Netcare se Gauteng-hospitale onder druk

Foto ter illustrasie: Go Nakamura/Getty Images/AFP)

Die hospitaalgroep Netcare sê sy Gautengse hospitale is onder druk weens die toename van Covid-19-gevalle en gevolglike hospitaalopnames.

Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling, sê Netcare pas tans sy strategie aan om die gesondheidsorghulpbronne op die doeltreffendste manier te benut waar dit ook al nodig is.

“Met ons ervaring van oorvol hospitale tydens die eerste en tweede vlaag van infeksies is Netcare-hospitale goed toegerus en het hulle die kapasiteit om gesondheidsdienste so effektief en doeltreffend moontlik vir ons pasiënte te laat werk,” sê Du Plessis.

Netcare se hospitale in ander provinsies toon nog nie so erge styging in hospitaalopnames nie, maar is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag.

“Netcare het besluit om besoektye by sy hospitale af te las, behalwe in uitsonderlike gevalle waarvoor spesiale toestemming verkry moet word.

Soek vroegtydig hulp

Du Plessis sê mense moet mediese hulp kry sodra hulle begin siek voel of enige Covid-19-simptome toon. Hy sê dit sal help om die hoeveelheid hospitaalopnames te verminder.

Dr. Billy van der Merwe, besturende direkteur van Netcare se afdeling vir primêre sorg, sê Medicross se mediese sentrums het uitgebreide voorsorgmaatreëls getref om pasiënte, gesondheidswerkers en personeel gemaklik te laat voel om aan te klop vir mediese hulp indien nodig.

Netcare het ook aanlyn konsultasies beskikbaar gestel waar pasiënte telefonies of deur middel van ’n video-oproep sy of haar huisdokter kan kontak en die nodige mediese hulp te kry.

“Dit is altyd beter om veilig te wees. Mense wag soms te lank voordat hulle mediese hulp kry,” sê Shalen Ramduth, nasionale bedryfsdirekteur van Netcare 911.

Ramduth sê Netcare 911 se nasionale noodsentrum is toegerus en gereed om kundige hulp en raad 24 uur per dag te verleen indien iemand onseker is oor die vlak van mediese sorg wat hulle benodig.

Noodgevalle

Ramduth sê indien iemand sukkel om asem te haal of enige ander simptome toon wat op ʼn mediese noodgeval dui, is mediese nooddienste – soos Netcare 911 en die noodafdelings – daar om die nodige hulp te bied.

“Pasiënte wat dringend hulp by die hospitaal se noodafdelings benodig, word so gou as moontlik beoordeel en gehelp. Alternatiewelik kan hulle na ander fasiliteite verwys word.”

Du Plessis sê as deel van Netcare se rampbestuursbeplanning het hulle tydelike eenhede by sekere hospitale in Gauteng op die been gebring om bykomende noodpasiënte te akkommodeer. Dit sal die las op die ongevalle-afdeling by die hospitaal verlig en die stabilisering van pasiënte voor hospitaalopname moontlik maak.

“Hierdie eenhede is toegerus met suurstof, die nodige medikasie en toerusting asook persoonlike beskermende toerusting vir dokters en verpleegpersoneel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Die Boerepompie ·

Dankie vir al julle harde werk.as die staad net julle voorbeel wil volg sal die baie beter met ons in SAR gaan Dankie weer eens

Karel Kobus Kruger ·

Slegte nuus vir die pro-vaxxers wat nog nie ingeënt is nie. Die vrees moet ontsettend wees.

Snowball ·

Vrees is seker ontsettend, maar onnoselheid is erger. Wat die ergste is, is egter mense wat koud staan teenoor siekte en ander se lyding. Empatie is baie kragtiger as leë bravade.

Esme ·

Ek was vir 25 dae in die hospitaal met Covid en die ergste straf vir my oor die Feesgety was die verlange na my geliefdes. As ek net een besoeker per week kon kry, sou daardie persoon blitsvinnig besef het, ek ly aan onttrekkingsimptome aangesien die hospitaal nie my chroniese medikasie vir my gegee het nie.

MakersMark ·

Dankie vir die deel van jou trauma. Maar dis pêrels voor die swyne hier is maar ‘n lae kwaliteit mens wat nie die iq het om die realiteit te begryp nie. Hoop dinge gaan gou beter.

Anel ·

Geen regdenkende mense gaan hospitaal toe as jy dit kan verhoed nie. Hoeveel mense is al aan die virus dood by die huis? Jy gaan dood in die hospitaal. As jy siek voel, klim in die bed. Mennie wag tot jy amper dood is, en wil jy toets. In elke geval word soveel postief getoets wat nooit eers siek is nie, dan tree paranoia in.want jy is nou positief en gaan doodgaan. As jy in die hospitaal beland, mag jy nie besoek ontvang van jou familie nie. Hulle kan nie sien wat hulle met jou maak nie. Verder kom en gaan die skoonmakers soos hulle wil. Maar ons mag mos nie die dinge hardop sê nie.

MakersMark ·

Dis snert. Vir iemand met erge long infeksie agv CV19 en verswakte longfunksie en bloedsuurstof saturasie vlakke < 90% is "high flow nasal" suurstof terapie, 30 l tot 60 l per minuut die enigste lewens behoudende terapie. Met erge CV19 val bloed suurstof vlakke < 70%. Mense op die vlakke word gesedeer om hul liggaam aanvraag vir suurstof te verminder, asook kan jy jou die angs indink wat hul deurgaan, en hul kan dit nie help nie dis die liggaam se reaksie in 'n drastiese suurstof tekort. Dis soos 24 uur uit 24 uur se "water boarding". Intubasie is die ander metode van suurstof toediening. Suurstof word toegedien tot ander medisinale terapie en die teen liggame die virus oorkom en die infeksie en inflammasie verminder. Dit kan tot 4 weke of langer nodig wees. Mense wat tuisbly het nie toegang tot sulke drastiese suurstof terapie nie en sal definetief sterf. In die bed bly met erge CV19 is 'n doodsvonnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.