NFP-man sluit aan by ANC

Pres. Cyril Ramaphosa en Sabelo Sigudu by ʼn ANC-byeenkoms in KwaZulu-Natal (Foto verskaf/ANA)

Sabelo Sigudu, navorser en hoof van kommunikasie by die National Freedom Party (NFP) het uit die NFP bedank en by die ANC aangesluit.

Sigudu het Sondag in ʼn verklaring gesê hy het aanvaar dat die ANC “die enige hoop” vir alle burgers is “en die NFP het sy kernwaardes in die politieke ruimte verloor”.

“Die progressiewe besluit om by die ANC aan gesluit, is gebaseer op die feit dat die ANC in my bloed is. Die ANC het my al van 13 jaar oud af grootgemaak toe ek by die [studentevereniging] Cosas aangesluit het. Ek het ʼn deeglike gesprek met my familie, vriende en ander belanghebbendes gehad om seker te maak ek neem ʼn ingeligte besluit. Dit is ʼn plesier dat hulle soveel ondersteuning bied. Dit was die beste besluit ooit om by die ANC aan te sluit,” het Sigudy bygevoeg.

Hy glo hy kan ʼn positiewe bydrae in die ANC lewer – van takvlak tot die boonste strukture. “Ek is gewillig en bereid om gelei te word en om vanaf takvlak te dien.”

Hy is nou deel van die verkiesingsveldtog en is gereed om selfs NFP-leier en adjunkminister van wetenskap en tegnologie, Zanele KaMagwaza Msibi, en ander op die opposisiebanke oor te haal om vir die ANC te stem.

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag in oThongathi in KwaZulu-Natal ook die voormalige NFP- sekretaris-generaal Nhlanhla Khubisa in die ANC verwelkom. Ander hoëprofiel- NFP-leiers wat by die ANC aangesluit het, sluit in die party se adjunkvoorsitter in KwaZulu-Natal, Njabulo Mlaba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Riaan ·

As by dink daar is enige hoop waar die ANC is dan het ek nuus vir jou jongman. Maak jou oe oop

Oom Piet ·

Daar is 8,168 benoemdes op die vanaf OVK aflaaibare alfabeties gesorteerde Nasionale en Provinsiale Party Verteenwoordigers Lyste. Konnie die naam Sabelo Sigudu daarin vind nie.

Wie of wat is of het hy, vir hoe lank, en/of wie verteenwoordig hy ?
Wat regverdig die spesiale berig ag. hom en/of voortrek advertensie?

Stebastiaan ·

Soos die meerderheid kyk hy ook vas in “leë” beloftes.

Iemand ·

Dis hier in die fliek wat die fliekgangers besef iets is nie plys nie en of die ou is vervang met ‘n body double, of hulle hou sy familie êrens aan. Groot moontlikheid van brein spoel ook?

Stan ·

Gaan net oor wat sy nuwe salaris gaan wees. Volgende jaar dalk DA. Vir die idiote is dit net ‘n bron van inkomste en volg hulle nie werklik ‘n sekere ekonomiese of etiese stelsel na nie.

Wilma ·

Hys baie jonk. Kon ni agter kom als totniet gegaan ANC Regering. Hy mosi gesien hu netjies als in ou SA was nie.

Boerboel ·

Korupsie is in hulle bloed. So ek dink sy party aanvaar nie korrupsie. By die ANC ry jy net die sous trein.

willem botha ·

Die seun gaan nog baie teleurgesteld wees oor sy ondeurdinkte stap.

Joe Olivier ·

‘n ingeligte besluit is nie noodwendig ‘n intelligente besluit nie en in hierdie geval glad nie. As ek vandag na Ellispark kyk dan het ek geen hoop vir die land nie, vol oningeligtes en onintelligentes.

Andreas ·

Wat my dinges se deksel van Cyril is, hier kom hy in die dae voor die stemmery en maak die mooiste beloftes, al weer, soos dis verkeerd dat ras op aansoekvorms voorkom, hy sal na visumprobleme kyk, klomp ander goed, gaats dit klink of hy al sy ministers se werk vir hulle gaan doen, hy, hy, hy … Plaas dat hy die goed al gedoen het en in plek gekry het, dan kon hy mos sê, kyk wat het ek in ‘n jaar en ‘n half se tyd vermag, maar hierdie man het net beloftes wat hy uitdeel.

Dan moet ek byvoeg, wat help dit hy ‘knor’ oor ras wat op die aansoekvorms vir werk voorkom, maar SEB en kwotas waaraan werkgewers moet voldoen, is nog in plek? Sy woorde is niks anders as goedkoop retoriek nie. Hierdie is die laaste mens op aarde in wie ek my vertoue sal stel, hy speel net eenvoudig te veel met woorde.

dejager ·

Dit is wys om van ń klein en swak kriminele bende na die grootste en sterkste kriminele bende oor te loop.Veral natuurlik as jy jou kriminele loopbaan wil bevorder.
Ek glo noe moraliteit is enigsins hier ter sprake nie.

Gert van Wierdapark ·

As vriend CR elke ou aan-drosterjie met n hand-druk gaan verwelkom, kan hy maar sy gim lidmaatskap by die non-active a en see laat verval. Goeie voorarmspiere gaan nodig wees vir die stryd binne die party se masjien-kamer na die ver-kiesing wat nou naby is!
spiere gee vir die

Dawid ·

Seker paar ou randtjies, weer hier agteraf aangebied deur die staatkapingsbende wat regeer…?

hercu ·

jong seun, nat agter die ore, kort seker ‘n miljoen of twee en toe stap hy oor

CR jy lieg alweer!!

lee ·

Baie geluk ou Sabelo – met die oorloop. Goeie keuse.
Hoop jy is nog gelukkig en lank op die Sous-trein!
Viva ANC- viva !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.