Newcastle-verkragter sit lank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Derde man is Vrydag in die Newcastle-streekshof, KwaZulu-Natal, gevonnis op aanklag van huisbraak en die bendeverkragting van ʼn vrou by haar huis in Osizweni.

“Siphokuhle Mthombeni (23) is tot lewenslange tronkstraf gevonnis,” het lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê.

Sy medebeskuldigde, Musawenkosi Lahleni (26) is in Julie vanjaar gevonnis en ʼn derde man, Thando Zitha (26) sal op 15 Januarie 2016 gevonnis word op dieselfde aanklagte.

“Die slagoffer was in April 2013 by haar huis toe die drie verdagtes haar oorval en haar selfoon gesteel het. Hulle het haar al om die beurt verkrag voor hulle van die toneel gevlug het,” het Gwala bygevoeg.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. “Ons wil dit graag benadruk dat seksuele oortreders geen plek in ons samelewing het buiten om die res van hul lewens agter tralies deur te bring nie,” het sy gesê. “Ons loof die speurder wat hierdie saak ondersoek het en seker gemaak het die oortreders word suksesvol vervolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.