NFP nader weer verkiesingshof

Argieffoto

Argieffoto

Die National Freedom Party (NFP) sal die verkiesingshof Vrydag vir ʼn tweede keer probeer oorreed dat die party aan volgende week se munisipale verkiesing mag deelneem.

Die party is vroeër gediskwalifiseer om aan die verkiesing deel te neem nadat hy nie teen 2 Junie die nodige registrasiegeld aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) betaal het nie. Die NFP het hierna die verkiesingshof genader maar sy aansoek is van die hand gewys.

Volgens die party sal hy Vrydag nuwe bewyse aan die hof voorlê om te wys waarom hy nié gediskwalifiseer moet word nie. Die NFP het vroeër gesê hy sal ook die konstitusionele hof nader. Dié aansoek is egter vir eers op die lange baan geskuif terwyl die tweede aansoek na die verkiesingshof gebring word.

Die NFP het gesê dit is voormalige werknemers se skuld dat die registrasiegeld nie betyds betaal is nie.

“Ons is van mening dat die uitsluiting van die NFP van die munisipale verkiesing onregverdig sal wees aangesien 1,2 miljoen ondersteuners van die party nie hul grondwetlike reg om te stem sal kan uitoefen nie,” het Bheki Gumbi, die party se waarnemende nasionale voorsitter, gesê.

Lees alle vorige berigte oor die NFP op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

NEL ·

Maklik om iemand anders die skuld te gee vir die gemors waarin die party hom bevind. Goeie raad aan die NFP is m maar die kruisies by die DA tetrek teminste sal dit help om die ANC ‘n bloed nuus te gee in van die munusipaliteite.

E ·

Die verkiessing het nog nie eens begin nie, en hier is bogenoemde bewys no. 1 dat “free and fair” ,maar nog altyd bly by lippetaal, maar onder die dekmantel kook dit heerlik.

Vra-maar-net ·

As hulle nie eers vertrou kan word om te hou by ‘n spertyd vir betaling nie, wat al lank vantevore bekend was, hoe op dees aarde sal jy hulle kan vertrou as hulle aan die bewind sou kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.