Netcare ondersoek ‘werker’ wat glo hond langs pad wou los

Die foto wat op Facebook versprei word.

Netcare 911 probeer vasstel of ʼn vrou wat glo gepoog het om ’n hond langs ’n pad in Boksburg af te laai, wel ’n werknemer is en indien dit die geval is, sal stappe gedoen word.

’n Facebook-plasing met ’n foto van ’n vrou in ’n Netcare-uniform wat glo ’n hond langs ’n pad wou aflaai, word tans wyd versprei.

Die vrou het die hond terug in haar motor gelaai en weggery nadat sy gekonfronteer is, word in die plasing beweer.

Volgens Netcare 911 is hy bewus gemaak van die voorval wat Maandagmiddag plaasgevind het.

“Netcare aanvaar of verdra geen vorm van dieremishandeling nie, aangesien dit in stryd met ons waardes is.

“Ons probeer vasstel of hierdie persoon ’n personeellid is, en sal die nodige stappe doen, in ooreenstemming met ons menslikehulpbron-protokolle, teen haar of enige werknemer wat hul op so ’n betreurenswaardige wyse gedra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Tiptol ·

Sy moet afgedank word. Plaas dat die persoon eerder die hond gevat het. Sidder om te dink waar daai hond nou is.

VaalDonkie ·

Hoekom moet sy afgedank word? Het sy iemand aan diens doodgemaak?

pompies ·

Tiptol dit lyk of sy n waterbak in haar hand het, miskien gestop om die dier water te gee en n draai te laat loop?

minniemuis ·

Met dinge so gek soos vandag sal ek ook weg jaag as iemand my nader as ek langs die pad moet stop…skiet..skiet…aanrand..eerder bang Jan as dooie Jan

JM ·

Laakbaar. Hierdie daad sê alles van haar karakter: gevoelloos!

Harley Davidson ·

Ek stem saam plaas haar foto sodat almal kan sien hoe n maaifoedie lyk wat n hond weggooi.

Plaaskind ·

@ Vaaldonkie – dit gaan oor waardes & beginsels. Iemand wat met mense moet red en behandel, kan aan die ander kant diere mishandel nie. Dis ‘n vieslike skande!!!

VaalDonkie ·

Ja dis vieslik. Maar wat het dit met Netcare uit te waai? Jou werkgewer is nie jou ma of pa nie. Jy lewer dienste en hulle betaal jou. Watter siek goed jy in jou vrye tyd aanvang het niks met hulle te doen nie.

Plaaskind ·

@ VaalDonkie: As jy ‘n uniform aan het met jou werkgewer se naam op terwyl jy wandade pleeg het dit alles met die werkgewer te doen. Elke werkgewer het beginsels en sodra jy in hulle diens is, moet jy ook by hulle beginsels hou – as jy nie daarvan hou of saam stem nie, moet jy maar vir jou ‘n werksplek gaan soek wat sulke walglike optrede goedkeur.

Carina ·

Ek moet op so persoon afkom. Sal ha iets aandoen..ekt geen tyd vir mense wat nie na diere kyk

Jeffrey ·

Die persoon wat haar gekonfronteer het moes die hond van haar af weggenneem het, niemand keer haar om die hond op n ander plek te gaan aflaai nie, sy is heel duidelik gewetenloos en is die dier nie veilig in haar sorg nie.

Perdeby ·

Maar sy ry ‘ n splinter nuwe voertuig. Ek het getrek van ‘n huis na ‘n kompleks en slegs klein honde word toegelaat , maar geen katte nie, want katte is blykbaar ‘n verpesting, maar die bure se honde blaf sonder ophou, maar het gesorg dat hulle maar moet onslae raak van die honde. Ek kon nerens plek vir my 2 katte wat al 2 reggemaak is kry nie. Ek het al die plekke in Pta geskakel, maar sonder sukses. Gelukkig kon ek ‘n goeie huis vir hulle kry waar hulle dol gelukkig is, so my punt is die plekke wat geen diere toelaat nie, en die skuilings wat nie jou diere wil inneem nie moet ook bietjie skuld kry. Weet nie wat haar omstandighede was nie, maar nee die gedrag is onaanvaarbaar.

Antoinette ·

Persoon wat haar afgeneem het was aan die ander kant van die pad. Toe sy omgedraai het was die dame met die hond klaar weg. Soos op FB geskryf.

Adelaide ·

Sy’t hom net op ‘n ander plek gaan aflaai. Skuim van die samelewing!!

Misky ·

Plaas die foto – ‘name and shame her!!!! Iemand sal haar vinnig herken en stappe kan teen haar begin. Arme honde kind.

Helene ·

Ek sou die hond by haar afgeneem het. Niks keer die verskoning van n mens om die hond op n ander plek te los nie.

Ny ·

Maak haar naam sleg!!! Laat haar skuldgevoel oorneem. Laat dit by haar spook vir die res van haar lewe want sy verdien dit!!! Arme dier………..

Baardman ·

Iemand se facebook verbeelding hardloop seker weer weg met hom/haar. Op die foto blyk dit dat die persoon heel moontlik vir die dier gestop het om water te gee. Indien dit wel die geval was om die hond daar te los, stem ek saam dat dit nie reg is nie.

Di ·

Hoop die persoon kry wat haar toekom! Daar is te veel van haar soort daar buite, kry diere en dan eendag word hierdie hulpelose dier iewers in ‘n veld afgelaai. Daar is GEEN verskoning wat sal opmaak vir hierdie gedrag nie

Ek kan ·

As ek na die foto kyk, lyk dit eerder asof die dame vir die hondjie water wou gee. In ieder geval, mense gee diere deesdae hopeloos te maklik weg. Mense emigreer, maar is nie bereid om te betaal om vir Wagter saam te neem nie. Of hulle verhuis na komplekse, en Wagter moet ‘n ander huis kry. Hoe moet die arme hond dit verstaan? Die ergste van almal is mense wat bloot nie meer tevrede is met hul hond nie, hom weggee, en dan dadelik weer ‘n ander hond kry.

Di ·

Dis waar – ken iemand wat saam my werk wat al 3 keer ‘n kat by SPCA gaan haal het vir haar dogtertjie. Nie lank daarna kat weer terug gevat en paar maande later weer een gaan haal. Ek vir haar gese sy moet daarmee ophou – rerig, jy moet besluit of jy een wil he of nie. Sit elke keer die arme dier net deur trauma.

Maritza ·

As sy die hond wil aflaai sal sy net na ‘n ander plek ry. Sulke mense sal kry wat hulle toe kom.

Tanniepetoors ·

Op die foto staan die vrou met ‘n bakkie in haar hand. Waarskynlik water vir haar hond. Sy het heelwaarskynlik gestop dat die hond ‘n draai kon stap en kon water drink. Ons doen dit gereeld as ons honde saam met ons ry. Ons beplan definitief nie om hul dan langs die pad te los nie!

Swerwer ·

Sy moet beslis vir waarneming gestuur word want geen regdenkende mens sal so iets doen nie.
Arme onskuldige dier. Maak my woedend as mense so laakbaar is

Anel ·

Nou wonder ek hoe behandel sy haar patiente? Sal nie dat sy naby my kom nie.

Patch ·

En dan werk sy met menselewens in ‘n hospitaal….. dis nou bygesê as sy wel ‘n werknemer by Netcare is, wat ek dink wel die geval is want waarom sal sy hul uniform dra?

VaalDonkie ·

Netcare is nie die DBV of SAPS nie. Hulle het geen mag om werknemers te vervolg oor wat hulle na-ure aanvang nie. Gaan gee haar by een van daai twee instansies aan. Dis sommer snert dat mense moet afgedank word net omdat hulle vieslike goed aanvang in hulle vrye tyd.

Nie Verbaas ·

Wel dit behoort nie moeilik te wees om haar op te spoor as hulle die registrasienommer het nie. En sy werk met mense? Sy het sekerlik net die hond op n ander plek gaan aflaai.

Zollie ·

Ek is ook ‘n diereliefhebber maar sal darem lekker kry as die vrou ondervra word en daar word bevind dat sy die hond water wou gee of ‘n draai wou laat loop. Jinne die mense kan darem afleidings maak sonder dat hulle weet wat die situasie was. Indien sy skuldig is,is dit ‘n ander saak en moet teen haar opgetree word.

Antoinette ·

Nou plak Maroela Media haar gesig toe maar op FB wys haar gesig.

Baardman ·

Maroela is slim. Hulle kannie iemand veroordeel en in die openbaar beswadder sonder bewyse nie. Daarom kan hulle nie haar identiteit openbaar nie. Anders sit hulle dalk later met eise teen hulle.

Lubbe ·

Nou hoe weet jy dan of die vrou skuldig is of nie? Sal jy daarvan hou as iemand jou gesig op die koerant se voorblad laat verskyn vir iets wat jy dalk nie gedoen het nie? Niemand weet wat rerig haar intensie was nie. Julle spring almal darm baie vinnag op jul perdjies.

Frank John ·

Maak nie saak watter Posisie jy beklee nie, jy is wie jy is tot jy besluit om te verander. Waarom ry sy nie net na SPCA nie?

Ousus ·

Het sy die hond afgelaai?
Of gestop om vir die hond water te gee en sy bene te rek?
Ek sou verseker ook gou weer terug geklim het in my voertuig sou iemand vreemds my nader terwyl ek net gou ‘n breuk vir die hond vat!
Vra maar net?

H.A. ·

Word maar net berispe. Ons wil tog maar nie sien hoe die land brand nie.

Christina ·

Sou sy regtig die hond in ‘n straat aflaai waar mense haar kan sien. Ek glo sy wou net die dier water gee en ‘n draai laat loop.

Sonneblomkind ·

Terrible. Name en Shame haar. Neem stappe teen haar. Sy moet gladnie n dier kan aanhou nie

Elmarie ·

Sou eintlik maar die ander kant van die saak wou hoor. Sekerlik het Netcare haar foto (as dit op FB was) en dalk motor se regsitrasienommer. Sy kan dus ondervra word EN daar kan gesien word of sy nog die hond het. Sy wou dalk water gee ja, of sy wou hond en bak net daar los – ek sal nie weet nie. Ons hoop Maroela volg die storie op sodat almal weet wat is die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.