News24-werknemer twiet F-bom na Taiwan-vliegongeluk

'n Skermskoot van die twiet. Maroela Media het die godslasterlike en vloekwoorde uitgeblok

‘n Skermskoot van die twiet. Maroela Media het die godslasterlike en vloekwoorde uitgeblok

ʼn Werknemer van News24 het Woensdag gedink sy stuur ʼn godslasterlike twiet vol vloekwoorde aan haar volgelinge op Twitter maar het dit toe per ongeluk aan News24 se meer as een miljoen volgelinge gestuur.

“Die twiet is per ongeluk deur ʼn News24-werknemer uitgestuur,” het Andrew Trench, hoofredakteur van News24, gesê. “Ons het dit dadelik verwyder en om verskoning gevra toe ons besef wat gebeur het.”

Volgens Trench het News24 ʼn interne dissiplinêre proses van stapel gestuur. “Die les wat joernaliste hier moet leer is dat hulle niks op sosiale media moet sê wat hulle nie vir hul ma sal sê nie.”

Die twiet was oor ʼn video van die vliegtuigongeluk in Taipei. “JES** C***** HOLY F*** RT @News24: WATCH: Dramatic footage of plane crash in Taiwan,” het die twiet gelees. Die twiet is baie vinnig uitgevee maar Twitter-gebruikers het reeds ‘n skermskoot daarvan gemaak.

“Ons vra om verskoning vir die vorige twiet en enige aanstoot wat die inhoud daarvan dalk veroorsaak het. Dit is verkeerdelik uitgestuur,” het @News24 getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

stoney steenbetgen ·

Waar kom die Godslastering nou in. Liewe aarde dis hoe mense praat. Word wakker

Leeutjie ·

Ons is wakker Stoney. Ons weet ook waar ons gaan wakker word as ons sterf. Dis absoluut onaanvaarbaar om God se naam ydelik te gebruik. Ek wou jou kommentaar eers ignoreer maar iemand binne in my het my woorde vir my gekies. Het jy so iemand?

SNEL ·

Skandelik hoe mense losweg die Here se Naam gebruik en dink dis sommer net nog n woord. Geen respek en eerbied. Een ding is n feit, elke knie sal voor Hom buig en of hulle in Hom glo of nie; dit gaan nie Sy bestaan uitvee nie.

Tom Theron ·

En so stel News24 bekend hoe hulle aan die binnekant lyk. Eintlik nie ‘n verrassing nie.

THEA SWART ·

dit is vieslik om die minste te se iemand se mond kort seepsoda sies sies en dink dan net hoe sy by die huis moet skel seker soos ‘n matroos hoop nie sy het kinders nie.

p ·

Geen opvoeding nie en dit is beslis verteenwoordigend van News24!
Skande!!! Hoop sy word afgedank, (alhoewel onwaarskynlik).

Narike ·

Mense maak oop julle ore. Die grootte mederheid van die mensdom gebruik die Here se naam ydelik. Staan op en berispe daardie persone, want glo my hulle weet presies wat hulle sê!
Hoe moet ons as volk die nuus wat aan ons voorgehou word vertrou as dit sulke verotte breinkrag is wat dit moet saamstel? Elke voornemende werker moet gevra word wat hulle van godslasterlikheid dink.

Gerhard JvR ·

Dankie vir almal wat die Here eer.
Die Here sê: 1Sam 2:30 maar die wat My eer sal Ek eer, maar die wat My verag sal veragtelik wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.