Netbalspan in ongeluk op pad na toernooi

Argieffoto

Argieffoto

‘n Netbalspan van Sedibeng in Gauteng was in ‘n ongeluk betrokke terwyl hulle op pad was na die interprovinsiale netbalkampioenskap in Bellville, Kaapstad.

“Die minibustaxi waarin hulle gery het, het omgeslaan en gerol nadat die bestuurder uitgeswaai het om aankomende verkeer te vermy,” het ‘n woordvoerder van die netbaltoernooi gesê.

Die ongeluk het op die N1 tussen De Doorns en Worcester plaasgevind. Die beseerde passasiers is na hospitale in die Worcester-area geneem vir behandeling.

Een van die passasiers is ernstig beseer en word by die Tygerberg-hospitaal in Parow behandel.

Mimi Mthethwa, president van SA Netbal, en Blanche de la Guerre, uitvoerende hoof, het intussen in Worcester aangekom om naby die span te wees.

Die span moes van die interprovinsiale kampioenskap onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tom ·

Dis erger as die oorlog in irak,afganistan en midde ooste saam. Hierdie grusame ongelukke is grootendeels toe te skryf aan die uiters roekelose optrede van bestuurders veral openbare vervoer bestuurders en die swak paaie veral provinsiale paaie. Gaan kyk hoe lyk die paaie in noord oostelike gedeeltes/provinsies. Op plekke ry die mense eerder langs diee pad as op die pad (indien dit eenigsins nog na n pad verwys kan word). Wie gee om in elk geval? Daar is mos geld en tyd vir alles behalwe vir harde eerlike werk en bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.