Netflix sonder ’n TV-lisensie straks eersdaags verby

Netflix is nou beskikbaar in Suid-Afrika. Foto: netflixlife.com

Suid-Afrikaners wat die satelliet- en stromingsdiens Netflix houtgerus kyk sonder om hul TV-lisensies te betaal, gaan dalk eersdaags ʼn nare verrassing kry as die parlement tersaaklike nuwe regulasies deur die minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, onderteken.

Die adjunkminister van kommunikasie, Pinky Kekana, het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie gesê die SAUK moet dringend sy lisensie-inkomste vergroot.

Dit sluit in om mense wat dienste soos Netflix op hul skootrekenaars gebruik, te laat betaal, al is daar nie ’n TV of ’n SAUK-kanaal betrokke nie.

Ter verduideliking het Kekana aangevoer die lewe verander vinnig en dat die definisies vir die gebruik van lisensies uitgebrei sal moet word om almal in te sluit wat op enige manier na uitsendings kyk.

Dit is wat volgens Kekana beoog word met die nuwe regulasies wat nog nie gepubliseer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alta Alleman

Woordeloos

Eerlik

Ek betaal as n individue my Netflix subskripsie en ondersteun of kyk glad nie die simpel stasies van die SAUK nie en sal ook nooit weer dstv gebruik nie want dis gemors. As hulle sukkel met n inkomste is dit hul eie toedoen met al die korupsie en diefstal. Hulle sal meer inkomste kry indien hulle almal wat so verniet dstv kyk aanpak vir lisensie geld. Ek is seker Netflix sal dit probeer beveg maar daar is ook ten minste ander alternatiewe waaroor die lot geen jurisdiksie het nie.

Johann

Weereens wat n grap! Netflix op n skootrekenaar….en dan moet jy nog vir SAUK betaal? Dit is reg SAUK…betaal julle my Netflix rekening, en my internet, dan betaal ek my “TV” lisensie!

Tanniepetoors

Hulle gaan maar sukkel in Alex en Diepsloot. By my ook. My TV is ‘n muurversiering.

Willem

Hulle eie onbekwame administrasie moet net opgeskerp word, dan sal daar reeds n verskil wees. Nou wil hul ander maatskappye insleep en en daardeur invorder.