Netcare wil glo honderde werkers aflê

Netcare

Die privaat hospitaalgroep Netcare is glo van voornemens om honderde werkers binne die volgende twee maande by verskeie hospitale af te lê.

Ramasela Mokonyama, groepsbestuurder van arbeidsverhoudinge by Netcare, het in ʼn verklaring bevestig dat die maatskappy onlangs ʼn artikel 189-kennisgewing uitgereik het om met konsultasies te begin oor die voorgestelde strukturele hersiening binne sy hospitaal-afdeling. Die kennisgewing is aan verteenwoordigende vakbonde en werknemers in die hospitaal-afdeling, wat moontlik hierdeur geraak mag word, gestuur.

“Altesaam 516 Netcare-werknemers het ʼn brief ontvang dat die maatskappy van voornemens is om die voorwaardes van hul indiensneming te hersien, maar die meeste werknemers wat dié kennisgewing ontvang het, sal gekonsulteer word oor voorgestelde wysigings aan hul bestaande werksure of poste,” het Mokonyama bygevoeg.

“Die getal persone wat afgelê gaan word, sal na verwagting nie meer as 0.7% verteenwoordig van die 20 000 persone wat in diens van Netcare staan nie. Ons wil graag geskikte alternatiewe vir die betrokke persone vind.”

Volgens Mokonyama volg dit ná sorgvuldige assessering deur die maatskappy van eksterne invloede insluitend huidige en verwagte marktoestande en die hospitaal-afdeling se huidige indiensneming- en sakeprosesse.

“Die proses het nou eers begin en Netcare en die vakbonde het ooreengekom om die KVBA te nader vir die konsultasieproses.”

Die vakbond Denosa, wat verpleegpersoneel verteenwoordig, het vroeër in ʼn verklaring gesê Netcare is van plan om “honderde personeellede af te lê”.

“Dié uitlating is ietwat misleidend en verwarrend, aangesien geen verpleegsters, wat pasiëntsorg verskaf, deel vorm van die hersiening nie. Dit word beperk tot personeel wat in ander kategorieë aangestel is.”

Mokonyama het bygevoeg Netcare en Denosa het vandeesweek met jaarlikse salarisonderhandelinge begin. “Denosa se aanvanklike eise strek tussen 10% en 20%, ondanks hul verwysing na die inflasiekoers as 5.2%.”

Simon Hlungwani, president van Denosa, het gesê die afleggingskennisgewing volg ʼn maand ná die maatskappy goeie winste aangekondig het en ʼn spesiale dividend van 40c per aandeel verklaar het. Die dividend kom bykomend tot ʼn gewone dividend van 60c per aandeel.

“Denosa is sterk gekant teen hierdie voortydige skuif deur Netcare, wie se winste in November is te danke aan die harde werk van dieselfde werkers wat nou afgelê kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dafer ·

Daar begin dit. Die begin van die ellende van die einde is hier!

Jerry ·

Baie geluk aan Netcare se Direksie. Uitstekende manier van werkskepping. Probleme word al hoe groter. Wie is volgende??

Harrie1501 ·

Die korrupsie in die privaat mediese sektor wek kommer.Die hoeveelheid “bottom hand deals” wat elke dag gedoen word moet ondersoek word. Dr’s wat kommisie verdien wanneer hulle pasiënte na sekere hospitale verwys, farma maatskappye wat dik kommisies betaal aan hospitale indien hulle medikasie en daaglikse gebruiksvoorraad by spes farma maatskappye aankoop, dan styg die premies vir gemid persoon en weinig kan privaat mediese versorging bekostig.DAN..paar maande van nou af lees ons van hierdie groep se uitstekende finansiële jaar…

Wonder maar net ·

Ek wonder maar net of die wat die trekpas gaan kry diegene is wat dalk werklik hulle werk doen en nog trots het wat hulle doen.

Anti-swak diens Noordwes ·

Ek hoop van harte dat die suurstofdiewe in die spervuur is in Noordwes. Wat eens ‘n pragtige gerespekteerde hospitaal was is deesdae ‘n seer oog. Ek voel jammer vir die handjie vol wat dit nie verdien nie. Die houdings van party en veral die skoonmaak personeel laat veel te wense, hulle sal vir jou uit ‘n hysbak loop. Geen mens kan in vrede gesond word met die verskriklike geraas in die hospitale nie. Clicks se mense (sommige) is ook maar nors en lyk of jy vir hulle moeite is. Die sogenaamde kafeteria is belaglik duur en jy kan nie kla oor diens nie, want daar is nie diens nie. Ons betaal ‘n arm en been vir ons medies en dan kry jy hierdie tipe behandeling. Ek hoop dat hierdie spesifieke hospitaal weer kan terugkeer na die gehalte hospitaal wat dit altyd was. Baie dankie vir die personeel wat wel omgee, en sterkte vir julle. Gee eerder die werk vir mense wat regtig wil werk en ‘n salaris verdien.

Docpietza ·

As Shane Warne of Kevin Petersen so iets kwytgeraak het was dit hofsake, boetes en voorblad rasse nuus.

Elna ·

Ek stem saam jou Kobus. Die wat daar gaan oorbly gaan die werk he maar nie weet hoe om die werk te doen nie soos dit reeds nou al gaan in die land en dan verdien hulle nog n vet salaris ook nog.

John ·

Die probleem wat ons in hierdie land mee sit, is dat unies die maatskappye, wat hulle ook finansier, beheer. Minimumsalarisskale is ‘n nuwe ball-game waaraan voldoen moet word. Die unie skree wolf-wolf oor verpleegpersoneel, om gemoedere op te stook, hoewel die groep nie geteiken word nie. Ons gaan ‘n sosialistiese _____-vlak binne.

P ·

Ek hoop die wat net die werk verrig vir die salaris en nie omgee vir die pasiënte nie hoop hulle waai en nie diegene wat werklik omgee nie. Sal maar kyk.

A Mac ·

Hoekom mense afbetaal, hoekom nie eerder bestekopname doen in elke hospitaal en werkers wat te veel/oortollig is in ander afdelings van die hospitaal gebruik? Te veel kombuispersoneel – trek 4 of 5 na die sale om bv. pasiënte wat nie self kan eet nie te voer en te help (kinders en bejaardes). Te veel skoonmakers – trek 2 of 3 om die gebou buite skoon te maak, bv. vensterbanke en vensters, mure afstof, ens. Daar kan ook 1 of 2 aangestel wees om net die plante skoon te maak, (persoonlike ervaring – plastiekplant vol stof, vra vir skoonmaker wie maak plante skoon, sê sy vir my sy maak vloere skoon, nie plante nie). In elke hospitaal 1 persoon wat bv. alle badkamers, toiletkamers monitor en sorg dat daar die nodige seep en papier is en dat skoonmakers dadelik attent gemaak kan word waar skoongemaak moet word. Maar net my voorstel/oplossing. Het regtig nie nog werkloses nodig in die land nie.

Elizabeth ·

Solank dit mense is wat nie bevoeg is om hulle werk te doen nie, is dit goed so …

Fryingfrog ·

Hoekom is ek nie verbaas nie? Ek was in 2011 in ‘n JNB Netcare-hospitaal in ICU weens ‘n diabetiese koma. Ons was slegs 4 in die saal met baie personeel, maar niemand was daar toe ek wakker geword of toe ek omgerol moes word nie. Ek het baie ernstige gate in my voete en rug ontwikkel. Ná ek ontslaan is, is ek voetspesialis toe waar ek uitgevind het dat dit bedsere is omdat ek nooit gedraai is nie. Ek is hof toe. My prokureur se uitspraak: mediese personeel is altyd reg (al lieg hul deur hul tande!) Saak onttrek! Nou sit ek met probleemvoete waarvan die senuwees sodanig beskadig is dat ek skaars my tone kan beweeg. Fire jul liegbek-prokureurs!

Anel van der Merwe ·

Hulle kan eerste begin by Necare Sunninghill…. die swakste hospitaal in Suid Afrika.

Buscopan ·

Verpleeg amper 20 jaar, skrikwekkend om die toestand van die toerusting te sien waarmee ons moet werk, dan word daar gesê “agter die skerms is Netcare finansieël in die moeilikheid” Pres. Cyrril gesê national health kom, na die verkiesing… Kalafong her kom ons….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.