Newzroom Afrika nou ook deel van DStv

Argieffoto (Foto: HolgersFotografie, Pixabay)

Multichoice het Dinsdag aangekondig Newzroom Afrika se aansoek vir sy vakante 24-uur-nuuskanaal op DStv was suksesvol.

Die aankondiging kom nadat Multichoice verlede week Afro Worldview – die televisiekanaal wat vroeër aan die omstrede Gupta-broers onder die naam ANN7 behoort het, se kontrak gekanselleer het. Afro Worldview het tot 20 Augustus op DStv-kanaal 405 uitgesaai.

Calvo Mawela, uitvoerende hoof van Multichoice, het gesê Newzroom Afrika se aansoek is goedgekeur, omdat hy ʼn “baie geloofwaardige” span veteraan uitsaaiers saamgestel het en ook voldoen aan BEE-doelwitte, aangesien dit 100% onder swart bestuur staan en 50% vroulike bestuur.

Newzroom Afrika is ʼn 50/50-uitsaaimaatskappy deur Thokozani Nkosi van Eclipse TV en voormalige SAUK-nuusleser Thabile Ngoato van Rapid Innovation.

Die Newzroom Afrika-redaksie bestaan uit veteraan joernaliste soos Joe Tlholoe as hoof van redaksionele etiek en ervare TV-nuusjoernalis Zanele Mthembu as die hoof van uitsaaibedrywighede. Malebo Phage, voormalige hoof van eMedia, is die nuusredakteur.

Die kanaal sal na verwagting van 2019 beskikbaar wees.

Altesaam 111 aansoeke is vir die nuuskanaal ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jean ·

Dis tyd dat Multichoice se monopolie in die SA mark dringend ondersoek word.Dis hoogs onwaarskynlik dat niemand in die wêreld v sateliet tegnologie hul sal wil opponeer.Wie beskerm hulle?

Afrikaan ·

En Dstv se rassediskriminasie teenoor my as wit persoon (kyk na hulle advertensies) werk nie vir my WEE syfers nie en daarom kanselleer ons onmiddelik ons subskripsie

Woes ·

Wie is DSTV nou weer? Ek is lankal weg van hulle en stream nou net. Ons mense moet ophou om mpye te ondersteun wat hulle rug op ons draai.

Woes ·

Wie is DSTV nou weer? Ek is lankal weg van hulle en stream nou net. Ons mense moet ophou om mpye te ondersteun wat hulle rug op ons draai.

SjN ·

Ek soek nie die kanaal nie, verminder ASB my maandelikse subskrupsie, so ook baie ander, ek wil my eie programme kan kies.

Marinda ·

Gee glad nie om wat DSTV opsit of afhaal nie. Ons kyk lankal nie meer DSTV of TV nie. Daai dae is verby.

koos1 ·

DSTV is nou soos met my belasting. Ek betaal dit maar kry nie waarde daarvoor nie, maar andere kry die waarde.
Ek soek inligting oor “streaming”. Wie kan my help?
1. Wat kos die datalyn. Ek het tans geen data by my huis nie.
2. Kan ek nog my Exploras dekodeerders gebruik?
3. Hoe werk dit?
Kan iemand help, of my verwys (sonder nou om hierdie platform gebruik vir advertensies asb.)?

KAN DALK HELP ·

Koos, is daar ‘ n e-pos waarheen ek v jou inligting kan stuur? Sal help waar ons kan, ons is al 5 jaar sonder DSTV…..

Karolis ·

Minder of geen tv het baie voordeel:
hegter gesinslewe, meer paraat wat om my aangaan, geen meer ongedane takies nie, liefde bloei weer, ens ens…

Skinny Bob ·

Ek hoop die stasie is baie beter as Gupta TV. Kan nie glo ek moes betaal vir die eer om Gupta TV te kyk nie.

Joshua ·

Dstv, kan ons Fox News kry want News24, BBC, Skynews, CNN,SABC, enews propageer net fake news oor Donanld Trump en negatiewe nuus oor die Afrikaners.

Hans ·

N hoogs rassistiese besluit-so meriete het weer gesneuwel tov politieke korrektheid

Pietsepan ·

DSTV is ook een van die dienste wat erg skipbreuk gely het in SA. Baie van die voormalige gewilde programme funksioneer nie meer vandag nie. Nou wil hulle hê moet ‘n mens ten duurste vir die gemors wat oor is betaal. Hulle kan gaan doppies blaas.

Hennievr ·

Gaan hulle in elk geval onsersteun met dieselfde minagting wat ek aan ann7 getoon het.

Theo ·

Sover my kennis strek en as ek reg / verkeerd is kan ek onthou dat Multichoice DSTV deur 2 Afrikaners Ton Vosloo en Koos Bekker begin is. Uiteraard het die Maatskappy n gedaante wisseling ondergaan, soveel so dat ons as Blankes ook op n kol uit gesluit was in die verkryging van aandele soos ook nou by Sasol. Snaaks hoe jou “eie” mense teen jou draai, selfs is jou finansieele bydrae nie goed genoeg nie.

marous ·

Gebruik die skottel om ontbyt te maak en die TV kabel om wasgoed op te hang . Word gedwing om ‘n TV lisensie uit te neem , maar hulle sal die video kry hoe ‘n TV lyk na ‘n trekker hom plat getrap het …..

Gerda ·

Dankie tog ek het nog nooit dai gemors dstv besit nie. Mense kla hul sukkel maar gaan kyk in hul huis wat sien jy? …. n dstv.

Koosa ·

Wil net vir Maroela media vra om vir my uit te klaar of julle deel van Naspers is.
Ek stuur e posse aan julle om Naspers bloot te le deur hul misbruik van die dstv kykers se vermorsting van geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.