Netwerk is onder druk, waarsku Eskom

Argieffoto: GCIS

Eskom het Dinsdag die publiek versoek om hul elektrisiteitsverbruik te verminder, omdat die netwerk onder druk is weens tegniese foute.

“Ons het onverwags vier groot eenhede verloor weens onbeplande ineenstortings terwyl daar ʼn vertraging is om weer twee kragopwekkingseenhede aan te skakel.”

Die ineenstortings het by Kendal, Majuba en Lethabo-kragstasies plaasgevind. Eenhede by Duvha en Tutika kragstasies is ook nie, soos verwag is, aangeskakel nie.

Nóg ʼn eenheid is by Kendal afgeskakel weens tegniese probleme.

“Eskom het 31 000 MW om te voldoen in die aanvraag vanaand. Alhoewel ons verwag dat van die eenhede binnekort weer in diens sal wees, kan die situasie voortduur tot die naweek.”

Die kragvoorsiener maan die publiek om verbruik te verminder deur nienoodsaaklike toestelle af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delon ·

Ek moet minder krag gebruik omdat julle onbevoeg is ?
en dan trek julle nog vet salarisses en kry groot bonus vir julle onbevoegdheid
nee wat out maat , jy moet maar n plan maak seun
ek betaal en ek gebruik as jy my krag betaal dan kan jy my vertel hoeveel ek moet gebruik jou vermetele klein ……

Karlahari ·

3 maande van lock down om eenhede af te skakel en in die geheel te versien en die stelsel is onder druk?
Gelukkig mag ons nie praat van n black- out nie.
Sal ons maar sê Eksdom is lights-out?

marius ·

Nooit ! Is die diesel rekening se geld tegnies in die verkeerde rekening betaal ?

piket ·

Dis hoekom daar n tekort aan diesel is, die dieselgenerators werk oortyd!

BoerSonderRoer ·

Daar gaan absoluut niks in SA aan nie en die manne daar by Eskom is onder druk?

Wat ‘n bespotlike klomp.

Tiny ·

Asseblief!! Hou op lieg. Julle weet nie wat julle doen nie. Dis wat. Die krag netwerk het net mooi niks makeer nie en nou ewe skielik na drie maande, nou dat dinge weer normaliseer, is daar weer probleme… Tsek man! Ek betaal belastings en heffings en alles wat julle uit ons uit dreineer en dis genoeg om my krag te gebruik soos ek goed dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.