NFP-kandidaat se liggaam in uitgebrande motor gevind

Dumisani Qwabe is na bewering geskiet (Foto: Verskaf)

ʼn Kandidaat van die National Freedom Party (NFP) in Nongoma, KwaZulu-Natal, se liggaam is Dinsdag, slegs vyf dae voor die plaaslikeregeringsverkiesing, vroegoggend in ʼn uitgebrande motor gevind.

Dumisani Qwabe is na bewering geskiet voordat die voertuig waarin hy aangetref is aan die brand gesteek is.

Volgens Canaan Mdletshe, sekretaris-generaal van die NFP, was die motor vol koeëlgate en is bloedvlekke in die voertuig gevind.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig die uitgebrande motor is langs die R66 tussen Nongoma en Pongola gevind.

Naidoo sê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek.

Volgens die polisie het die voertuig aan Qwabe se suster behoort.

Mdletshe sê Qwabe se dood so kort voor die verkiesing is veral kommerwekkend.

“As ʼn party het ons voorheen al gevra vir die ontplooiing van soldate en dat die polisie se intelligensie verskerp word in sommige dele van KwaZulu-Natal, veral in die gebiede wat bekend is as brandpunte vir misdaad,” sê Mdletshe.

Mdletshe sê die NFP-kandidate in Nongoma leef in vrees ná Qwabe se dood.

“Hulle is bang om voort te gaan met veldtogte en dit is nie goed vir die demokrasie in die algemeen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swartskaap

Verpestelike anc.

Diline

Sekere politieke party wil seker maak dat ander partye nie wen nie – kan net raai wie! Kan nie glo dat mense so wreed kan wees om iemand te vermoor oor politieke redes nie.

Toy

Daar is mense wat net eenvoudig wreed is, heg geen waarde aan ‘n lewe nie. Het geen simpatie of empatie nie, net mooi niks.

piper

hoeveel is nou al doodgeskiet in natal? is dit n vrye verkiesing? dis nag.

Jenny

Dit is darm te erg.