Netcare wil herstruktureer

Argieffoto

Argieffoto

Die Netcare-hospitaalgroep het in ʼn onlangse skrywe aan die vakbond Solidariteit bekendgemaak dat hy met ʼn grootskaalse sentraliseringsproses in sy kredietkontrole-afdeling sal begin.

Solidariteit het Maandag in ʼn verklaring gesê Netcare het aangedui dat die sentralisering in verskeie fases geïmplementeer sal word. Daar word beoog om die projek teen Junie 2017 af te handel.

Volgens Solidariteit sal die kredietbeheerafdelings van ses Netcare-hospitale – Netcare Garden City, Pretoria-Oos, Olivedale, Pinehaven, Rosebank en Waterfall City – tydens die eerste fase van die proses na ʼn gespesifiseerde area in Gauteng verskuif word. Aangesien die proses nog in die beginstadium is, is dit nog nie duidelik hoeveel werknemers deur die sentralisering geraak word nie.

Johan Botha, adjunkhoofsekretaris van die Professionele Bedryf by Solidariteit, het gesê Netcare het in die skrywe aan vakbonde onder meer die heersende ekonomiese klimaat as rede vir die sentralisering aangevoer. “Die maatskappy het voorts aangedui dat hy sy administratiewe en ondersteuningspersoneelstruktuur wil hersien om sodoende die duplisering van funksies uit te skakel. Dit sluit onder meer die moontlikheid van die uitbesteding van nie-kernfunksies in. Daarby het die maatskappy aangedui dat hy die aanstelling van nie-verpleegposisies onder die C3-band vir tyd en wyl wil vries,” het Botha gesê.

Volgens Botha volg die jongste sentraliseringsplanne kort op die hakke van die onlangse sentralisering van Netcare se drie ondersteuningskantore in Auckland Park, Centurion en Sandton na een kantoor. “Solidariteit en drie ander vakbonde, Hospersa, Denosa en Nehawu, het reeds eenparig besluit dat hulle die jongste sentraliseringsproses sal teenstaan. As vakbond is ons veral bekommerd dat die sentralisering van die kredietkontrole-afdeling later ook na ander afdelings sal oorspoel.”

Botha het gesê dit blyk egter uit Netcare se jongste halfjaarresultate dat die maatskappy nie in geldnood verkeer nie. “Daarom sal ons dit tydens die onderhandelinge ons eerste prioriteit maak om te verhoed dat enige van ons lede afgelê word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Boetman ·

Hierdie ouens het net een doel voor hulle – winsbejag. Lewens word geoffer ten gunste van Mammon!

Paul ·

Jy dink gesondheidsorg is duur?

Wag tot jy sien hoe duur dit is wanneer dit gratis is!

Rina Pretorius ·

En ek dink ek weet wie afgele sal word sou dit gebeur, ek hoef dit nie uit te spel nie. Weet net een ding, die netcare groep gaan dan ook word net soos die staatshospitale waar niemand hulle bekommer oor ‘n lewe nie en sit op hulle gatte en wag vir payday. Hier kom ‘n ding

Johann ·

Geld geld geld. Ja, soos enige besigheid meer as die reg om wins te maak. MAAR kyk mooi; die skrif is aan die muur vir Privaat Hospitalisering via die ANC se “als moet verniet wees” beleid. So: die grootkoppe heel bo aan die geld skep leër gaan vroegtydig seker maak hulle stap weg met soveel as moontlik vóór die ANC sy lepels kin indruk.

Lance ·

Presies jy gaan selfs jou eie beddegoed moet saam neem soos die geval nou is in n staatshospitaal ….dis net alles n groot gemors !!

Boetman ·

By Netcare kry jy behandeling tot jou geld op is. Dan kwyn die belangstelling baie vinnig. Die probleem is dat dit ‘n besigheid is – siekte is ongelukkig grotendeels ‘n emosiebelaaide toestand – waaruit die Netcare besigheid met sy arsenaal “professies” ongekende materiele voordeel trek.

Bosveld G ·

Dis juis. Kies wat jy wil hê! Ons was nou deur een van hierdie hospitale van teater, hoësorg tot gewone saal. Ek wil sê daar is bittermin fout met hul diens en ek glo elke pasient het goeie diens ontvang. Personeel hier is professioneel en menslik: alles in jou taal en nes elke mens kry jy waarde vir geld. Probeer maar staatshospitale (pasop jy sterf in ontvangs agv goeie diens). Betaal of los eenvoudig

Bosveld G ·

Weet jy diens kos oral geld. In n roomkoek lewe verwag party die beste teen die minste.. Ek het my dood geskaam vir n baie ongeskikte wit oom wat die personeel aanmekaar met verbale aanvalle probeer verkleineer en afmaak het, tot n eks rugbyspeler in die hoek van hoesorg die man vra om asb op te hou. Steeds was die diens deurgaans goed. Ook na een verpleer in trane was. Miskien is party te krities, die mense daar werk twaalf uur skofte en elke ou wil top diens he. Van kos
tot portier moet na elke ou se smaak wees.. Wel ek se, dan sal elke ou n siening hé maar hoe meer jy verwag hoe meer gaan jy betaal, jammer Xa koop die motortjie waarmee jy wil ry !

Xa ·

Nee, ons privaat mediese dienste kos uitbuitend baie, meer as wat regverdige winste gee, en dis nie my opinie nie,daar het Dan onlangs n onafhanklike en kredietwaardige studie so gewys.

Joann ·

Ek was by privaat hospitaal in Oos kaap. Swak diens. Hoe hul verpleegsters en susters geword het weet ek nie.

Takkie Takuuza ·

Lees julle klomp narre nie die berig nie? Dit gaan nie oor hulle diens of wat dit die pasient kos nie. Dit gaan oor hulle werknemers gaan afbetaal sodat hulle beter winsgrense kan hê terwyl hulle in geen finansiele moeilikheid is nie. Ek kan regtig party dae net my hande saamslaan oor die ondeurdagte kommentaar op hierdie blad.

Xa ·

Takkie, sien die groter prentjie, sommige kommentare gaan oor buitensporige pryse, met ander woorde hulle buit nie net die werkers uit nie maar hulle kliente ook. Ons versterk reeds die saak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.