NFP ontken leiers het bedank

Zanele Magwaza-Msibi, NFP-leier en adjunkminister van wetenskap en tegnologie (Foto: NFP)

Zanele Magwaza-Msibi, NFP-leier en adjunkminister van wetenskap en tegnologie (Foto: NFP)

Die National Freedom Party het gerugte ontken dat twee van die party se topdrie leiers bedank het.

Die SAUK se radiostasie, SAFM, het Sondagoggend berig dat NFP-voorsitter Vikizitha Mlotshwa, en sekretaris-generaal Nhlanhla Khubisa, laat Saterdagaand bedank het ná ʼn dringende verbadering by die Tropicana-hotel in Durban. Die party se nasionale uitvoerende komitee het vergader om “onlangse gebeure” in die party te bespreek.

Sindi Mashinini, president van die party se vrouebeweging, het egter Sondag aan ANA gesê sy is nie bewus van die bedankings nie. “Ek het nie enigiets daaroor gehoor nie, en ek was by die vergadering in Durban. Ek dink dis gerugte.”

Sy het gesê Mlotshwa was wel by die vergadering, maar nie Khubisa nie. “Ek was laat. Miskien het hy ʼn verskoning ingedien, ek weet nie.”

Maroela Media het vroeër berig die party is gediskwalifiseer om op 3 Augustus aan die munisipale verkiesing deel te neem nadat die party nie sy registrasiefooi betyds betaal het nie. Die saak is Vrydag in die verkiesingshof aangehoor en uitspraak is voorbehou.

Khubisa beskuldig die laat betaling op ʼn administratiewe fout. “Ons nasionale tesourier het die datums verkeerd verstaan,” het hy gesê.

Die party het die verkiesingshof genader om ʼn spesiale vergunning, aangesien hulle wel die geld betaal het, alhoewel dit laat was. “Ons het die R490 000 oorbetaal. Ons wil in agt provinsies deelneem,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Verkiesing 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.