JA die wittes word ook daarvan weerhou om te STUDEER in die rigting wat hulle wil studeer so ook kry hulle nie meer beurse nie . APARTHEID teenoor wittes is reg, apartheid teenoor swartes was verkeerd, my wereld!

Koos ·

Ne? Die Wet verbied dit nogal? Ek sien DAAGLIKS in die koerante “voorkeur sal aan voorheen benadeeldes gegee word”. Voorkeur beteken om voor ander te stel, m.a.w. teen ander te diskrimineer. Die Wet self definieer voorheen benadeeldes as ” (onder andere) Afrikane en ander van kleur”. Met ander woorde = voorheen benadeel = swart of ander van kleur. So hoe verskil so advertensie dan as ons dit letterlik skryf soos volg: Voorkeur sal aan swart aansoekers/mense van kleur gegee word? Presies. Dit verskil nie. Maar om een of ander rede sit die skoen weer skeef – net soos wat Black Lawyers Association en Black Management Forum en Black Entertainment TV heeltemal wettig en aanvaarbaar is, maar die omgekeerde nie. Dink net wat met jou sal gebeur as jy sou aansluit by die White Lawyers Association of as jou besigheid lid was van die White Management Forum, of as jy ‘n televisiekanaal White Entertainment TV sou noem. Ek HAAT die alewige eenogigheid!

Herman Grobler ·

Tog is daar vele advertensies wat meld dat sleg swart vrounes (pas by myn in Kaap) mag aansoek doen

GAB ·

Kom ek gee ook my kommetaar hier. Ek soek tans werk. 95% daar van dui aan AA of EE. Hoe is dit nie diskriminasie en Rassisties nie? Waar is Solidariteit om ons stemme ook dik te maak rondom dit? Dis tyd dat ons ook skree en issues maak hiervan.

MM ·

Solank as wat jy in SA bly – en WIT is – jammer maar dis hoe dit is – Swart mense kry voorkeur al probeer hullel dit onder die mat invee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.